GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Spr 14 Vers 23: In enige moeitevolle arbeid is voordeel, maar praatjies is net tot gebrek.
Spr 15 Vers 19: Die weg van die luiaard is soos ‘n heining van dorings, maar die pad van die opregtes is reggemaak.
Spr 19 Vers 15: Luiheid laat in ‘n diep slaap val, en een wat traag is, moet honger ly.
Vers 24: Steek die luiaard sy hand in die skottel, dan bring hy dit nie eens na sy mond terug nie.
Spr 20 Vers 13: Moenie die slaap liefhê, sodat jy arm word nie; maak jou oë oop, dat jy jou met brood kan versadig.
Spr 21 Vers 25: Die begeerte van die luiaard sal hom doodmaak, want sy hande weier om te werk.
Vers 26: Die hele dag deur word daar dringend begeer, maar die regverdige gee en hou nie terug nie.
Spr 6 Vers 6: Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys!
Vers 7: Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie,
Vers 8: Maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd.
Vers 9: Hoe lank, luiaard, sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit jou slaap?
Vers 10: Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer, nog ‘n bietjie hande vou om uit te rus!
Vers 11: So kom dan jou armoede soos ‘n rondloper en jou gebrek soos ‘n gewapende man.
Spr 22 Vers 13: Die luiaard sê: Daar is ‘n leeu buitekant; ek kan in die middel van die strate gedood word!
Spr 26 Vers 14: Die deur draai rond op sy skarniere, so die luiaard op sy bed.
Vers 16: Die luiaard is wyser in sy eie oë as sewe wat verstandig antwoord.
Spr 10 Vers 4: Hy word arm wat met ‘n trae hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk.
Vers 5: Hy wat in die somer wegbêre, is ‘n verstandige seun; hy wat vas slaap in die oestyd, is ‘n seun wat skande maak.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Vrydag 19 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking