GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Spr 17 Vers 18: Dit is ‘n verstandelose mens wat handslag gee, wat borg staan vir sy naaste.
Spr 20 Vers 16: Neem sy kleed weg, want hy het vir ‘n ander borg gestaan, en neem hom as pand vir die vreemdes.
Spr 6 Vers 1: My seun, as jy vir jou naaste borg gestaan het, vir ‘n vreemde jou handslag gegee het,
Vers 2: Verstrik is in die woorde van jou mond, gevang is deur die woorde van jou mond,
Vers 3: Doen dan dit, my seun, om jouself te red - want jy het in die hand van jou naaste geraak - gaan werp jou neer en bestorm jou naaste,
Vers 4: Gun jou oë geen slaap en jou ooglede geen sluimering nie;
Vers 5: Red jou soos ‘n gemsbok uit die hand, en soos ‘n voël uit die hand van die voëlvanger.
Spr 22 Vers 26: Wees nie onder die wat ‘n handslag gee, onder die wat vir skulde borg staan nie.
Vers 27: As jy nie het om te betaal nie, waarom sal hulle jou bed onder jou uit neem?
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking