GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
1 Kor 14 Vers 1: Jaag die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer.
Vers 2: Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand Verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.
Vers 3: Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging.
Vers 4: Hy wat in ‘n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente.
Vers 5: Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle profeteer. Want hy wat profeteer is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang.
Vers 6: Maar nou, broeders, as ek na julle kom en in tale spreek, watter nut sal ek vir julle wees?
Vers 9: Net so julle ook, as julle met die tong geen verstaanbare woord uitbring nie, hoe sal ‘n mens weet wat gespreek word? want julle sal wees soos mense wat in die wind praat.
Vers 13: Daarom moet hy wat in ‘n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê.
Vers 14: Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my Gees, maar my verstand is onvrugbaar.
Vers 19: Maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tienduisend woorde in ‘n taal.
Vers 22: Die tale is dus ‘n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges.
Vers 23: As die hele gemeente dan saam vergader het, en hulle sou almal in tale spreek en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sê dat julle kranksinnig is nie?
Vers 24: Maar as almal profeteer en daar ‘n ongelowige of ‘n onkundige binnekom, dan word hy deur almal oortuig, deur almal beoordeel;
Vers 25: En so kom die geheime van sy hart aan die lig. En so sal hy op sy aangesig val, God aanbid, en verkondig dat God werklik onder julle is.
Vers 27: En as iemand in ‘n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlê.
Vers 28: Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek. Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel.
Vers 29: Daarom, broeders, beywer julle om te profeteer, en moenie verhinder dat daar in tale gespreek word nie.
1 Kor 12 Vers 4: Daar is wel ‘n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees.
Vers 8: Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees.
Vers 10: Aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale.
Vers 11: Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.
Hand 2 Vers 2: Toe die dissipels op die Pinksterfees almal bymekaar was, kom daar skielik uit die hemel ‘n geluid soos ‘n geweldige rukwind; en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.
Vers 3: Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit.
Vers 4: En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Vrydag 19 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking