Kan gedagtes sonde wees? of dinge waarna ons kyk? pornografie? kaal fotos en beelde? blou films?
GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
1 Joh 2 Vers 16 Want alles wat in die wêreld is - die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe - is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.
Spr 27 Vers 20: Die Doderyk en die plek van vertering raak nie versadig nie; so word die oë van die mens nie versadig nie.
Psalm 17 Vers 3: U het my hart getoets, dit in die nag ondersoek, U het my gekeur, u vind niks nie; wat ek ook dink, my mond oortree nie.
Spr 15 Vers 11: Die doderyk en die plek van vertering lê oop voor die Here, hoeveel te meer die harte van die mensekinders?
Spr 16 Vers 30; Hy wat sy oë toemaak om valsheid te bedink, wat sy lippe vasknyp, het die kwaad alreeds gedoen.
Psalm 17 Vers 12: As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie! - sal Hy wat die harte toets, dit nie merk nie? en Hy wat let op jou siel, Hy kom dit te wete. En Hy vergeld die mens na sy werk.
Pred 10 Vers 20: Vloek die koning selfs in jou gedagtes nie, en vloek in jou slaapkamer die ryke nie; want die voëls van die hemel sou die geluid kon wegvoer, en die gevleueldes die woord te kenne gee.
Jes 14 Vers 13: En jy het in jou hart gesê: ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die noorde.
Jes 29 Vers 15: Wee hulle wat planne diep verberg vir die Here, wie se werk in duisternis plaasvind; en hulle sê: Wie sien ons en wie ken ons?
Vers 16: O julle verkeerdheid! of moet die pottebakker beskou word as klei, dat die maaksel van sy maker kan sê: hy het my nie gemaak nie!
Jes 33 Vers 15: Hy wat in geregtigheid wandel en spreek wat reg is, wat gewin deur afpersings versmaad, wat sy hande uitskud om geen omkoopgeskenk aan te gryp nie, wat sy oor toestop om van geen bloedskuld te hoor nie, en sy oë sluit, om wat sleg is, nie te sien nie. (Ook pornografie.)
Vers 16: Hy sal op hoogtes woon, rotsvestings is sy burg, sy brood word hom gegee, sy water is gewis.
Vers 17: Jou oë sal die Koning in Sy skoonheid aanskou, dit sal ‘n wyd uitgestrekte land sien.
Eseg 8 Vers 12: Het jy gesien, mensekind, wat die oudstes van die huis van Israel in die duisternis doen, elkeen in sy kamers met beeldwerk? want hulle dink: Die Here sien ons nie, die Here het die land verlaat.
Eseg 11 Vers 5: Spreek, so sê die Here: so het julle gespreek, o huis van Israel; en wat in julle gees opkom, weet ek.
Eseg 20 Vers 7: En Ek het aan hulle gesê: Gooi weg, elkeen die verfoeisels van sy oë.
Vers 8: Maar hulle was wederstrewig teen My en wou na My nie luister nie; niemand het die verfoeisels van sy oë weggegooi nie.
Hos 7 Vers 2: En hulle sê nie in hulle hart dat Ek aan al hulle boosheid dink nie; nou omsingel hulle dade hulle, dit lê oop voor My aangesig.
Matt 6 Vers 22: Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees.
Vers 23: Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam verkeerd wees.
Matt 10 Vers 26: Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.
Heb 4 Vers 12: Want die Woord van God is lewend en kragtig, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.
Vers 13: En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom.
Matt 12 Vers 36: Maar ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.
Vers 37: Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Vrydag 19 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking