Vrydag 19 Maart 2010

Hoe praat God met ‘n mens?

Hoe praat God met ‘n mens? en hoe sien God ons?

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Gen 46 Vers 2: En God het tot Israel gespreek in naggesigte.
Exo 3 Vers 2: Daarop verskyn die engel van die Here aan hom in ‘n vuurvlam uit ‘n doringbos, maar die doringbos word nie verteer nie. Toe roep God na hom uit en sê: Moenie nader kom nie.
Exo 19 Vers 9: Kyk, Ek sal in ‘n dik wolk na jou toe kom, dat die volk kan hoor as Ek met jou spreek
Exo 19 Vers 19: Toe die geluid van die basuin sterker en sterker word, het Moses gespreek, en God het hom telkens hardop geantwoord voor die hele volk.
Num 12 Vers 6: Toe sê Hy: Hoor tog My woorde. As julle ‘n profeet van die Here is, sal Ek deur ‘n gesig My aan hom bekend maak. Deur ‘n droom sal Ek met hom spreek.
Deut 4 Vers 12: En die Here het met julle uit die vuur gespreek; julle het ‘n Stem van woorde gehoor, maar geen Verskyning gesien nie - net ‘n Stem was daar.
1 Sam 3 Vers 1: En die seun Samuel het die Here gedien voor Eli, en die woord van die Here was skaars in die dae: Gesigte was daar nie baie nie.
Vers 4: Het die Here na Samuel geroep; en hy het geantwoord: Hier is ek.
Vers 5: Daarop loop hy na Eli en sê: Hier is ek. (Hierdie keer dus in ‘n mensestem. Samuel het gedink dit is Eli.)
1 Sam 16 Vers 6: Toe hulle inkom, en hy Eliab sien, dink hy: Gewis, hier staan die toekomstige koning!
Vers 7: Maar die Here sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die mens sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor sy oë is, maar die Here sien die hart aan.
1 Sam 23 Vers 6: By die vlug van Abjatar, die seun van Ahimeleg, na Dawid, het hy die skouerkleed saamgebring.
Vers 9: Toe Dawid gewaar dat Saul onheil teen hom beraam, sê hy aan die priester Abjatar: Bring die skouerkleed nader.
Vers 10: En Dawid sê: Here, God van Israel, u kneg het vir seker gehoor dat Saul na Kehila wil trek om die stad om my ontwil te verwoes.
Vers 11: Sal die burgers van Kehila my in sy hand uitlewer? sal Saul afkom soos u kneg verneem het? Here, God van Israel, gee u kneg dit tog te kenne! toe antwoord die Here: Hy sal afkom.
Vers 12: Daarop sê Dawid: Sal die burgers van Kehila my en my manne in die hand van Saul uitlewer? en die Here antwoord: Hulle sal uitlewer.
1 Sam 28 Vers 6: En Saul het die Here geraadpleeg, maar die Here het hom nie geantwoord nie. Nie deur drome en nie deur die Urim en nie deur die profete nie.
1 Kon 3 Vers 5: Toe Verskyn die Here in ‘n nagtelike droom aan Salomo; en God het gesê: Begeer wat ek jou moet gee.
1 Kron 28 Vers 9: Want die Here deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot.
11 Kron 16 Vers 9: Want die Here - Sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is.
Job 5 Vers 17: Kyk, gelukkig is die man wat (vir wie) God kasty; verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie.
Vers 18: Want Hy doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar Sy hande maak gesond.
Job 5 Vers 19: In ses benoudhede sal Hy jou red, ja, in sewe sal geen onheil jou tref nie.
Vers 20: In hongersnood verlos Hy jou van die dood, en in die oorlog uit die mag van die swaard.
Vers 21; As die tong gesel, word jy weggesteek; en jy hoef nie te vrees vir verwoesting as dit kom nie.
Vers 22: Oor verwoesting en broodsgebrek sal jy lag, en vir die wilde diere van die veld hoef jy nie te vrees nie.
Vers 23: Want met die klippe van die veld is jou verbond, en die wilde diere van die veld is met jou bevriend.
Vers 24: En jy sal uitvind dat jou tent in vrede is; en as jy op jou woonplek rondkyk, sal jy niks vermis nie.
Vers 25: Ook sal jy uitvind dat jou kroos talryk is, en jou nakomelinge soos die plante van die aarde.
Vers 26: Op rype leeftyd sal jy na die graf gaan, soos ‘n koringgerf ingebring word op sy tyd.
Vers 27: Kyk, dit het ons nagespeur, so is dit. Hoor dit, en neem jy dit ter harte.
Job 33 Vers 14: Want God spreek op een, ja, twee maniere; maar die mens let daar nie op nie.
Vers 15: In ‘n droom, in ‘n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed, (Hoeveel mense het al gedroom die vliegtuig gaan val, en dan gebeur dit! Hulle is gewaarsku deur God.)
Vers 16: Dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle;
Vers 17: Om die mens terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die man te verberg;
Vers 18: Sodat hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie.
Job 33 Vers 19: Ook word hy getugtig met smart op sy bed en aanhoudende stryd in sy gebeente,
Vers 20: Sodat sy lewe hom laat walg van brood en sy siel van lieflingspys.
Vers 2 1: Sy vlees verdwyn, weg uit die gesig; en sy gebeente, wat onsigbaar was, steek uit.
Vers 22: Ja, sy siel kom nader by die kuil en sy lewe by die dodende magte.
Vers 23: Is daar dan vir Hom ‘n gesant, ‘n tolk, een uit duisend, om die mens sy plig te kenne te gee;
Vers 24: En is Hy hom genadig en sê: Verlos hom, dat hy in die kuil nie afdaal nie; Ek het ‘n losprys gevind -
Vers 25: Dan word sy vlees fris van jeuglike krag, hy keer terug na die dae van sy jonkheid.
Vers 26: Hy bid tot God, en Hy het ‘n welbehae in hom, sodat Hy sy aangesig sien met gejuig; so vergeld Hy dan aan die mens sy geregtigheid.
Vers 29: Kyk, dit alles doen God, twee keer, ja, drie keer met ‘n mens,
Vers 30: Om sy siel terug te bring van die kuil, sodat hy bestraal word met die lig van die lewe.
Job 34 Vers 11: Veelmeer vergeld Hy die mens na sy werk, en volgens ‘n man se wandel laat Hy hom ondervind.
Psalm 25 Vers 12: Wie tog is die man wat die Here vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies.
Vers 13: Hy self sal vernag in die goeie, en sy nageslag sal die land besit.
Psalm 25 Vers 14: Die verborgenheid van die Here is vir die wat Hom vrees, en Sy verbond om hulle dit bekend te maak.
Psalm 37 Vers 5: Laat jou weg aan die Here oor, en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer.
Spr 15 Vers 3: Op elke plek is die oë van die Here, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies.
Spr 15 Vers 11; Die doderyk en die plek van vertering lê oop voor die Here, hoeveel te meer die harte van die mensekinders!
Jer 1 Vers 5: Voordat ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot ‘n profeet vir die nasies gemaak.
Jer 38 Vers 21: Dit is die woord wat die Here my laat sien het.
Jer 42 Vers 7: En aan die einde van tien dae het die woord van die Here tot Jeremia gekom.
Klaagl 2 Vers 9: En haar profete ontvang geen gesig van die Here nie.
Dan 2 Vers 19: Daarop is in ‘n naggesig die geheim aan Daniël openbaar.
Matt 17 Vers 5: Terwyl hy nog spreek, oordek ‘n helderligte wolk hulle meteens en daar sê ‘n Stem uit die wolk: Dit is My geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het. Luister na Hom.
Han 18 Vers 9: En die Here het deur ‘n gesig in die nag aan Paulus gesê: Wees nie bevrees nie, maar spreek en moenie swyg nie.
Han 23 Vers 11: En die volgende nag het die Here by hom gestaan (in die tronk) en gesê: Hou goeie moed, Paulus, want soos jy aangaande My in Jerusalem kragtig getuig het, so moet jy in Rome ook getuig.
Han 27 Vers 23: Want daar het in hierdie nag by my gestaan ‘n engel van die God aan wie ek behoort, wat ek ook dien. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: