Woensdag 17 Maart 2010

Hongersnood en kannibalisme

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
11 Kon 6 Vers 24: En Benhadad, die koning van Aram, het opgetrek en Samaria beleër. (Die hoofstad van Israel.)
Vers 25: En daar was ‘n groot hongersnood, omdat hulle die stad beleër het. ‘n Eselkop het tagtig sikkels silwer gekos en ‘n kwart-kab duiwemis vyf sikkels.
Vers 26: En terwyl die koning op die muur verbygaan, roep ‘n vrou hom en sê: Help, heer koning!
Vers 27: Maar hy antwoord: As die Here jou nie help nie, hoe kan ek?
Vers 28: En sy sê: Hierdie vrou het vir my gesê: Gee jou seun dat ons hom vandag kan eet; dan kan ons môre my seun eet.
Vers 29: So het ons dan my seun gekook en hom geëet. Maar toe ek die volgende dag vir haar sê: Gee jou seun dat ons hom kan eet, het sy haar seun weggesteek.
Klaagl 4 Vers 10: Die hande van teerhartige vroue het hulle eie kinders gekook; dit het hulle voedsel geword.
Deut 28 Vers 53: En jy sal die vrug van jou liggaam eet, die vlees van jou seuns en dogters wat die Here jou God jou gegee het, in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou benoud sal maak.
Vers 54: Die vertroetelde en baie verwende man by jou - sy oog sal sy broer en die vrou wat hy liefhet, en sy orige kinders wat hy nog behou het, skeef aankyk.
Vers 55: Sodat hy aan geeneen van hulle iets sal gee van die vlees van sy kinders wat hy eet nie, omdat daar vir hom niks anders oorgelaat is in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak nie.
Vers 56: Die vertroetelde en verwende vrou by jou wat van verwendheid en weekheid nooit probeer het om haar voetsool op die grond neer te sit nie - haar oog sal die man wat sy liefhet en haar seun en haar dogter skeef aankyk,
Vers 57: Ook haar nageboorte wat tussen haar voete uitgaan, en haar kinders wat sy sal baar; want sy sal dit stilletjies eet by gebrek aan alles in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak.
Vers 58: As jy nie sorgvuldig al die woorde van hierdie wet hou wat in hierdie boek geskryf is, om hierdie heerlike en gedugte Naam, die Here jou God, te vrees nie, (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: