Woensdag 17 Maart 2010

Die sondes van die vaders

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
11 Sam 21 Vers 1: En daar was hongersnood in Israel vir drie jaar lank, en Dawid het die Here geraadpleeg, en die Here het hom meegedeel en gesê: Vanweë Saul en vanweë sy huis waarop bloedskuld rus, omdat hy die Gibioniete omgebring het.
Vers 3: En Dawid het vir die Gibioniete gevra: Wat kan ek vir julle doen, en waarmee moet ek versoening doen, dat julle Israel kan seën?
Vers 7: Hulle sê toe: Laat sewe manne van koning Saul se seuns aan ons gegee word, dat ons hulle voor die Here kan ophang. En die koning het hulle gegee.
Vers 9: En hy het hulle oorgegee in die hand van die Gibioniete, wat hulle opgehang het voor die Aangesig van die Here.
Vers 14: En daarna het God Hom oor die land ontferm.
11 Sam 11 Vers 4: En koning Dawid het owerspel gepleeg met Batseba.
Vers 5: En die vrou het swanger geword.
11 Sam 12 Vers 14: En Natan sê vir Dawid: Die Here het u sonde vergewe, maar die kind sal sekerlik sterwe.
Vers 18: En op die sewende dag het die kind gesterwe.
1 Kon 2 Vers 7: Toe het Salomo ‘n hoogte gebou vir kamos, van die Moabiete, en vir molog, van Ammon.
Vers 11: Daarom het die Here vir Salomo gesê: Omdat jy ander gode het, sal Ek verseker die koningskap van jou afskeur, en dit aan jou dienaar gee.
Vers 12: Maar in jou dae sal Ek dit nie doen nie. Uit die hand van jou seun sal Ek dit afskeur.
1 Kon 14 Vers 10: En Ahia sê aan koning Jerobiam: Omdat u afgode gedien het sal die Here al wat manlik is in u huis uitroei.
Vers 12: Maak jou dan klaar. As jou voete in die stad inkom, sal jou kind sterwe.
1 Kon 15 Vers 29: En koning Baesa het die hele huis van Jerobiam omgebring; hy het van Jerobiam niks laat oorbly wat asemhaal nie, totdat hy hom verdelg het, volgens die woord van die Here.
1 Kon 16 Vers 11: En toe Simrie koning word, terwyl hy op die troon sit, het hy die hele huis van Baesa verwoes; hy het vir hom niemand laat oorbly wat manlik is nie, ook nie sy bloedwrekers en vriende nie.
Vers 12: So het Simri dan die hele huis van Baesa verdelg volgens die woord van die Here.
1 Kon 21 Vers 27: En toe Agab hierdie woorde hoor, het hy sy klere geskeur en ‘n roukleed om sy lyf gebind en gevas. Hy het ook met ‘n roukleed geslaap en stadig rondgeloop.
Vers 28: Toe kom die woord van die Here tot Elia en sê:
Vers 29: Het jy gesien dat Agab hom voor My aangesig verneder het? omdat hy hom voor My aangesig verneder het, sal Ek die onheil in sy dae nie bring nie. In die dae van sy seun sal Ek die onheil oor sy huis bring.
11 Kon 10 Vers 6: Daarop skryf koning Jehu ‘n brief aan die oudstes van Samaria: As julle vir my is, en my gehoorsaam wil wees, neem dan die hoofde van die manne, die seuns van koning Agab, en bring dit vir my.
Vers 7: En hulle het die sewentig seuns van die koning gedood, en hulle hoofde in mandjies gesit, en aan hom gestuur.
Vers 8: Koning Jehu sit toe die koppe in twee hope neer by die ingang van die poort tot die volgende dag.
Vers 11: Toe slaan Jehu almal dood van die huis van Agab wat in Jisreël oor was, ook die priesters, totdat daar niemand van hom oor was wat vrygeraak het nie.
Vers 13: Toe kry Jehu die broers van Ahasia, die koning van Juda, langs die pad.
Vers 14: En hy sê: Gryp hulle lewendig! en hulle het hul gedood by die put van Bet-eked, twee-en-veertig man, en hy het niemand van hulle laat oorbly nie.
Vers 17: Toe Jehu in Samaria aankom, het hy almal gedood wat van Agab oor was, totdat hy hom verdelg het volgens die woord van die Here.
11 Kon 14 Vers 5; En toe die koningskap in Amasia se hand bevestig was, het hy sy dienaars, die moordenaars van sy vader, die koning, omgebring.
Vers 6: Maar die kinders van die moordenaars het hy nie laat doodmaak nie, soos geskrywe is in die wetboek van Moses, waar die Here dit beveel het: Die vaders mag nie vir die kinders en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; maar elkeen moet vir sy eie sondes sterwe.
Psalm 103 Vers 17: Maar die goedertierenheid van die Here is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en Sy geregtigheid vir kindskinders.
Vers 18: Vir die wat Sy verbond hou en aan Sy bevele dink om dit te doen.
Spr 14 Vers 26: In die vrees van die Here lê ‘n sterk sekerheid, ook vir die kinders van ‘n sodanige sal daar ‘n toevlug wees.
Spr 20 Vers 7: Wie in Sy regskapenheid wandel as ‘n regverdige - gelukkig is sy kinders na hom.
Jes 14 Vers 21: Maak ‘n slagbank gereed vir sy seuns, om die ongeregtigheid van hulle vaders ontwil, dat hulle nie opstaan en die aarde in besit neem en die bodem van die wêreld vol stede maak nie.
Vers 22: So sal Ek dan teen hulle opstaan, spreek die Here, en van Babel uitroei die naam en die oorblyfsel, kroos en nageslag, spreek die Here.
Jes 39 Vers 6: Omdat jy jou skatkamers aan Babel getoon het, sal dit alles na Babel weggevoer word.
Vers 7: En van jou seuns wat uit jou voortkom, wat jy sal verwek, sal hulle neem, dat hulle hofdienaars word in die paleis van die koning van Babel.
Vers 8: Toe sê koning Hiskia vir die profeet Jesaja: Die woord van die Here wat u gespreek het, is goed. Daar sal tog vrede en bestendigheid wees in my dae! (Ons leiers sê vandag dieselfde, is net bekommerd oor hulleself.)
Jer 11 Vers 22: Daarom, so spreek die Here, kyk, Ek doen besoeking oor hulle, die jongmanne sal sterwe deur die swaard, hulle seuns en dogters sal sterwe deur hondersnood,
Vers 23: En hulle sal geen oorblyfsel hê nie; want Ek sal onheil bring oor die manne van Anatot in die jaar van hulle besoeking.
Jer 31 Vers 29: In die dae sal hulle nie meer sê nie: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword.
Vers 30: Maar elkeen sal weens sy eie ongeregtigheid sterwe; elke mens wat die groen druiwe eet, sy tande sal stomp word. (Elkeen sal boet vir wat hyself gedoen het.)
Jer 32 Vers 18: U wat guns bewys aan duisende en die ongeregtigheid van die vaders vergeld in die skoot van hulle kinders na hulle;
Klaagl 5 Vers 7: Ons vaders het gesondig; hulle is daar nie meer nie, en ons dra hulle ongeregtighede.
Vers 8: Knegte heers oor ons. (Swartmense - Babel se inwoners.)
Vers 11: Hulle het vroue in Sion onteer, jonkvroue in die stede van Juda.
Eseg 18 Vers 4: Kyk, al die siele is Myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun - hulle is Myne; die siel wat sondig, die moet sterwe.
Vers 20: Die siel wat sondig, die moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.
Vers 21: Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al My insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.
Vers 22: Al sy oortredinge wat hy begaan het, sal hom nie toegereken word nie; deur sy geregtigheid wat hy gedoen het, sal hy lewe.
Vers 24: Maar as die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen en handel volgens al die gruwels wat die goddelose doen - sal hy lewe? aan al sy geregtigheid wat hy gedoen het sal nie gedink word nie; om sy troubreuk wat hy begaan het, en om sy sondes wat hy gedoen het, om hulle ontwil sal hy sterwe.
Vers 26: As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sterf hy ten gevolge daarvan. Deur sy onreg wat hy gedoen het, sterf hy.
Eseg 18 Vers 27: En as die goddelose hom bekeer van sy goddeloosheid wat hy gedoen het, en reg en geregtigheid doen - hy sal sy seil in die lewe behou.
Eseg 20 Vers 4: Maak hulle dan die gruwels van hulle vaders bekend.
11 Kon 5 Vers 27: Daarom sal die melaatsheid van Naaman jou en jou nageslag vir ewig aanklewe. En hy het van hom uitgegaan, melaats soos sneeu.
Exodus 34 Vers 7: Ek is ‘n God wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie. Wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: