GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Dan 9 Vers 27: En hy sal een week lank (7 jaar) met baie ‘n sterk verbond sluit. (Sodra Israel dus ‘n verbond sluit van sewe jaar met baie nasies begin die laaste sewe jaar voor Jesus se terugkeer.) En gedurende die helfte van die week (binne die eerste 3.5 jaar) sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou. (Jerusalem sal oorgeneem word.)
Jes 34 Vers 8: Want die Here hou ‘n dag van wraak, ‘n jaar van vergelding in die regsaak van Sion.
Dan 10 Vers 14: Ek het dan gekom om jou inligting te gee oor wat jou volk aan die einde van die dae te beurt sal val.
Sag 14 Vers 2: Want Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie.
Dan 12 Vers 7: ‘n Tyd, tye en ‘n halwe tyd, (3.5 jaar) en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word. (Nadat Jerusalem oorgeneem is, sal dus nog 3.5 jaar verloop voordat Jesus kom, )
Vers 11: En van die tyd dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, (Die antichris wat sal sit in die tempel in Jerusalem en sê hy is god.) sal duisend-tweehonderd-en-negentig dae verloop. (3.5 Jaar. Weereens sê Hy vir ons, nadat Jerusalem oorgeneem word, tot op die dag, wanneer kom Jesus.)
Vers 12: Welgeluksalig is hy wat bly verwag en duisend - driehonderd - vyf - en - dertig dae bereik. (3.7 jaar. Dan eers sal dit veilig wees op aarde.)
2 Thess 2 Vers 3: Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf. (Hy verplig die 666.)
Vers 4: Die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God (In Jerusalem) as god sal sit en voorgee dat hy God is (Vanaf hierdie dag, presies 3.5 jaar daarna, kom Jesus.)
Vers 8: En dan sal die ongeregtigheid geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van Sy mond sal verdelg en deur die verskyning van Sy wederkoms tot niet sal maak
Vers 9: Hy wie se koms is volgens die werking van die satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen.
Vers 10: En met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.
Vers 11: En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,
Vers 12: Sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.
Lukas 21 Vers 9: En wanneer julle hoor van oorloë en opstande, moenie skrik nie; want die dinge moet eers plaasvind, maar dit is nie dadelik die einde nie.
Vers 10: Die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander.
Vers 11: En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees en hongersnode en pessiektes; en daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom.
Vers 12: Maar voor al hierdie dinge sal hulle die hande aan julle slaan en julle vervolg en oorlewer in sinagoges en gevangenisse en julle voor konings en goewerneurs bring ter wille van My naam (Met behulp van die 666 merkteken wat die gelowiges nie sal aanvaar op hul regterhande of voorhowe nie.)
Vers 14: Neem julle dan in julle harte voor om nie vooraf aan julle verdediging te dink nie.
Vers 15: Want Ek sal aan julle woorde en wysheid gee wat al julle teëstanders nie sal kan teëspreek of weerstaan nie.
Vers 16 : Maar julle sal oorgelewer word ook deur ouers en broers en bloedverwante en vriende, en hulle sal van julle doodmaak.
Vers 17: En julle sal gehaat wees deur almal ter wille van My naam.
Vers 18: En geen haar van julle hoof sal ooit verlore gaan nie. (By die wegraping en opstanding sal ons weer volkome gemaak word, met ‘n verheerlikde liggaam, so al kap hulle jou kop af, dit sal nie verlore gaan nie.)
Vers 25: En daar sal tekens wees aan die son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun. (Vloedgolwe.)
Vers 27: En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ‘n wolk, met groot krag en heerlikheid
Vers 28: En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.
Vers 29: Let op die vyeboom en al die bome. Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien, dat die somer naby is.
Vers 31: So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur.
Levit 26 Vers 15: En as julle My insettinge verwerp, en as julle siel van My verordeninge ‘n afsku het, sodat julle nie al My gebooie doen nie en My verbond verbreek –
Vers 16: Dan sal Ek dit ook aan julle doen. Ek sal verskrikking oor julle beskik; die tering en die koors wat die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai,
Vers 17: Julle sal voor jul vyande verslaan word, en julle haters sal oor julle heers, en julle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie.
Vers 18: En as julle nog nie luister nie –
Vers 19: Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper.
Vers 20: En julle krag sal tevergeefs verbruik word, want julle land sal sy opbrings nie gee nie, en die bome ook nie hul vrug nie.
Vers 21: En as julle nog nie luister nie –
Vers 22: Ek sal die wilde diere van die veld onder julle instuur, en die sal julle kinderloos maak en julle vee uitroei, en julle verminder, sodat julle paaie verlate sal wees.
Vers 23: En as julle nog nie luister nie –
Vers 25: Sal Ek ‘n swaard oor julle bring wat die wraak van die verbond uitoefen. En as julle dan in jul stede terugtrek sal Ek pes onder julle instuur, en julle sal in die hand van die vyand oorgegee word.
Vers 26: As Ek vir julle die staf van die brood verbreek, sal tien vroue julle brood in een oond bak en julle brood by die gewig teruggee; en julle sal eet, maar nie versadig word nie. (Ek dink ons is nou daar. Hoeveel vet mense eet en eet, en word nooit versadig nie?)
Vers 27: As julle nog nie wil luister nie –
Vers 29: Dan sal julle die vlees van julle seuns eet, en die vlees van jul dogters sal julle eet.
Vers 30: En Ek sal julle hoogtes verwoes en julle sonpilare verdelg en julle lyke op die lyke van julle drekgode gooi.
Vers 31: En Ek sal jul stede puinhope maak en julle heiligdomme verwoes.
Vers 32: Ja, Ek Self sal die land verwoes, sodat julle vyande wat daarin gaan woon, daaroor verstom sal staan.
Vers 33: En Ek sal julle onder die volke verstrooi en ‘n swaard agter julle uittrek; en julle land sal ‘n wildernis en julle stede puinhope word.
Vers 34: Dan sal die land vir sy sabbatte vergoeding kry, dan sal die land rus terwyl julle in die land van jul vyande is.
Vers 36: En wat diegene aangaan wat onder julle oorgebly het - Ek sal in hulle hart ‘n vreesagtigheid bring in die lande van hul vyande, sodat die geruis van ‘n verwaaide blaar hulle op die loop sal jaag.
Vers 38: Maar julle sal omkom onder die nasies, en die land van jul vyande sal julle verteer.
Vers 39: En die wat onder julle oorgebly het, sal oor hulle ongeregtigheid wegteer in die lande van jul vyande, ja, ook oor die ongeregtighede van hulle vaders saam met hulle.
Vers 40: Dan sal hulle hul ongeregtigheid bely, en die ongeregtigheid van hulle vaders, en ook dat hulle hul teen My versit het.
Vers 41: Sodat Ek My ook teen hulle versit het, en hulle in die land van hul vyande moes bring. Of, as hul onbesnede hart hom dan verneder en hulle dan boet vir hul ongeregtigheid,
Vers 42: Sal Ek dink aan My verbond met Jakob; Isak, en Abraham. En aan die land sal Ek dink.
Vers 43: Maar die land moet eers van hulle verlate wees en moet vir sy sabbatte vergoeding kry, terwyl dit woes lê sonder hulle. En hulle sal vir hul ongeregtighede boet, omdat, ja, omdat hulle My verordeninge verwerp en hulle siel van My insettinge ‘n afsku gehad het.
Jes 19 Vers 9: En Ek sal hulle die vlees van hul seuns en die vlees van hul dogters laat eet, en hulle sal elkeen die vlees van hul naaste eet, in die beleëring en die benoudheid waarmee hulle vyande en die wat hulle lewe soek, hulle benoud sal maak.
Klaagl van Jer 2 Vers 15: Almal wat met die pad verbygaan, slaan die hande saam oor jou; hulle spot en skud hulle hoof oor die dogter van Jerusalem: Is dit die stad waarvan hulle gesê het: Volmaak in skoonheid, vreugde van die hele aarde?
Vers 16: Al jou vyande rek hulle mond oop oor jou, hulle spot en kners op die tande, hulle sê: Ons het verslind, .ja, dit is die dag wat ons verwag het; ons het dit bereik, dit belewe!
Vers 17: Die Here het gedoen wat Hy Hom voorgeneem het, Sy Woord volbring wat Hy sedert die dae van die voortyd beveel het; Hy het sonder verskoning afgebreek en die vyand oor jou bly gemaak, die horing van jou teëstanders verhoog.
Vers 18: Hulle hart roep na die Here. Muur van die dogter van Sion, laat trane afloop soos ‘n stroom, dag en nag; gun jouself geen verposing nie, laat jou oogappel nie rus nie.
Vers 19: Staan op, skreeu in die nag by die begin van die nagwake, stort jou hart uit soos water voor die Aangesig van die Here, hef jou hande op na Hom, ter wille van die lewe van jou kinders wat versmag van honger op die hoeke van al die strate.
Vers 20: Aanskou, Here, en merk op aan wie U so gedoen het! Moet vroue dan hulle vrug eet, kindertjies wat op die hande gedra word? Moet dan in die heiligdom van die Here priester en profeet gedood word?
Vers 21: Op die grond lê jonk en oud in die strate; my jonkvroue en my jongmanne het deur die swaard geval, U het geslag sonder verskoning.
Eseg 5 Vers 8: Daarom, so sê die Here Here: Kyk, Ek het dit teen jou, ja, Ek! En Ek sal strafgerigte in jou midde oefen, voor die oë van die nasies;
Vers 9: En om al jou gruwels ontwil sal Ek aan jou doen wat Ek nooit gedoen het nie, en wat Ek so ook nooit weer sal doen nie.
Vers 10: Daarom sal die vaders die kinders opeet in jou midde, en die kinders sal die vaders opeet;
Vers 12: ‘n Derde deel van jou sal aan die pes sterwe en deur hongersnood in jou omkom; en ‘n derde deel sal deur die sward val, en ‘n derde deel sal Ek na al die windstreke verstrooi, en Ek sal ‘n sward agter hulle uittrek.
Vers 13: So sal dan My toorn uitwoed, en Ek sal My grimmigheid tot rus bring teen hulle.
Vers 16: As Ek die verderflike pyle van hongersnood teen hulle uitstuur wat tot verwoesting is, wat Ek uitstuur om julle te vernietig, dan sal Ek die hongersnood oor julle vermeerder, en die staf van die brood sal Ek verbreek.
Vers 17: Ja, hongersnood en wilde diere wat jou kinderloos sal maak, sal Ek oor julle stuur, ook sal pes en bloedvergieting in jou rondgaan, en Ek sal ‘n swaard oor jou bring. Ek, die here, het dit gespreek.
Eseg 6 Vers 11: So sê die Here Here: Slaan in jou hand, en stamp met jou voet, en sê: Wee oor al die growwe gruweldade van die huis van Israel, omdat hulle deur die sward, die honger en die pes moet val.
Miga 3 Vers 9: Hoor tog dit, hoofde van die huis van Jakob en owerstes van die huis van Israel! Julle wat van die reg ‘n afsku het en wat al wat reg is, verdraai.
Vers 10: Julle wat Sion bou met bloed en Jerusalem met onreg!
Vers 11: Sy hoofde spreek vonnisse uit vir ‘n geskenk, en sy priesters gee onderrig vir loon, en sy profete is waarsêers vir geld. Nogtans steun hulle op die Here en sê: Is die here nie in ons midde nie? Geen onheil sal ons wedervaar nie.
Vers 12: Daarom sal Sion om julle ontwil soos ‘n land omgeploeg en Jerusalem puinhope word en die tempelberg bosrante.
Sag 11 Vers 9: Daarop het ek gesê: Ek wil julle nie meer oppas nie – wat sterwend is, laat sterwe; en wat verlore gaan, laat verlore wees, en laat die wat oorbly, mekaar se vleis verslind!
Vers 17: Wee die slegte herder (Predikante) wat die skape in die steek laat! Mag die swaard sy arm tref en sy regteroog! Mag sy arm heeltemal verdor en sy regteroog heeltemal verduister word!
Openb 17 Vers 16: En die tien horings wat jy op die dier gesien het (Die tien nasies wat die antichrist sal volg) hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vleis eet en haar met vuur verbrand.
Matt 24 Vers 15: Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, (Die man wat sê hy is god) waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom - laat hy wat lees oplet -
Vers 16: Dan moet die wat in Judea is, na die berge vlug.
Vers 17: Wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie.
Vers 18: En wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie.
Vers 19: Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae.
Vers 20: En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie.
Vers 21: Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.
Vers 22: En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.
Jer 14 Vers 4: Weens die land wat verslae is, omdat daar geen reën op die aarde is nie, kom die landbouers in die skande, hulle bedek hulle hoof.
Vers 5: Want selfs die wildsbok in die veld lam en gooi haar lam weg, omdat daar geen jong gras is nie.
Vers 6: En wilde esels staan op die kaal heuwels, hulle snuif die wind op soos die jakkalse; hulle oë versmag, omdat daar geen gras is nie.
Joh 9 Vers 4: Ek moet die werke doen van Hom wat my gestuur het, so lank as dit dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie. (Gedurende die laaste 3.5 jaar. Alle Bybels en Bybelboeke sal verbrand word, en as dit by jou gevind word, sal jy doodgemaak word.)
Dan 11 Vers 23: Want sodra ‘n bondgenootskap met hom aangegaan is, pleeg hy bedrog; en hy sal omhoog kom, en met min manskappe sterk word. (Die ooreenkoms van sewe jaar.)
Vers 24: Onverwags, en in die verste dele van die provinsie sal hy inkom, en hy sal doen wat sy vaders en sy grootvaders nie gedoen het nie: Roof en buit en goed sal hy onder julle uitstrooi en teen vestings planne beraam, maar net vir ‘n tyd.
Vers 25: En hy sal sy krag en sy hart opwek teen die koning van die suide- met ‘n groot leër; en die koning van die suide sal hom in die oorlog begewe met ‘n groot en baie sterk leër, maar hy sal nie standhou nie, want hulle sal planne teen hom beraam.
Vers 26: En die wat sy spys eet, sal hom te gronde rig; en sy leër sal wegvloei, en daar sal baie gesneuweldes lê.
Vers 27: En wat die twee konings betref, hulle hart sal wees om kwaad te doen; en aan een tafel sal hulle leuens spreek, maar dit sal nie geluk nie, want die einde sal eers op die vasgestelde tvd wees.
Vers 28: En hy sal na sy land teruggaan met baie goed, en sy hart sal teen die heilige verbond wees, en hy sal optree en na sy land teruggaan.
Vers 29: Op die vasgestelde tyd sal hy terugkeer en in die suide kom, maar dit sal die laaste keer nie wees soos die eerste keer nie.
Vers 30: Want skepe van die Kittiërs sal teen hom kom, en hy sal moedeloos word, dan sal hy teruggaan en sy toorn openbaar teen die heilige verbond en optree; en hy sal teruggaan en ag gee op die wat die heilige verbond versaak het. (Vir hulle grond en geskenke gee.)
Vers 3 1: En deur hom sal leërs op die been gebring word en die heiligdom, die vesting, ontheilig, en hulle sal die voortdurende offer afskaf en die ontsettende gruwel opstel. (Die gruwel is 'n afbeelding van die antichris, en as jy hom nie aanbid nie, maak hulle jou dood. Deur kameras in die beeld, en luidsprekers, sal hulle met jou deur die beeld praat.
Vers 32: En die wat goddeloos handel teen die verbond, sal hy met vleiery afvallig maak, maar die volk wat hulle God ken, sal vashou en optree.
Vers 33: En die verstandiges onder die volk sal baie tot insig bring; maar hulle sal struikel deur swaard en vlam, deur gevangenskap en berowing, dae lank.
Vers 34: En terwyl hulle struikel, sal hulle met ‘n klein hulp ondersteun word, dan sal baie uit listigheid by hulle aansluit. (Daar sal 'n bedrag uitgeloof word op elke kop van elkeen wat nie die merk 666 aanvaar nie, en so sal hulle geld maak.)
Vers 35: En van die verstandiges sal sommiges struikel, om onder hulle loutering en reiniging en suiwering aan te bring tot die tyd van die einde - want dit sal nog duur tot op die vasgestelde tyd.
Vers 36: En die koning sal doen net wat hy wil en homself verhef en hom groot hou bo enige God, en teen die God van die gode sal hy wonderbaarlike dinge spreek; en hy sal voorspoedig wees, totdat die grimmigheid ten einde is; want wat vas besluit is, sal uitgevoer word.
Vers 37: En op die gode van sy vaders sal hy nie ag slaan nie, en op die liefling van die vroue en op enige God sal hy geen ag gee nie; want hy sal homself bo alles groot hou.
Vers 38: Maar in plaas daarvan sal hy die god van die vestings vereer, en die god wat sy vaders nie geken het nie, sal hy met goud en silwer en edelgesteentes en kosbaarhede vereer.
Vers 39: So sal hy dan optree teen die versterkte vestings met behulp van ‘n vreemde god; diegene wat hy erken, sal hy baie eer en hulle oor baie laat heers, en grond as beloning uitdeel.
Vers 40: Maar in die tyd van die einde sal die koning van die suide met hom in botsing kom, en die koning van die noorde sal op hom afstorm met strydwaens en perderuiters en baie skepe, en hy sal daarmee in die lande inkom en instroom en dit oorvloei.
Vers 41: Hy sal ook kom in die pragtige land, en baie sal struikel; maar hierdie volke sal uit sy hand vryraak: Edom en Moab en die beste deel van die kinders van Ammon.
Vers 42: En hy sal sy hand uitsteek teen die lande; ook Egipteland sal nie vrykom nie.
Vers 43: En hy sal mag hê oor die skatte van goud en silwer en oor al die kosbaarhede van Egipte, terwyl die Libiërs en die Kusiete (swartmense) sy voetstappe volg.
Vers 44: Maar gerugte uit die ooste en uit die noorde sal hom verskrik; daarom sal hy met groot woede uittrek om baie mense te verdelg en met die banvloek te tref.
Vers 45: En hy sal sy paleistente opslaan tussen die see en die berg van die Heilige prag; maar hy sal aan sy einde kom, en daar sal vir hom geen helper wees nie.
Dan 12 Vers 1: En in die tyd sal Migael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ‘n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ‘n volk bestaan het tot op die tyd nie; maar in die tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan. (Wegraping.)
Dan 12 Vers 2: En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe, en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.
Vers 3: En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel en die wat baie na regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.
Vers 4: En jy, Daniël, hou die woorde geheim, en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.
Dan 12 Vers 6: Hoe lank sal die einde van die wonderbaarlike dinge uitbly?
Vers 7: En Hy het gesweer by die Ewiglewende: ‘n Tyd, tye, en ‘n halwe tyd, (drie-en- ‘n halfjaar) en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word.
Vers 9: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe.
Vers 10: Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.
Vers 11: En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal duisend-tweehonderd-en-negentig dae verloop. (Drie-en- ‘n halfjaar.)
Vers 12: Welgeluksalig is hy wat bly verwag, en duisend-driehonderd-vyf-en-dertig dae bereik. (3.7 jaar.)
Openb 6 Vers 1: En ek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van ‘n donderslag: Kom kyk!
Vers 2: En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd. En hy wat daarop sit, het ‘n boog; en aan hom is ‘n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te oorwin.
Vers 3: En toe Hy die tweede seël oopgemaak het, hoor ek die tweede lewende wese sê: Kom kyk!
Vers 4: En ‘n ander perd, ‘n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem dat hulle mekaar sou doodmaak; en ‘n groot swaard is aan hom gegee.
Vers 5: En toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde lewende wese sê: Kom kyk! en ek het gesien, en kyk, daar was ‘n swart perd; en hy wat daarop sit, het ‘n skaal in sy hand.
Vers 6: En ek het ‘n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: ‘n Rantsoen koring vir ‘n penning en drie rantsoene gars vir ‘n penning; en moenie die olie en die wyn beskadig nie. (Hongersnood)
Vers 7: En toe Hy die vierde seël oopgemaak het, hoor ek die stem van die vierde lewende wese sê: Kom kyk!
Vers 8: En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde.
Vers 9: En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die Woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.
Vers 10: En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o Heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?
Vers 11: En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat ook hulle mede diensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.
Vers 12: En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopmaak, en kyk, daar was ‘n groot aardbewing; die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed
Vers 13: En die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos die vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy na vye laat afval.
Vers 14: En die hemel het weg gewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hul plekke versit.
Vers 15: En die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge;
Vers 16: En vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die Aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam.
Vers 17: Want die groot dag van Sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?
Openb 8 Vers 7: En die eerste engel het geblaas, en daar het hael en vuur gekom met bloed gemeng, en dit is op die aarde gegooi. En ‘n derde van die bome het verbrand, en al die groen gras het verbrand.
Vers 8; En die tweede engel het geblaas, en iets soos ‘n groot berg wat brand met vuur, is in die see gegooi. En ‘n derde van die see het bloed geword.
Vers 9: En ‘n derde van die lewende skepsele in die see het gesterwe, en ‘n derde van die skepe het vergaan.
Vers 10: En die derde engel het geblaas, en ‘n groot ster wat soos ‘n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op ‘n derde van die riviere en op die waterfonteine.
Vers 11: En die naam van die ster word genoem Alsem; en ‘n derde van die waters het als geword, en baie mense het gesterwe van die water, omdat dit bitter geword het.
Vers 12: En die vierde engel het geblaas, en ‘n derde van die son is getref en ‘n derde van die maan en ‘n derde van die sterre, sodat ‘n derde van hulle donker sou word en die dag vir sy derde deel nie lig sou gee nie, en die nag net so.
Vers 13: En ek het gesien en gehoor ‘n engel wat in die middel van die hemel vlieg, wat met ‘n groot stem sê: Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas!
Openb 9 Vers 1: En toe die vyfde engel blaas, sien ek ‘n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee.
Vers 2: En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put, soos rook van ‘n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister.
Vers 3: Uit die rook sal daar sprinkane uitkom op die aarde, en hulle sal kan steek soos skerpioene.
Vers 4: Hulle sal slegs die mense steek wat nie die merk van God op hul voorhoofde het nie. (Dus almal wat die merk van die dier op hul voorhoof of regterhand het.)
Vers 5: Hulle sal nie kan doodmaak nie, maar vir vyf maande lank die mense pynig soos ‘n skerpioensteek.
Vers 6: In die dae sal die mense die dood soek, maar dit nie vind nie, verlang om te sterwe, maar die dood sal vir hulle wegvlug.
Vers 7: Die voorkoms van die sprinkane sal wees soos ‘n gepantserde perd met krone op hulle koppe wat lyk soos goud, en gesigte soos mense, vrouehare, slagtande, en sterte soos skerpioene.
Vers 9: En hulle het borsharnaste gehad soos van yster.
Vers 10: En hulle mag sal wees om die mense vyf maande lank skade aan te doen.
Vers 11: Die sprinkane se koning is die engel van die afgrond, sy naam in Hebreeus is Abaddon en in Grieks Apollion.
Jes 33 Vers 14: Die sondaars in Sion bewe, (Die Jode wat nie glo dat Jesus al gekom het en gekruisig is nie.) siddering het die roekelose aangegryp. Hulle sê: Wie van ons kan woon by ‘n verterende vuur, wie van ons kan woon by ‘n ewige gloed? (Dit is na die verdrukking, wanneer Jesus reeds gekom het.)
Vers 15: Hy wat in geregtigheid wandel en spreek wat reg is, wat afpersing versmaad, wat geen omkoopgeskenk aanneem nie, wat bloedskuld haat, en sy oë sluit om wat sleg is, nie te sien nie –
Vers 16: Hy sal op hoogtes woon, rotsvestings is sy burg, sy brood word hom gegee, sy water is gewis.
vers 17: Jou oë sal die Koning in sy skoonheid aanskou, dit sal ‘n wyd uitgestrekte land sien. (AI die sondaars is dood, die plek is verlate.)
Vers 18: Jou hart sal die deurgestane verskrikking oordink en sê: Waar is hy wat getel het? Waar is hy wat geweeg het? Waar is hy wat die torings opgeskryf het?
Vers 19: Jy sal die onbeskaamde volk nie meer sien nie, die volk met duister, onverstaanbare spraak, met onbegryplike hakkeltong.
Vers 20: Aanskou Sion, die stad van ons feestelike samekoms! (Die stad waarheen al die nasies sal optrek elke jaar om die huttefees te vier.) Jou oë sal Jerusalem sien as veilige woonplek, as tent wat nie wegtrek nie.
Vers 21: Maar daar sal die Here vir ons heerlik wees; dit sal ‘n plek van riviere wees, van breë strome.
Vers 22: Want die Here is ons Regter, die Here is ons Aanvoerder, die Here is ons Koning: Hy sal ons verlos.
Vers 23: Dan word die roofbuit verdeel in menigte, selfs die lammes maak buit. (Al die nasies rondom is uitgewis, en hulle goed word gebuit.)
Vers 24: En geen inwoner sal sê: Ek is siek nie; aan die mense wat daarin woon, is die skuld vergewe. (Alle siektes kom dus deur sonde.)
Dan 7 Vers 23: So het hy gesê: Die vierde dier - die vierde koninkryk sal op die aarde wees, wat verskil van al die koninkryke en die hele aarde sal verslind en dit sal vertrap en dit verbrysel.
Vers 24: En die tien horings - uit daardie koninkryk sal tien konings opstaan, en ‘n ander een sal na hulle opstaan, en hy sal verskillend wees van die voriges, en drie konings neerwerp.
Vers 25: En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende ‘n tyd en tye en die helfte van ‘n tyd. (3.5 Jaar)
Vers 27: Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees. (Oor die hele aarde.)
Dan 8 Vers 14: En hy het vir my gesê: Tweeduisend - driehonderd aandes en môres, dan sal die Heiligdom in sy regte staat herstel word. (6.3 Jaar nadat Jerusalem oorgeneem word, sal alles weer normaal wees.)
Vers 17: Let op, mensekind, want die gesig sien op die tyd van die einde.
Vers 19: Kyk, ek maak jou bekend wat aan die einde van die strafgerig sal gebeur.
Vers 26: En die gesig van die aande en môres waarvan gespreek is, dit is waarheid;
Openb 12 Vers 6: En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy ‘n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend - tweehonderd - en - sestig dae lank. (Wegraping - 3.5 Jaar)
Vers 7: En daar het oorlog in die hemel gekom: Migael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer;
Vers 8: En hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie.
Vers 9: En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.
Vers 10: Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van Sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God dag en nag.
Vers 12: Wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.
Vers 13: En toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou vervolg wat die seuntjie gebaar het.
Vers 14: Maar die twee vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek kon vlieg (Space ship - na 'n ander planeet), waar sy uit die gesig van die slang onderhou word, ‘n tyd, en tye en ‘n halwe tyd. (3.5 jaar.)
Vers 17: En die draak het vertoornd geword op die vrou en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou. (Dit is ons.)
Openb 11 Vers 2: Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad twee - en - veertig maande lank vertrap. (3.5 Jaar)
Vers 3: En Ek sal aan My twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend - tweehonderd - en - sestig dae lank sal profeteer. (Die laaste 3.5 Jaar voor die wederkoms)
Vers 5: As iemand hulle wil beskadig, gaan daar vuur uit hulle mond en verslind hulle vyande; en as iemand hulle wil beskadig, moet hy op dieselfde manier gedood word.
Vers 6: Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie (3.5 jaar) geen reën val nie; en hulle het mag oor die waters om dit in bloed te verander en om die aarde te tref met allerhande plae so dikwels as hulle wil.
Vers 7: En wanneer hulle hul getuienis voleindig het, sal die dier wat uit die afgrond opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak.
Vers 8: En hulle lyke sal lê op die straat van die groot stad wat geestelik genoem word Sodom en Egipte, waar ook onse Here gekruisig is.
Vers 9: En mense uit die volke en stamme en tale en nasies sal hulle lyke drie en ‘n halwe dag lank sien en nie toelaat dat hulle lyke in die graf gelê word nie.
Vers 10: Die bewoners van die aarde sal bly en verheug wees oor hulle, en sal vir mekaar geskenke stuur, omdat die twee profete die bewoners van die aarde gepynig het.
Vers 11: En na die drie en ‘n halwe dag het ‘n gees van die lewe uit God in hulle ingegaan, en hulle het op hul voete gaan staan, en ‘n groot vrees het geval op die wat hulle aanskou het.
Vers 12: En hulle het ‘n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen! En hulle het opgevaar na die hemel in die wolk, en hulle vyande het hulle aanskou.
Vers 13: En in die uur het daar ‘n groot aardbewing gekom, en ‘n tiende van die stad het geval, en seweduisend mense het in die aardbewing omgekom, en die ander het bevrees geword en aan die God van die hemel heerlikheid toegebring.
Vers 15: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van Sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in ewigheid.
Vers 18: En die tyd het nou gekom om die dode te oordeel en om loon te gee aan U diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat U Naam vrees, klein en groot, en om die verderwers van die aarde te verderf.
Luk 12 Vers 47: En daardie dienskneg wat die wil van sy Heer geken het, en nie klaargemaak of volgens Sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word.
Vers 48: Maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Woensdag 17 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking