GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Deut 28 Vers 1: As jy dan goed luister na die stem van die Here jou God om sorgvuldig te hou al Sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die Here jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.
Vers 2: En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die Here jou God.
Vers 3: Geseënd sal jy wees in die stad en in die veld.
Vers 4: Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en kleinvee.
Vers 5: Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel.
Vers 6: Geseënd sal jy wees by jou ingang en jou uitgang.
Vers 7: Die Here sal maak dat die vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uitvlug.
Vers 8: Die Here sal die seën oor jou gebied in jou skure, en in alles waar jy jou hand aan slaan; en Hy sal jou seën in die land wat die Here jou God jou sal gee.
Vers 9: Die Here sal jou vir Hom as heilige volk bevestig soos Hy jou dit gesweer het, as jy die gebooie van die Here jou God hou en in Sy weë wandel.
Vers 10: En al die volke van die aarde sal sien dat die Naam van die Here oor jou uitgeroep is, en hulle sal vir jou vrees.
Vers 11: En die Here sal die goeie aan jou oorvloedig gee in die vrug van jou liggaam, en jou vee, en jou land.
Vers 12: Die Here sal Sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaak, om die reën van jou land op die regte tyd te gee en om al die werk van jou hand te seën. En jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie.
Vers 13: En die Here sal jou die kop, en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe, en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die gebooie van die Here.
Vers 14: En jy nie regs of links afwyk van al die woorde wat Ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop om hulle te dien nie.
Deut 28 Vers 15: Maar as jy nie luister na die stem van die Here jou God, om sorgvuldig te hou al Sy gebooie en Sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal.
Vers 17: Vervloek sal wees jou mandjie en bakskottel, die vrug van jou liggaam, die vrugte van jou land, die aanteel van jou beeste en kleinvee, by jou ingang en by jou uitgang,
Vers 20: Die Here sal teen jou stuur die vervloeking, die verwarring en bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen, totdat jy verdelg is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die boosheid van jou handelinge, dat jy My verlaat het.
Vers 21: Die Here sal maak dat die pes jou aankleef totdat Hy jou vernietig uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
Vers 22: Die Here sal jou swaar tref met tering en koors en vurige koors en ontsteking en droogte en brandkoring en heuningdou; en hulle sal jou vervolg totdat jy omkom.
Vers 23: En jou hemel wat bo jou hoof is, sal koper, en die aarde wat onder jou is, yster wees.
Vers 24: Die Here sal die reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit op jou afkom totdat jy verdelg is.
Vers 25: Die Here sal maak dat jy voor jou vyande verslaan word; op een pad sal jy teen hom uittrek, en op sewe van hom wegvlug.
Vers 26: En jou lyke sal as voedsel dien vir al die voëls van die hemel, en vir die diere van die aarde, sonder dat iemand hulle skrikmaak.
Vers 27: Die Here sal jou swaar tref met swere van Egipte en met geswelle en skurfte en uitslag waarvan jy nie kan gesond word nie.
Vers 28: Die Here sal jou slaan met kranksinnigheid en blindheid en sinsverwarring.
Vers 29: Sodat jy op die middag sal rondtas soos die blinde in die donker, en jou weë sal geen voorspoed hê nie; maar jy sal altyddeur net verdruk en beroof wees sonder dat daar ‘n helper is.
Vers 30: Jy sal jou met ‘n vrou verloof, maar ‘n ander man sal haar skend; ‘n huis sal jy bou maar daarin nie woon nie; ‘n wingerd plant, maar dit nie in gebruik neem nie.
Vers 31: Jou bees word voor jou oë geslag, maar jy sal daarvan nie eet nie; jou esel word voor jou weggeroof, maar sal na jou nie terugkom nie; jou kleinvee word aan jou vyande gegee sonder dat daar vir jou ‘n helper is.
Vers 32: Jou seuns en jou dogters word aan ‘n ander volk gegee, terwyl jou oë dit sien, en die hele dag na hulle smag sonder dat jy iets daaraan kan doen.
Vers 33: Die vrugte van jou land en al die werk van jou hand sal ‘n volk eet wat jy nie ken nie; en jy sal altyddeur net verdruk en hard behandel word.
Vers 34: En jy sal kranksinnig wees vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien.
Vers 35: Die Here sal jou tref met bose swere aan die knië en aan die bene - waarvan jy nie gesond word nie - van jou voetsool tot jou skedel.
Vers 36: Die Here sal jou en jou koning wat jy oor jou sal aanstel, na ‘n nasie laat gaan wat jy en jou vaders nie geken het nie; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien.
Vers 38: Jy sal baie saad op die land uitbring, maar min insamel; want die sprinkaan sal dit afeet.
Vers 39: Wingerde sal jy plant en bewerk, maar geen wyn drink of wegbêre nie, want die wurm sal dit opeet.
Vers 40: Olyfbome sal jy hê in jou hele grondgebied, maar jy sal jou nie met olie salf nie; want jou olywe sal afval.
Vers 41: Seuns en dogters sal jy vir jou verwek, maar hulle sal vir jou nie wees nie, hulle sal in gevangenskap gaan.
Vers 42: Al jou bome en die vrugte van jou land sal die sprinkaan in besit neem.
Vers 43: Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër opklim, en jy sal laer en laer afsak. (Dit is waar ons vandag is.)
Vers 44: Hy sal aan jou leen, maar jy sal aan hom nie leen nie; hy sal die kop en jy die stert wees.
Vers 45: En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is, omdat jy nie geluister het na die stem van die Here jou God om Sy gebooie en Sy insettinge wat Hy jou beveel het, te hou nie.
Vers 47: Omdat jy die Here jou God nie met vreugde en vrolikheid van hart weens die oorvloed van alles gedien het nie.
Vers 48: Sal jy jou vyand, wat die Here teen jou sal stuur, dien in honger en in dors en in naaktheid en in gebrek aan alles; en Hy sal ‘n ysterjuk op jou nek sit totdat Hy jou verdelg het.
Vers 49: Die Here sal teen jou ‘n nasie bring van ver, van die einde van die aarde af, soos ‘n arend vlieg - ‘n nasie wie se taal jy nie verstaan nie,
Vers 50: ‘n Nasie hard van aangesig, wat ‘n grysaard nie ontsien, en vir ‘n seun geen genade het nie.
Vers 5 1: En hulle sal die vrug van jou vee en die vrugte van jou land opeet totdat jy verdelg is; wat vir jou geen koring, mos of olie, aanteel van jou beeste of kleinvee sal laat oorbly totdat hulle jou tot niet gemaak het nie.
Vers 52: En hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte totdat jou hoë en versterkte mure val waarop jy in jou hele land vertrou het; ja, hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte in jou hele land wat die Here jou God jou gegee het.
Vers 53: En jy sal die vrug van jou liggaam eet, die vlees van jou seuns en dogters wat die Here jou God jou gegee het, in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou benoud sal maak.
Vers 54: Die vertroetelde en baie verwende man by jou - sy oog sal sy broer en die vrou wat hy liefhet, en sy orige kinders wat hy nog behou het, skeef aankyk.
Vers 55: Sodat hy aan geeneen van hulle iets sal gee van die vlees van sy kinders wat hy eet nie, omdat daar vir hom niks anders oorgelaat is in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak nie.
Vers 56: Die vertroetelde en verwende vrou by jou wat van verwendheid en weekheid nooit probeer het om haar voetsool op die grond neer te sit nie - haar oog sal die man wat sy liefhet en haar seun en haar dogter skeef aankyk,
Vers 57: Ook haar nageboorte wat tussen haar voete uitgaan, en haar kinders wat sy sal baar; want sy sal dit stilletjies eet by gebrek aan alles in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak.
Vers 58: As jy nie sorgvuldig al die woorde van hierdie wet hou wat in hierdie boek geskryf is, om hierdie heerlike en gedugte Naam, die Here jou God, te vrees nie,
Vers 59: Dan sal die Here oor jou en oor jou nageslag buitengewone plae bring, groot en aanhoudende plae, en kwaadaardige en aanhoudende siektes; (Kanker is een van hulle, en dis nou volop.)
Vers 60: En Hy sal weer op jou bring al die kwale van Egipte waarvoor jy bang was, sodat hulle jou aanklewe.
Vers 61: Ook allerhande siektes en allerhande plae wat in die boek van hierdie wet nie geskrywe is nie, die sal die Here teen jou laat opkom totdat jy verdelg is.
Vers 62: En julle sal met min mense oorbly, in plaas dat julle gewees het soos die sterre aan die hemel in menigte, omdat jy nie geluister het na die stem van die Here jou God nie.
Vers 63: En soos die Here oor julle bly was om aan julle goed te doen en julle te vermenigvuldig, so sal die Here oor julle bly wees om julle tot niet te maak en julle te verdelg; en julle sal uitgeruk word uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
Vers 64: En die Here sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde. En daar sal jy ander gode, van hout en klip, dien.
Vers 65: En onder die nasies sal jy geen rus hê nie, en vir jou voetsool sal daar geen rusplek wees nie; maar die Here sal jou daar ‘n bewende hart gee en smagtende oë en ‘n kwynende siel.
Vers 66: En jou lewe sal voor jou aan ‘n draad hang, en jy sal nag en dag skrik en van jou lewe nie seker wees nie.
Vers 67: In die môre sal jy sê: Ag, was dit maar aand! en in die aand sal jy sê: Was dit maar môre! vanweë die skrik van jou hart wat jou sal aangryp, en vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien.
Vers 68: En die Here sal jou op skepe na Egipte terugbring, op die pad waarvan Ek vir jou gesê het: Jy sal dit verder nie meer sien nie; en daar sal julle aan jul vyande as slawe en slavinne verkoop word, maar daar sal geen koper wees nie.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Woensdag 17 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking