Vrydag 19 Maart 2010

Die maandelikse onreinheid van 'n vrou

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Lev 5 Vers 3: Of as hy iets onrein van ‘n mens aanraak, en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is;
Lev 7 Vers 20: Maar die een wat vleis eet van die dankoffer wat die Here toekom, terwyl sy onreinheid aan hom is, die siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
Vers 21: En as iemand aan iets onreins raak, aan die onreinheid van ‘n mens of aan ‘n onrein dier of aan enige onrein vervoeisel, en dan eet van die vleis van die dankoffer wat die Here toekom, die siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word. (Nagmaal gebruik as jy jou maandstonde het.)
Lev 15 Vers 19: En as ‘n vrou ‘n vloeiing het, en die vloeiing in haar vlees en bloed is, dan bly sy sewe dae lank in haar onreinheid, en elkeen wat aan haar raak sal tot die aand onrein wees.
Vers 20: En alles waarop sy lê of sit sal onrein wees.
Vers 21: Elkeen wat aan haar bed raak, of aan iets wat op die bed is, of aan iets waarop sy sit, moet sy klere was en ‘n bad neem, en bly tot die aand onrein.
Vers 24: En as ‘n man met haar gemeenskap het, sodat haar onreinheid op hom kom, sal hy sewe dae lank onrein wees. En elke bed waarop hy lê sal onrein wees.
Vers 25: En as ‘n vrou lank ‘n bloedvloeiing het, buiten die tyd van haar onreinheid, of as sy vloei oor die tyd van haar onreinheid, is sy soos in die dae van die maandelikse onreinheid, sy is onrein.
Vers 28: Maar as sy van haar vloeiing rein geword het, moet sy sewe dae tel, en daarna sal sy rein wees, en op die agste dag twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem na die ingang van die tent van samekoms, vir die priester, en hy sal die een as sondoffer en die ander as brandoffer berei, en die priester moet vir haar versoening doen voor die Aangesig van die Here.
Levit 12 Vers 2: As ‘n vrou swanger word en ‘n seun baar sal sy sewe dae lank onrein wees; soos in die dae van die onreinheid as sy onwel is, sal sy onrein wees.
Vers 3: En op die agste dag moet hy aan die vlees van sy voorhuid besny word.
Vers 4: Dan moet sy 33 dae in die reinigingsbloed bly. Aan niks wat heilig is, moet sy raak nie en in die heiligdom mag sy nie kom nie totdat die dae van haar reiniging verby is.
Vers 5: Maar as sy ‘n dogter baar, sal sy twee weke onrein wees soos by die maandelikse onreinheid. Dan moet sy 66 dae in die reinigingsbloed bly.
Vers 6: En as die dae van haar reiniging in die geval van ‘n seun of dogter verby is, moet sy ‘n jaaroud lam as brandoffer en ‘n jong duif of tortelduif as sondoffer bring na die ingang van die tent van samekoms, na die priester toe.
Vers 7: Die moet dit offer voor die Aangesig van die Here en vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees van haar bloedvloeiing.
Vers 8: Maar as sy ‘n lam nie kan bekostig nie, moet sy twee jong duiwe of tortelduiwe neem, een as brandoffer en een as sondoffer, en die priester moet vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees.
Lev 18 Vers 19: Ook mag jy nie naby ‘n vrou kom terwyl sy onrein is deur haar onreinheid, om haar skaamte te ontbloot nie.
Eseg 36 Vers 17: Mensekind, toe die huis van Israel in hulle land gewoon het, het hulle dit verontreinig deur hul wandel en met hul handelinge; hulle wandel was voor My Aangesig soos die besoedeling van die maandelikse onreinheid.
Eseg 22 Vers 10: Hulle het die skaamte van die vader in jou ontbloot; haar wat onrein was deur maandelikse onreinheid, het hulle in jou onteer.
11 Sam 11 Vers 4: Daarop stuur Dawid boodskappers om haar te laat haal. En toe sy by hom inkom, het hy met haar gemeenskap gehad, terwyl sy haar juis van haar onreinheid gereinig het. Daarna het sy na haar huis teruggegaan.
Lev 20 Vers 18: As ‘n man met ‘n vrou gemeenskap het wat onwel is, en haar skaamte ontbloot - hy het haar fontein ontbloot en sy die fontein van haar bloed - dan moet hulle altwee uitgeroei word onder hulle volk uit.
11 Kor 6 Vers 17: En raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;
11 Kor 7 Vers 1: Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.
Eseg 18 Vers 5: Maar as iemand regverdig is, en reg en geregtigheid doen,
Vers 6: Nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel en die vrou van sy naaste nie verontreinig en nie naby ‘n vrou kom as sy onrein is nie,
Vers 7: En niemand verdruk nie; wat hy vir skuld as pand geneem het, teruggee; geen roof pleeg nie; aan die wat honger het, brood gee, en die wat naak is, met ‘n kleed bedek,
Vers 8: Nie leen op rente en geen woeker neem nie; sy hand terughou van onreg, eerlike regspraak oefen tussen man en man;
Vers 9: In My insettinge wandel en My verordeninge onderhou om eerlik te handel - hy is regverdig, hy sal sekerlik lewe, spreek die Here Here.
Lev 15 Vers 18: En wat die vrou aangaan met wie ‘n man vleeslike gemeenskap het, altwee moet ‘n bad neem en sal tot die aand onrein wees. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: