Vrydag 19 Maart 2010

Hoe belangrik is die eersgeboortereg?

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Gen 25 Vers 30: Toe sê Esau vir Jakob: Laat my tog sluk van die rooigoed daar, want ek is moeg. En Jakob antwoord: Verkoop eers jou eersgeboortereg aan my. En Esau sê: Kyk, ek gaan sterwe, en wat baat die eersgeboortereg my dan?
Vers 33: Toe antwoord Jakob: Sweer eers vir my. En hy het vir hom gesweer, en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop. En Jakob het aan Esau brood, en die kooksel lensies gegee, en hy het geëet en gedrink. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag.
Gen 49 Vers 3: Ruben, jy is my eersgeborene, my krag en die eersteling van my sterkte; die vernaamste in hoogheid, en die vernaamste in mag.
Deut 21 Vers 15: As ‘n man twee vroue het, een wat hy liefhet en een wat hy nie liefhet nie, en hulle baar vir hom seuns, en die eersgebore seun behoort aan die nie - geliefde vrou,
Vers 16: Dan mag hy, op die dag as hy sy seuns sy besittings laat erwe, nie die eersgeboortereg aan die seun van die geliefde vrou gee tot nadeel van die seun van die nie - geliefde vrou, die eersgeborene nie.
Vers 17: Maar hy moet die eersgeborene, die seun van die nie - geliefde vrou, erken deur aan hom ‘n dubbel deel te gee van alles wat hy besit; want hy is die eersteling van sy krag: Die eersgeboortereg is syne.
1 Kron 5 Vers 1: En die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel - want hy was die eersgeborene - maar omdat hy die bed van sy vader ontheilig het, is sy eersgeboortereg aan die seuns van Josef, die seun van Israel, gegee, maar hy moes nie in die geslagsregister volgens die eersgeboortereg aangegee word nie.
Vers 2: Want Juda was die sterkste onder sy broers, en uit hom het een ‘n vors geword, maar die eersgeboortereg het Josef gehad.
11 Kron 21 Vers 3: En hulle vader het hulle baie geskenke gegee, maar die koningskap het hy aan Joram gegee, want hy was die eersgeborene. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: