Vrydag 19 Maart 2010

Profete, Towenaars, dodebesweerders, dromers,

Profete, Towenaars, dodebesweerders, dromers, waarsêers, mense wat dooies of geeste oproep.

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Deut 13 Vers 1: As ‘n profeet of een wat as dromer optree, by jou opstaan en jou ‘n teken of wonder aankondig,
Vers 2: En die teken of wonder kom uit wat Hy jou beloof het met die woorde: laat ons agter ander gode aan loop - wat jy nie geken het nie - en hulle dien,
Deut 13 Vers 3; Dan moet jy nie luister na die woorde van die profeet of na die man wat as dromer optree nie; want die Here julle God beproef julle om te weet of julle werklik die Here julle God liefhet met julle hele hart en met julle hele siel.
Vers 5: Maar die profeet of die man wat as dromer optree, moet gedood word, want hy het afval verkondig van die Here julle God wat julle van Egipteland uitgelei en jou uit die slawehuis verlos het, deur jou af te drywe van die weg wat die Here jou God jou beveel het om daarop te wandel. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.
Vers 6: As jou broer, die seun van jou moeder, of jou seun of dogter of die vrou wat jy liefhet, of jou vriend wat soos jou eie siel is, jou in die geheim verlok en sê: Laat ons gaan en ander gode dien - wat jy en jou vaders nie geken het nie,
Vers 7: Uit die gode van die volke wat rondom julle is, naby jou of ver van jou af, van die een einde van die aarde tot by die ander einde –
Vers 8: Dan moet jy nie inwillig en na hom nie luister nie; ook mag jou oog hom nie verskoon nie, en jy mag jou nie ontferm en niks om sy ontwil wegsteek nie,
Vers 9: Maar jy moet hom sekerlik doodmaak; jou hand moet eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk.
Vers 10: En jy moet hom stenig, dat hy sterwe; want hy het probeer om jou weg te drywe van die Here jou God.
Levit 19 Vers 31: Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie.
Josua 13 Vers 22: By hulle dooies het die kinders van Israel ook Bileam, die seun van Beor, die waarsêer, met die swaard gedood.
1 Sam 9 Vers 9: Vroeër het die mense in Israel so gesê as hulle gaan om God te raadpleeg: Kom, laat ons na die siener gaan. Want die profeet van teenswoordig het hulle vroeër siener genoem.
Vers 19: Daarop het Samuel Saul geantwoord: Ek is die siener!
1 Sam 28 Vers 3: En Saul het die dodebesweerders en die waarsêers uit die land verwyder.
Vers 6: En Saul het die Here geraadpleeg, maar die Here het hom nie geantwoord nie - nie deur drome, en nie deur die Urim en nie deur die profete nie.
Vers 7: En Saul sê aan sy dienaars: Soek vir my ‘n vrou wat ‘n dodebesweerster is dat ek haar kan raadpleeg.
Vers 8: Daarop het Saul hom onherkenbaar gemaak en ander klere aangetrek, en na haar gegaan. Toe hulle in die nag by haar aankom, vra hy haar: Voorspel tog vir my deur die gees van ‘n afgestorwene en laat vir my opkom die een wat ek jou sal noem.
Vers 9: Maar die vrou sê vir hom: Jy weet tog self wat Saul gedoen het; hoe hy die dodebesweerders en waarsêers uit die land uitgeroei het. Waarom stel jy dan ‘n val vir my om my dood te maak?
Vers 10: Daarop sweer Saul vir haar by die Here en sê: Sowaar as die Here leef, geen straf sal jou ter wille hiervan tref nie.
Vers 11: En die vrou vra: Wie moet ek vir jou laat opkom? en hy sê: Laat Samuel vir my opkom.
Vers 12: Maar toe die vrou Samuel sien, skreeu sy hardop, en die vrou het met Saul gespreek en gesê: Waarom het u my bedrieg? want u is Saul self!
Vers 13: En die koning antwoord haar: Wees nie bevrees nie; maar wat sien jy? en die vrou sê vir Saul: Ek sien ‘n bonatuurlike wese uit die aarde opkom.
Vers 14: Hy vra haar toe: Hoe is sy voorkoms? en sy antwoord: ‘n Ou man kom op met ‘n mantel om. Toe Saul begryp dat dit Samuel is, buig hy na die aarde toe en val neer.
Vers 15: En Samuel sê vir Saul: Waarom verontrus jy my deur my te laat opkom? en Saul antwoord: Ek is baie benoud, want die Fillistyne voer teen my oorlog, en God het van my gewyk en antwoord my nie langer nie. Daarom het ek u geroep om my bekend te maak wat ek moet doen.
Vers 19: En Samuel sê: En die Here sal Israel ook saam met jou in die hand van die Fillistyne gee, en môre sal jy met jou seuns by my wees. (Dood)
1 Kron 10 Vers 13: En Saul het gesterwe weens ontrou wat hy teen die Here begaan het, weens die woord van die Here wat hy nie gehou het nie; en ook omdat hy die gees van ‘n afgestorwene om inligting gevra het.
Miga 3 Vers 7: En die sieners sal beskaamd staan, en die waarsêers sal bloos, en hulle almal sal die baard bedek, omdat daar geen antwoord van God kom nie.
Han 16 Vers 16: En op pad na die bidplek, kom ‘n slavin met ‘n waarsêende gees ons teë, wat vir haar eienaars deur waarsêery groot wins ingebring het.
Vers 18: En Paulus het omgedraai en gesê: Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus om uit haar uit te gaan; en hy het dadelik uitgegaan.
Han 27 Vers 9: En Paulus het hulle gewaarsku,
Vers 10: En gesê: Ek sien dat die skeepsreis met ramp en groot skade verbonde sal wees. (En dit was so.) (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: