Vrydag 19 Maart 2010

Liefde, hartseer en: Waar is die liefde geleë?

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
1 Sam 18 Vers 1: En nadat hy sy gesprek met Saul beëindig het, het die siel van Jonathan verkleef geraak aan die siel van Dawid, en Jonathan het hom liefgekry soos sy eie siel. (Die siel woon in die bloed.)
1 Sam 20 Vers 41: Terwyl die dienaar huis toe gaan, staan Dawid op van die suidekant en val met sy aangesig op die aarde en buig drie maal; daarna het hulle mekaar gesoen en saam geween, totdat Dawid hardop gesnik het. (Soen mekaar met ‘n Heilige kus – op die wang.)
11 Sam 1 Vers 26: Ek is benoud om jou ontwil, my broer Jonatan! jy was vir my baie lieflik; jou liefde was vir my wonderliker as die liefde van vroue. (Die liefde van ‘n opregte vriend.)
11 Sam 18 Vers 33: Toe koning Dawid hoor dat sy seun Absalom dood was, het hy rondgeloop in die bovertrek en gesê: My seun Absalom, my seun, my seun Absalom! ag, as ek maar in jou plek gesterf het! Absalom, my seun, my seun!
11 Sam 19 Vers 4: En die koning het sy gesig toegemaak, en die koning het hardop uitgeroep: My seun Absalom! Absalom, my seun, my seun!
11 Sam 21 Vers 8: Toe neem die koning onder andere die twee seuns van Rispa,
Vers 9: En hy het hulle oorgegee in die hand van die Gibeoniete, wat hulle opgehang het.
Vers 10: En Rispa het ‘n sak geneem, en dit vir haar oopgespan op die rots, en sy het die voëls oordag nie toegelaat om op hulle te gaan sit nie, en ook nie die diere van die veld in die nag nie.
1 Kon 8 Vers 18: Het die Here aan my vader Dawid gesê: Dat dit in jou hart was om vir My Naam ‘n huis te bou - daarin het jy goed gehandel, dat dit in jou hart was. (Die Vader weet waaraan ons dink deur middel van die Heilige Gees wat in ons is.)
Hoogl 2 Vers 7: Ek besweer julle, dogters van Jerusalem, by die gemsbokke of takbokke van die veld, om nie die liefde wakker te maak of op te wek voordat dit die liefde behaag nie. (As jy jou seksdrange opwek soek jy dit daarna elke dag, en op die ou end is dit omtrent al waaraan jy kan dink as jy nie 'n vrou het om dit te bevredig nie.)
Hooglied 4 Vers 7: U het my hart gesteel, my sustersbruid, met een straal van u oë, met een kettingkie van u halssieraad. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: