GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Spr 28 Vers 9: Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is ‘n gruwel.
Joh 7 Vers 19: En Jesus sê: Het Moses julle nie die wet gegee nie? en niemand van julle hou die wet nie.
Matt 5 Vers 17: En Jesus Sê: Moenie dink dat Ek gekom het om die wet en die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.
Vers 18: Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.
Vers 19: Elkeen wat dus een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense so leer, sal die minste genoem word in die Koninkryk van die hemele, maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die Koninkryk van die hemele.
Deut 5 Vers 2: Die Here onse God het by Horeb met ons ‘n verbond gesluit.
Vers 3: Met ons vaders het die Here hierdie Verbond nie gesluit nie, maar met ons self, ons wat vandag hier almal in die lewe is.
Jer 6 Vers 16: So spreek die Here: Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir jul siel. Maar hulle het gesê: Ons wil daarin nie wandel nie.
Jer 18 Vers 15: Nogtans het My volk My vergeet, hulle laat rook opgaan vir die nietige afgode; die het hulle laat struikel op al hul weë, op die ou paaie, om te loop op sypaaie, ‘n ongemaakte pad.
Mal 4 Vers 4: Dink aan die wet van Moses, My kneg, insettinge en verordeninge.
Luk 16 Vers 17: Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val.
Vers 18: Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.
Joh 7 Vers 19: En Jesus Sê: Het Moses julle nie die wet gegee nie? en niemand van julle hou die wet nie.
Rom 7 Vers 7: Is die wet sonde? nee! inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.
11 Kon 17 Vers 13: En die Here het Israel en Juda gewaarsku deur die diens van elke profeet en elke siener en gesê: Bekeer julle van jul verkeerde weë en onderhou My gebooie, My insettinge, volgens die hele wet wat Ek julle vaders beveel het, en wat Ek deur die diens van My diensknegte, die profete, vir julle gestuur het.
Vers 14; Maar hulle het nie geluister nie, en hul nek verhard soos die nek van hul vaders, wat nie op die Here vertrou het nie.
Vers 15: En hulle het Sy insettinge en Sy verbond verwerp en agter nietige gode aangeloop, en agter die nasies aan wat rondom hulle was, van wie die Here hulle beveel het om nie soos hulle te maak nie.
Vers 16: En vir hulle gegote beelde, twee kalwers, gemaak en ‘n heilige boomstam en gebuig voor die hele leër van die hemel en baal gedien. (Ons het ook gegote beelde in ons land. Die buddha is een voorbeeld. Duisende mense is al sy aanbidders.)
Vers 17: En hul seuns en dogters deur die vuur laat deurgaan (Op kole loop) en met waarsêery omgegaan (slaan enige koerant of tydskrif oop, en die waarsêers sal jou meedeel wat sê jou sterre) en voortekens verklaar en hulleself verkoop (ons het oral hoerhuise, ons noem hulle net geselskapsdames) om te doen wat verkeerd was in die oë van die Here, om Hom te terg. (Ons is ook nou oorgegee aan Babel.)
Vers 18: So het die Here dan baie toornig op Israel geword, sodat Hy hulle van Sy aangesig verwyder het; niks het oorgebly nie as net die stam van Juda alleen. (En wat gaan God met ons maak? ons laat dieselfde toe.)
Vers 19: Selfs Juda het die gebooie van die Here hulle God nie gehou nie, maar gewandel in die insettinge van Israel wat hulle gemaak het.
Vers 20: Daarom het die Here die hele geslag van Israel verwerp en hulle verneder en hulle in die hand van rowers oorgegee totdat Hy hulle van Sy aangesig weggewerp het. (Na Babel as ballinge - swartmense. God noem hulle rowers.)
Deut 28 Vers 58: As jy nie sorgvuldig al die woorde van hierdie wet hou wat in hierdie boek geskryf is, om hierdie heerlike en gedugte Naam, die Here jou God, te vrees nie,
Vers 59: Dan sal die Here oor jou en oor jou nageslag buitengewone plae bring, groot en aanhoudende plae, en kwaadaardige en aanhoudende siektes;
Vers 60: En Hy sal weer op jou bring al die kwale van Egipte waarvoor jy bang was, sodat hulle jou aanklewe.
Vers 61: Ook allerhande siektes en allerhande plae wat in die boek van hierdie wet nie geskrywe is nie, die sal die Here teen jou laat opkom totdat jy verdelg is.
Vers 62: En julle sal met min mense oorbly, in plaas dat julle gewees het soos die sterre aan die hemel in menigte, omdat jy nie geluister het na die stem van die Here jou God nie.
Vers 63: En soos die Here oor julle bly was om aan julle goed te doen en julle te vermenigvuldig, so sal die Here oor julle bly wees om julle tot niet te maak en julle te verdelg; en julle sal uitgeruk word uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
Neh 1 Vers 9: Maar as julle jul tot My bekeer en My gebooie onderhou en dit doen - al was julle verjaagdes aan die einde van die hemel, dan sal Ek hulle daarvandaan versamel en hulle bring na die plek wat Ek verkies het om My Naam daar te laat woon.
Deut 30 Vers 10: As jy na die stem van die Here jou God luister om Sy gebooie en Sy insettinge te hou wat in hierdie wetboek geskrywe is; as jy jou tot die Here jou God bekeer met jou hele hart en jou hele siel.
Vers 11: Want hierdie gebod wat Ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie.
Spr 2 Vers 1: My seun, as jy My woorde aanneem en My gebooie by jou bewaar,
Vers 5: Dan sal jy die vrees van die Here verstaan en die kennis van God vind.
Psa 19 Vers 8: Die wet van die Here is volmaak; dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is gewis: Dit gee wysheid aan die eenvoudige.
Vers 9: Die bevele van die Here is reg: Hulle verbly die hart; die gebod van die Here is suiwer: Dit verlig die oë.
Psa 112 Vers 1: Welgeluksalig is die man wat die Here vrees, wat ‘n groot welbehae in Sy gebooie het.
Vers 3: Oorvloed en rykdom is in sy huis; en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.
Psa 119 Vers 1: Welgeluksalig is die opregtes van weg, wat in die wet van die Here wandel.
Spr 4 Vers 5: Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die Woorde van My mond nie;
Matt 19 Vers 17: En Jesus sê vir hom: Waarom noem jy My goed? niemand is goed nie, behalwe Een, naamlik God. Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.
Rom 2 Vers 12: Want almal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word.
Jak 1 Vers 22: En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.
Gal 2 Vers 16: Terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie. (Die wet beteken niks as u nie in Jesus glo nie, maar ons moet nog steeds die wet onderhou.)
Ga13 Vers 6: Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken.
Vers 13: Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang. (Ek stem nie saam dat die wet 'n vloek is nie. Dit is 'n wonderlike wet, en indien ons almal daarvolgens sou lewe, was die bevolking van die aarde almal regverdiges.)
Jak 2 Vers 10: Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword. (Ek stem nie saam nie - as jy aan iets onreins raak , is jy nie skuldig aan moord nie. Daar is sondes wat nie gestraf word met die dood nie. Sien: Is daar klein en groot sondes?)
1 Joh 5 Vers 3: Want dit is die liefde tot God, dat ons Sy gebooie bewaar; en Sy gebooie is nie swaar nie. (Die tien gebooie dus, nie die hele wet nie.)
Openb 22 Vers 14: Salig is hy wat die gebooie onderhou, sodat hy kan reg hê op die boom van die lewe, en ingaan deur die poorte in die stad.
Vers 15: Geen sondaar sal in die stad kan ingaan nie, geen towenaars, hoereerders, moordenaars, afgodedienaars of iemand wat leuens liefhet nie.
Vers 16: Ek, Jesus, het My engel gestuur om hierdie dinge aan julle bekend te maak.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Vrydag 19 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking