Vrydag 19 Maart 2010

Sewe dinge wat God haat

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Spr 6 vers 1: My seun, as jy vir jou naaste borg gestaan het, vir ‘n vreemde jou handslag gegee het,
Vers 2: Verstrik is in die woorde van jou mond, gevang is deur die woorde van jou mond,
Vers 3: Doen dan dit, my seun, om jouself te red - want jy het in die hand van jou naaste geraak - gaan werp jou neer en bestorm jou naaste,
Vers 4: Gun jou oë geen slaap en jou ooglede geen sluimering nie;
Vers 5: Red jou soos ‘n gemsbok uit die hand, en soos ‘n voël uit die hand van die voëlvanger.
Spr 6 vers 6: Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys!
Vers 7: Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie,
Vers 8: Maak sy brood klaar in die Somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd.
Vers 9: Hoe lank, luiaard, sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit jou slaap?
Vers 10: Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer, nog ‘n bietjie hande vou om uit te rus!
Vers 11: So kom dan jou armoede soos ‘n rondloper en jou gebrek soos ‘n gewapende man.
Spr 6 vers 12: ‘n Deugniet, ‘n kwaaddoener is hy wat met ‘n valse mond rondloop.
Vers 13: Wat met sy oë knip, met sy voete beduie, met sy vingers tekens gee.
Vers 14: In wie se hart valse streke is, wat altyd onheil bewerk en tweedrag saai.
Vers 15; Daarom sal sy ondergang skielik kom, onvoorsiens sal hy verbreek word sonder dat daar genesing voor is.
Vers 16: Hierdie ses dinge haat die Here, en sewe is vir Sy Siel ‘n gruwel.
Vers 17: Trotse oë, ‘n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet.
Vers 18: ‘n Hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop.
Vers 19: Een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai.
Spr 30 Vers 15: Die bloedsuier het twee dogters: Gee, gee! drie is dit wat nooit versadig word nie; vier sê nooit, nooit genoeg nie!
Vers 21: Onder drie bewe die aarde, en onder vier kan hy dit nie uithou nie:
Vers 22: Onder ‘n slaaf as hy koning word, en ‘n dwaas as hy volop brood het.
Jes 26 Vers 10: Word aan die goddelose genade bewys, dan leer hy geen geregtigheid nie; wat onreg is, doen hy aan ‘n land van reg, en hy sien die hoogheid van die Here nie. (By ons kom hulle weg met moord.) (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: