Woensdag 17 Maart 2010

Om te vas

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Jes 58 Vers 3: Waarom vas ons, en sien U dit nie? waarom kwel ons ons siel, en U weet dit nie? kyk, op die dag as julle vas, soek julle geleentheid om sake te doen, en julle jaag al jul arbeiders aan.
Vers 4: Kyk, om te twis en te kyf, vas julle, en om te slaan met misdadige vuis; julle vas nie nou om julle stem in die hoogte te laat hoor nie.
Vers 5: Is dit die vas wat Ek verkies? die dag as die mens sy siel gaan kwel: Dat hy sy hoof buig soos ‘n biesie en sak en as uitsprei om sy bed te wees? noem jy dit vas en ‘n dag wat die Here welgevallig is?
Vers 6: Is dit nie die vas wat Ek verkies nie: Dat julle losmaak die bande van goddeloosheid, dat julle afhaal die stroppe van die juk en vry laat weggaan die verdruktes en elke juk stukkend breek?
Jes 58 Vers 7: Is dit nie dat jy jou brood breek vir hom wat honger het, en ellendiges, swerwelinge in die huis inbring nie? as jy iemand sien wat naak is, dat jy hom klee, en jou vir jou eie vlees nie verberg nie? (Jou volk, jou naaste)
Vers 8: Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jou genesing skielik uitspruit; en jou geregtigheid sal voor jou uit gaan, die heerlikheid van die Here jou agterhoede wees.
Vers 9: Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord; jy sal skreeu om hulp, en Hy sal sê: Hier is Ek! as jy van jou verwyder die verdrukking, die uitsteek van die vinger en die leuenagtige woord.
Vers 10: En jou siel laat uitgaan na die hongerige, en die neergeboë siel versadig; dan sal jou lig opgaan in die duisternis en jou donkerheid soos die middag.
Vers 11: En die Here sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak! en jy sal wees soos ‘n tuin wat goed besproei is en soos ‘n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie.
Vers 12: En die wat uit jou voortkom, sal die ou puinhope bou; die fondamente van vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van gebreekte mure, hersteller van paaie, om bewoonbaar te maak.
Dan 10 Vers 2: In daardie dae het ek, Daniël, drie volle weke getreur.
Vers 3: Smaaklike spys het ek nie geëet en vleis en wyn het nie in my mond gekom nie; en ek het myself glad nie gesalf nie, totdat drie volle weke om was.
Sag 8 Vers 19: So sê die Here: Die vasdag in die vierde, vyfde, sewende en tiende maand moet vir die huis van Juda ‘n vreugde en blydskap wees en vrolike feestye, maar julle moet die waarheid en die vrede liefhê
Matt 6 Vers 16: En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hulle gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.
Vers 17: Maar as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig, sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is, en in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
Matt 9 Vers 15: En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan treur solank as die bruidegom by hulle is? maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas. Na Jesus se kruisiging)
Luk 2 Vers 37: En sy was ‘n weduwee van omtrent vier-en-tagtig jaar. Sy het nie weggebly van die tempel nie, en met vaste en gebede God gedien, nag en dag.
Luk 5 Vers 35: Maar daar sal dae kom wat die Bruidegom van hulle weggeneem word; dan sal hulle vas, in daardie dae.
Han 27 Vers 33: En teen die tyd dat dit dag sou word, het Paulus almal op die skip aangemoedig om voedsel te gebruik en gesê: Dit is vandag die veertiende dag dat julle in afwagting bly vas sonder om iets te gebruik.
Vers 34: Daarom raai ek julle aan om voedsel te neem, want dit dien tot julle behoud; want van niemand onder julle sal ‘n haar van sy hoof val nie.
Vers 36: En hulle het almal moed geskep en voedsel geneem. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: