GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Esra 9 Vers 11: Die land waar julle inkom om dit in besit te neem, is ‘n onrein land vanweë die onreinheid van die volke van die lande, deur hulle gruwels waarmee hulle dit van die een end tot die ander vervul het in hulle onreinheid.
Vers 12: Gee dan nou nie julle dogters aan hulle seuns en neem hulle dogters nie vir julle seuns nie, en soek tot in ewigheid nie hulle vrede en geluk nie.
Josua 23 Vers 12: Want as julle ooit mag afwyk, en hierdie nasies aanhang wat nog met julle saam oorgebly het, en julle julle met hulle verswaer, en hulle met julle, en hulle met julle meng,
Vers 13: Weet dan verseker dat die Here julle God hierdie nasies nie langer voor julle uit sal verdrywe nie; maar hulle sal vir julle ‘n vangnet en ‘n strik wees, en ‘n angel in julle sye en dorings in julle oë, totdat julle omkom.
Rigt 2 Vers 2: Julle mag geen verbond met die inwoners van hierdie land maak nie.
Deut 9 Vers 4: Want weens die goddeloosheid van hierdie nasies verdryf die Here hulle voor jou uit.
Deut 18 Vers 14: Want hierdie nasies wat jy uit hul besittings verdrywe, luister na goëlaars en waarsêers.
Psa 105 Vers 44: En Hy het aan hulle die lande van die heidene gegee.
Lev 20 Vers 23: En julle mag nie wandel in die insettinge van die nasies wat Ek voor julle uit verdrywe nie; want al hierdie dinge het hulle gedoen, daarom het Ek ‘n afsku van hulle gekry. (Maar ons valse predikante sê hulle is jou naaste!)
Vers 24: Julle sal hulle land in besit neem, en Ek sal dit aan julle as besitting gee.
1 Kon 11 Vers 2: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie.
11 Kor 6 Vers 14: Gaan onder hulle uit en sonder julle af, en Ek sal julle aanneem. (Hoekom het die predikante hierdie versies vir ons weggesteek?)
Jes 57 Vers 21: Geen vrede sê my God, vir die goddelose nie!
Matt 10 Vers 34: En Jesus sê: Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. (Omdat ons valse priesters en skrifgeleerdes sê ons leef nou in die duisend jaar van vrede, verwar dit die meeste mense. Die duisend jaar van vrede, waar Jesus self oor ons sal heers lê nog voor. Dit sal eers begin met Sy wederkoms.)
Deut 20 vers 10: As jy naby ‘n stad kom om daarteen te veg, moet jy dit vrede aanbied.
Vers 11: En as dit jou ‘n antwoord van vrede gee en vir jou oopmaak, moet die hele volk wat daarin gevind word aan jou dienspligtig wees en jou dien.
Vers 12: Maar as dit geen vrede met jou sluit nie, maar oorlog teen jou wil voer, moet jy dit beleër, en die Here jou God sal dit in jou hand gee.
Vers 16: Maar van die stede van hierdie volke wat die Here jou God jou as erfenis sal gee, moet jy niks wat asem het laat lewe nie.
Pred 3 vers 1: Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd.
Vers 8: ‘n Tyd om lief te hê en ‘n tyd om te haat, ‘n tyd vir oorlog en ‘n tyd vir vrede.
Luk 12 vers 5 1: Dink julle dat Ek gekom het om vrede op aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid.
Joh 16 vers 33: Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê.
1 Thess 5 vers 2: Want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag.
Vers 3: Want wanneer hulle sê: vrede en veiligheid - dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood van ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Woensdag 17 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking