GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
1) Matt 4 Vers 18: Simon, wat genoem word Petrus, ‘n visserman;
2) En sy broer Andreas, ‘n visserman.
3) Matt 4 Vers 21: Jakobus, ‘n visserman;
4) En sy broer Johannes, ‘n visserman.
5) Matt 9 Vers 9: Mattheus die tollenaar.
6) Matt 10 Vers 3: Filippus.
7) Bartholomeus.
8) Thomas.
9) Jakobus.
10) Lebbeus, wat genoem word Thaddeus.
11) Matt 10 Vers 4: Simon Kananites
Luk 6 Vers 15: Wat yweraar genoem word.
12) Judas Iskariot, wat die verraaier geword het.
13) Hand 1 Vers 13: Judas, die seun van Jakobus.
Vers 23: Josef, wat genoem is Barsabas, sy bynaam: Justus.
12) Vers 26: Matthias.
Mat 10 Vers 5: Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in ‘n stad van die Samaritane nie; (Gemengde volk.)
Vers 6: Maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.
13) Matt 27 Vers 57: Josef.
14) Mark 2 Vers 14: Levi, die tollenaar.
Mark 6 Vers 7: En Hy het hulle twee-twee begin uitstuur, en het hulle mag gegee oor die onreine geeste.
Vers 8: En hulle bevel gegee om niks vir die pad saam te neem nie as net ‘n stok alleen - geen rugsak, geen brood, geen geld in die beurs nie.
Vers 9: Maar skoene aan die voete; en: Julle moet nie twee kledingstukke aantrek nie.
Vers 10: Waar julle ookal in ‘n huis mag kom, bly daar totdat julle daarvandaan vertrek.
Mark 6 Vers 11: En almal wat julle nie ontvang of na julle luister nie, gaan daarvandaan weg, en skud die stof onder julle voete af tot ‘n getuienis teen hulle. Voorwaar Ek sê vir julle: Dit sal vir Sodom of Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad.
Vers 13: En hulle het baie duiwels uitgedryf, en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak.
Luk 6 Vers 13: En Hy het die twaalf dissipels apostels genoem.
Luk 10 Vers 1: En na hierdie dinge het Jesus weer sewentig ander dissipels aangestel, en hulle twee-twee voor hom uitgestuur na elke stad waar Hy sou kom.
Luk 17 Vers 6: En Jesus sê: As julle geloof gehad het soos ‘n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant - en hy sou julle gehoorsaam wees.
Luk 22 Vers 3: En die satan het in Judas gevaar, wat Iskariot genoem word, en wat uit die getal van die twaalf was.
Luk 22 Vers 26: Maar so moet julle nie wees nie; maar die oudste onder julle moet word soos die jongste, en wie ‘n leier is, soos een wat dien.
Vers 29: En Ek beskik vir julle ‘n Koninkryk soos My Vader dit vir My beskik het.
Vers 30: Sodat julle kan eet en drink aan My tafel in My Koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel.
Luk 22 Vers 36: Toe sê Jesus vir hulle: Maar nou, wie ‘n beurs het, laat hom dit neem, en so ook die reissak; en wie dit nie het nie, moet sy kleed verkoop en ‘n swaard koop.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Woensdag 17 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking