Woensdag 17 Maart 2010

Dawid se helde

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
11 Sam 23 Vers 8: Adino, hy het agthonderd op een keer laat sneuwel.
Vers 9: Eliasar, onder die drie helde by Dawid - hy het opgestaan en onder die Fillistyne geslaan totdat sy hand moeg geword het en sy hand aan die swaard gekleef het. En die manskappe het teruggekom agter hom aan net om te buit.
Vers 11: Samma, hy het hom opgestel in die middel van die stuk land, en dit afgeneem van die Fillistyne.
Vers 18: En Abisai. Hy was hoof oor die drie en het sy spies geswaai oor honderd wat gesneuwel het.
Vers 20: Benaja - Hy het twee groot helde van Moab verslaan, en hy het ‘n leeu binne ‘n kuil doodgeslaan op ‘n sneeudag.
Vers 21: Hy het ook ‘n Egiptenaar verslaan. In sy hand was ‘n spies, maar hy het geveg met ‘n stok, en die spies afgeneem, en hom daarmee gedood.
1 Kon 20 Vers 13: Opeens kom daar ‘n profeet na Agab, die koning van Israel, en sê: So spreek die Here: het jy hierdie groot menigte gesien? kyk, Ek gee hulle vandag in jou hand, dat jy kan weet dat Ek die Here is.
11 Kon 19 Vers 7; Kyk, Ek sal ‘n gees in hom gee, dat hy ‘n gerug hoor en na sy land terugtrek, en Ek sal hom in sy land deur die swaard laat val.
Vers 33: Met die pad wat hy gekom het, sal hy teruggaan; maar in hierdie stad sal hy nie inkom nie, spreek die Here.
Vers 34: Ek sal hierdie stad beskut, om dit te verlos, ter wille van My en my kneg Dawid.
Vers 35; En in dieselfde nag het die engel van die Here uitgetrek en in die laer van die Asirriërs honderd-vyf-en-tagtigduisend man verslaan; en toe hulle in die môre klaarmaak - was dit almal dooie liggame.
1 Kron 5 Vers 20: En hulle het hulp gekry teen hulle, en die Hagareners is in hulle hand oorgegee, en almal wat met hulle saam was; want hulle het God aangeroep in die oorlog, en Hy het hulle verhoor, omdat hulle op Hom vertrou het.
11 Kron 18 Vers 3 1: En toe die owerstes van die waens Josafat sien, sê hulle: dit is die koning van Israel! en hulle het hom omsingel om te veg; maar Josafat het geskreeu, en die Here het hom gehelp, en God het hulle van Hom weggelok.
11 Kron 20 Vers 25: En hulle het drie dae geneem om die buit na die oorlog in te samel, want die buit was groot.
Vers 28: En hulle het Jerusalem ingetrek met harpe en siters en trompette, na die huis van die Here!!!
11 Kron 32 Vers 21: Toe stuur die Here ‘n engel, en Hy het al die dapper helde en bevelhebbers en owerstes in die laer verdelg.
Psalm 144 Vers 1: Geloofd sy die Here, my Rots, wat my hande leer om te veg, my vingers om oorlog te voer. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: