GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Eseg 39 Vers 2: En Ek sal jou weglok en jou lei en jou laat optrek uit die agterhoeke van die noorde en jou laat kom op die berge van Israel.
Vers 4: Op die berge van Israel sal jy val, jy en al jou leërs, en die volke wat saam met jou is. Aan die roofvoëls van allerhande vere en aan die wilde diere van die veld het Ek jou as voedsel gegee.
Vers 5: Op die oop veld sal jy val, want Ek het dit gesê.
Vers 6: En Ek sal ‘n vuur slinger in Magog en onder hulle wat in die kuslande veilig woon;
Vers 7: En Ek sal My Heilige Naam bekend maak onder My volk Israel.
Vers 8: Kyk, dit kom, en gebeur. Dit is die dag waarvan Ek gespreek het. (Die wederkoms van Jesus.)
Vers 9: En die inwoners van die stede van Israel sal uitgaan en vuur maak en stook met die wapens; en hulle sal daarmee vuur maak sewe jaar lank.
Vers 10: Sodat hulle geen hout uit die veld sal dra of in die bosse sal kap nie, maar met die wapens vuur sal maak; en hulle sal plunder die wat hulle geplunder het, en berowe die wat hulle beroof het.
Vers 11: In die dag sal Ek aan Gog ‘n plek gee waar ‘n graf sal wees in Israel, die dal van die trekkers aan die oostekant van die see, en dit sal vir die deurtrekkers die pad toemaak; en daar sal hulle Gog begrawe en sy hele menigte, en dit noem: Die dal van Gog se menigte.
Vers 12: En die huis van Israel sal hulle begrawe om die land te reinig, sewe maande lank.
Vers 13: En al die mense van die land sal begrawe, en dit sal hulle roem wees, die dag as Ek My verheerlik, spreek die Here Here.
Vers 14: Ook sal hulle vaste manne afsonder wat die land deurgaan en die trekkers begrawe wat bo-op die grond oorgebly het, om dit te reing. Aan die einde van sewe maande sal hulle ‘n ondersoek instel,
Vers 15: En sien een van hulle wat deur die land trek, ‘n mensebeen, dan rig hy daarby ‘n merkteken op, totdat die begrawers dit begrawe het in die dal van Gog se menigte.
Vers 16: En ook sal die naam van ‘n stad wees Hamona.
Vers 22: En die huis van Israel sal weet dat Ek die Here hulle God is, van die dag af verder.
Vers 23: En die nasies sal weet dat die huis van Israel vanweë hul ongeregtigheid in ballingskap gegaan het; omdat hulle teen My troubreuk begaan het, het Ek My aangesig vir hulle verberg en hulle in die hand van hul teëstanders oorgegee, sodat hulle almal deur die swaard geval het.
Vers 25: Nou sal Ek die lot van Jakob (Israel) verander.
Vers 26: En hulle sal hul smaad vergeet en al hul ontrou wat hulle teen My begaan het, as hulle in hul land veilig woon en daar niemand is wat hulle verskrik nie.
Vers 27: En Ek sal My in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van baie nasies.
Vers 29: En Ek sal My aangesig vir hulle nie meer verberg nie.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Woensdag 17 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking