GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
11 Sam 9 Vers 13: En koning Dawid het aan Mefiboset guns bewys, en hy het in Jerusalem gewoon, want hy het altyddeur aan die koning se tafel geëet; en hy was lam aan altwee voete.
1 Kon 14 Vers 4: En die vrou het by die huis van Ahia, die profeet gekom. En Ahia kon nie sien nie, want sy oë was styf vanweë sy ouderdom.
1 Kon 15 Vers 11: En koning Asa het gedoen wat reg is in die oë van die Here, net soos sy vader Dawid.
Vers 23: Maar in die tyd van sy ouderdom het hy aan sy voete gely.
11 Kon 13 Vers 14: En toe die profeet Elisa siek was aan die siekte waaraan hy sou sterwe,
11 Kron 16 Vers 12: En sy siekte was baie ernstig; maar selfs in sy siekte het hy die Here nie geraadpleeg nie, maar die geneeshere.
11 Kon 15 Vers 1: Asarja het koning oor Juda geword.
Vers 3: En hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here, net soos sy vader Amasia gedoen het.
Vers 4: Net die hoogtes is nie afgeskaf nie, en die volk het nog rook laat opgaan.
Vers 5: En die Here het die koning aangetas, sodat hy melaats was tot die dag van sy dood.
11 Kron 21 Vers 4: Toe Joram die koningskap aanvaar, het hy al sy broers en sommige van die owerstes van Israel met die swaard vermoor.
Vers 11: Hy het ook hoogtes op die berge van Juda gemaak, en die inwoners van Jerusalem laat hoereer en Juda verlei.
Vers 12: Toe skryf die profeet Elia vir hom ‘n brief:
Vers 14; Die Here sal ‘n groot plaag stuur onder u volk en seuns en vroue en al u goed. En u self sal aan baie siektes ly, aan ‘n siekte van u ingewande totdat u ingewande vanweë die siekte uitkom.
Vers 19: En teen die einde van die tweede jaar, het sy ingewande by sy siekte uitgekom, sodat hy onder hewige pyne gesterf het. En sy volk het nie vir hom ‘n wierookbrand gemaak soos vir sy vaders nie, en hy is ook nie in die grafte van die konings begrawe nie.
11 Kron 26 Vers 16: En koning Ussia het hoogmoedig geword, en in die tempel van die Here ingegaan en offerrook laat opgaan op die reukaltaar, terwyl net die priesters dit mag doen.
Vers 19: Die priesters sê toe vir hom: Gaan uit die heiligdom uit! maar Ussia het woedend geword; en terwyl hy, met die wierookpan in sy hand, woedend was op die priesters, slaan die melaatsheid op sy voorhoof uit voor die oë van die priesters, in die huis van die Here langs die reukaltaar.
Vers 21: En koning Ussia was melaats tot die dag van sy dood toe.
Job 4 Vers 6: Is jou Godsvrees nie jou hoop, jou vrome wandel nie jou verwagting nie?
Vers 7: Bedink tog, wie het ooit onskuldig omgekom, en waar is opregtes verdelg?
Vers 8: Volgens ek gesien het: Die wat onreg ploeg en moeite saai, hulle maai dit.
Vers 9: Deur die asem van God kom hulle om, en deur die geblaas van Sy toorn word hulle vernietig.
Job 5 Vers 17: Kyk, gelukkig is die man wat (vir wie) God kasty; verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie.
Vers 18: Want Hy doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar Sy hande maak gesond.
Job 8 opskrif: Die ervaring van die voorgeslagte is dat hy wat God verlaat, skielik omkom.
Vers 13: So gaan dit met almal wat God vergeet, en so vergaan die verwagting van die goddelose.
Vers 14: Sy hoop is afgesny en die voorwerp van sy vertroue is ‘n spinnerak.
Vers 15: Hy steun op sy huis, maar dit bly nie staan nie; hy klem hom daaraan vas, maar dit hou geen stand nie.
Job 8 Vers 20: Kyk, God verwerp die vrome nie, en Hy vat die kwaaddoeners nie aan die hand nie.
Vers 2 1: Terwyl Hy jou mond met gelag vervul, en jou lippe met gejuig,
Vers 22: Sal jou haters met skaamte beklee word, en die tent van die goddelose - weg is dit!
Job 42 Vers 11: En hulle het Job vertroos oor al die onheil wat die Here oor hom gebring het.
Psalm 4 Vers 9: Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o Here, alleen laat my in veiligheid woon.
Psalm 16 Vers 10: Want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat U gunsgenoot verderwing sien nie.
Psalm 38 Vers 4: (Dawid) Daar is geen heel plek in my vlees vanweë U grimmigheid nie; daar is niks gesond in my gebeente vanweë my sonde nie.
Vers 6: My wonde stink, hulle dra vanweë my dwaasheid.
Vers 7: Ek is krom, heeltemal geboë, die hele dag gaan ek in rou.
Vers 8: Want my lendene is vol ontsteking, en daar is geen heel plek in my vlees nie.
Vers 11: My hart slaan vinnig, my krag het my verlaat; en die lig van my oë, ook dit is nie by my nie.
Vers 12; Die wat my liefhet, en my vriende is, staan opsy vir my kwaal, en my nabestaandes het ver gaan staan.
Psalm 39 Vers 11: Neem U plaag van my weg; ek vergaan vanweë die bestryding van U hand. (Dit het Dawid oorgekom omdat hy moord gepleeg het.)
Psalm 55 Vers 24: Maar u, o God, sal hulle laat neerdaal in die put van vernietiging; manne van bloed en bedrog sal hul dae nie tot op die helfte bring nie; maar ek vertrou op U.
Spr 3 Vers 1: My seun, vergeet My onderwysing nie, en laat jou hart My gebooie bewaar.
Vers 2: Want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.
Spr 24 Vers 13: Eet heuning, my seun, want dit is goed, en heuningstroop is soet teen jou verhemelte.
Jes 33 Vers 24: En geen inwoner sal sê: Ek is siek nie; aan die mense wat daarin woon, is die skuld vergewe.
Mark 2 Vers 5: Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: Seun, jou sondes is jou vergewe! (Hy is dus verlam deur sy of sy voorvaders se sondes.)
Vers 12: En dadelik staan hy op en neem sy bed op en gaan uit.
Joh 5 Vers 14: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.
Joh 9 Vers 2: En Sy dissipels vra hom: Rabbi, wie het gesondig, hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is? (Die baba kon mos nie sondig nie! Dit is deur sy voorouers.)
Joh 15 Vers 1: Ek is die ware wynstok; en My Vader is die landbouer.
Vers 2: Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg. En elke loot wat vrug dra, die maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
1 Kor 11 Vers 29: Want wie op onwaardige wyse eet en drink, (by die nagmaalgebruik) eet en drink ‘n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.
Vers 30: Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ‘n aantal het ontslaap.
Vers 32: Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.
Fil 2 Vers 25: En Paulus sê: Ek het vir Epafroditus, my broeder en medewerker en medestryder na julle gestuur,
Vers 27: Want hy was ook siek tot by die dood, maar God was hom barmhartig.
Vers 30: Want ter wille van die werk van Christus het hy tot naby die dood gekom en sy lewe gewaag om aan te vul wat julle kortgekom het in die diensbetoning aan my.
Matt 9 Vers 2: En hulle het ‘n verlamde man, wat op ‘n bed lê, na Hom gebring. En Jesus sê vir hom: Seun, jou sondes is jou vergewe.
1 Pet 3 Vers 10: Want wie die lewe wil liefhê, en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie.
Rom 11 Vers 22: Let dan op die goedertierenheid en die gestrengheid van God: Gestrengheid oor die wat geval het, maar goedertierenheid oor jou as jy in die goedertierenheid bly; anders sal jy ook afgekap word.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Woensdag 17 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking