(Die merk van die dier vervolg.)
GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Dan 9 vers 27: En die vors (Israel) sal met baie lande ‘n sterk ooreenkoms sluit, van een week. (Vir 7 jaar), en gedurende die eerste helfte sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou. (Sodra daar dus, so ‘n ooreenkoms van 7 jaar gesluit word, sal ons presies weet wat gaan in watter jaar gebeur, en ook presies weet wanneer Jesus kom op die laaste dag van die 7 jaar.)
Luk 21 vers 19 tot 24: Deur julle volharding moet julle jul lewe in besit kry. En wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingel sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is. Dan moet die wat in Judea is na die berge vlug, die wat in die stad is moet uitgaan, en die wat in die buitewyke is, nie in die stad kom nie, want dit sal dae van wraak wees. En Israel sal deur die swaard val en as krygsgevangenes weggevoer word.
Vers 25: En daar sal tekens wees aan die son en maan en sterre en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid.
Vers 27: En dan sal hulle Jesus sien kom in ‘n wolk, met groot krag en heerlikheid.
Vers 31: So moet julle dan weet wanneer Jesus kom, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur.
Vers 34 tot 36: Maar pas op dat hierdie dag julle nie dalk skielik oorval deur julle dronkenskap en sorge van die lewe nie. Want soos ‘n strik sal Hy kom oor almal wat op die hele aarde woon. Waak dan en bid altyddeur sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom te ontvlug, en voor Jesus te staan. (Die wegraping.)
Dan 7 vers 23: Die dier (Antichris) se koninkryk sal op die aarde wees, en dit sal verskil van al die koninkryke, en hy sal die hele aarde verslind vertrap en verbrysel.
Vers 24: Daar sal tien konings uit daardie koninkryk opstaan, en ‘n ander een sal na hulle opstaan, en hy sal verskillend wees van die voriges, en drie van die tien konings tot ‘n val bring.
Vers 25: En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel, en hy sal probeer om tye en wet te verander, en die gelowiges sal in sy hand oorgegee word gedurende ‘n tyd, tye, en ‘n halwe tyd. ( ‘n Jaar, 2 jaar, en ‘n halwe jaar. 3 En ‘n halfjaar.)
Vers 26: Maar sy heerskappy sal hom ontneem word, en dit sal verdelg word.
Vers 27: Dan word die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges. Hulle koninkryk sal ‘n ewige koninkryk wees.
Openb 11 vers 3: En Ek sal twee profete gee (In Jerusalem) wat in sakke bekleed sal wees, en hulle sal eenduisend-tweehonderd-en-sestig dae lank profeteer. (Die en ‘n half jaar. Die laaste 3.5 jaar voor Jesus kom.)
Vers 5: As iemand hulle wil beskadig sal vuur diegene verteer. As iemand hulle wil beskadig moet hy op dieselfde wyse gedood word.
Vers 6: Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hul profesie geen reën sal val nie. (Vir drie en ‘n half jaar! ‘n droogte en hongersnood soos nog nooit tevore nie!) En hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander, en om die aarde te tref met allerhande plae so dikwels as hulle wil.
Vers 7: Na drie en ‘n half jaar sal hul gedood word.
Vers 8: En hul lyke sal lê op straat in die groot stad waar Jesus gekruisig is.
Vers 9: En mense sal hul lyke drie en ‘n halwe dag sien lê en nie toelaat dat hul lyke in die graf gelê word nie.
Vers 11: En na drie en ‘n halwe dag sal hul lewend word en op hul voete gaan staan.
Vers 12: En hulle sal opvaar na die hemel in ‘n wolk en hul vyande sal hulle aanskou.
Vers 13: Binne ‘n uur hierna sal ‘n groot aardbewing kom en ‘n tiende van die stad (Jerusalem) verwoes, en seweduisend mense sal sterf.
Vers 15: Die koningkryke van die aarde behoort nou aan God en Jesus, en Jesus sal as koning heers tot in ewigheid. (Op die aarde oor die aarde.)
Vers 18: Nou sal die tyd kom om die dode te oordeel, en om loon te gee aan Sy diensknegte, die profete, die heiliges, en aan die wat Sy naam vrees en om die verderwers van die aarde te verderf. (Die oorblywende antichriste.)
Luk 12 vers 47 en 48: En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens Sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word, maar hy wat nie geweet het nie, en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word.
Dan 8 vers 14: Tweeduisend aande en môres, (Drie en ‘n halfjaar) dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word.
Vers 17: En Hy sê: Let op mensekind, want die gesig wat Ek jou wys is die eindtyd.
Vers 19: Kyk, Ek maak jou bekend wat aan die einde gaan gebeur.
Vers 21: Die harige bok wat jy gesien het is die koning van Griekeland.
Vers 23: Dan sal ‘n koning optree hard van aangesig, en wat listige streke verstaan.
Vers 24: En sy krag sal sterk word, maar nie deur sy eie krag nie. (Satan gaan hom al sy krag gee) en hy sal buitengewoon baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer. En hy sal magtiges vernietig, en ook die volk van die heiliges.
Vers 25: Maar hy sal sonder toedoen van mensehand verbreek word (Jesus self gaan hom vernietig in die slag van Armageddon.)
Dan 11 vers 43: Die antichris sal mag hê oor baie skatte van Goud en Silwer terwyl die Libiërs en Kusiete (swartmense) hom volg.
Dan 12 vers 1: En dit sal ‘n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ‘n volk bestaan het tot op die tyd nie.
Vers 2: En baie wat in die stof van die aarde slaap sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en vir sommige vir ewig afgryslik.
Vers 3: En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig.
Vers 4: En jy Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe. Baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.
Jer 9 vers 4: Pas op, elkeen vir sy vriend, en vertrou op geen broer nie; want elke broer is net ‘n onderkruiper, en elke vriend gaan om met kwaadsprekery.
Vers 5: En hulle bedrieg elkeen sy vriend en praat nie die waarheid nie; hulle het hul tong geleer om leuens te praat, hulle maak hul moeg met verdraaiery.
Vers 7: Daarom, so sê die Here: Kyk, Ek smelt hulle en toets hulle; want hoe sou Ek anders handel vanweë die dogter van My volk?
Jer 12 vers 6: Want ook jou broers, en die huis van jou vader, ook hulle het troueloos teen jou gehandel; ook hulle roep jou hardop agterna. Glo hulle nie as hulle vriendelik met jou spreek nie.
Sag 13 vers 8: En in die ganse land, spreek die Here - twee-derdes sal daarin uitgeroei word, sal sterwe, maar een-derde daarin oorbly.
Vers 9: Dan sal Ek die derde deel in die vuur bring en hulle smelt soos ‘n mens silwer smelt, en hulle toets soos ‘n mens Goud toets.
Matt 10 vers 17: Maar pas op vir die mense. Want hulle sal julle oorlewer aan regbanke, en in hulle sinagoges sal hulle julle gesel.
Vers 18: En ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word om My ontwil tot ‘n getuienis vir hulle en vir die heidene.
Vers 19: Maar wanneer hulle julle oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle moet spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek;
Vers 20: Want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek.
Vers 21: Maar die een broer sal die ander tot die dood oorlewer en die vader sy kind, en die kinders sal teen hul ouers opstaan en hulle doodmaak.
Vers 22; En julle sal deur almal gehaat word ter wille van My naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
Vers 23: En wanneer hulle julle vervolg in die een stad, vlug na die ander toe. Want voorwaar Ek sê vir julle, julle sal met die stede van Israel sekerlik nie klaar kry voordat die Seun van die mens kom nie.
Vers 28: En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die Hel.
Vers 39: Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind. (Ons wat die merk nie aanvaar nie, gaan doodgemaak word, maar ons sal die ewige lewe vind. )
Matt 16 vers 24; As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.
Vers 25: Want elkeen wat sy lewe wil red, (en die 666 aanvaar) sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.
Matt 19 vers 23: En Jesus sê vir Sy dissipels: Voorwaar Ek sê vir julle dat ‘n ryk man beswaarlik in die koninkryk van die hemele sal ingaan.
Vers 24: En verder sê Ek vir julle: Dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan. (Weereens ‘n bewys - die persone met baie geld sal eerder die merk van die dier aanvaar op hul hand en voorhoof, en aangaan om te koop en verkoop. Dit sal vir hulle moeiliker wees om nie die merk te aanvaar nie, want dan verloor hulle al hul geld en goed.)
Matt 24 vers 8: Maar al hierdie dinge is die begin van die smarte.
Vers 9: Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van My naam.
Vers 10: En dan sal baie tot struikel gebring word, en mekaar verraai en mekaar haat.
Vers 11: En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
Vers 12: En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van meeste verkoel.
Vers 13: Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
Vers 14: En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom. (Jesus gaan dus eers kom, en gedurende die duisend jaar van vrede sal die evangelie verkondig word aan al die nasies, en dan kom die einde. Die nuwe hemel en die nuwe aarde.)
Mark 13 vers 9: Maar wees julle vir julself op die hoede, want hulle sal julle oorlewer aan regbanke, en in sinagoges sal julle geslaan word, en voor goewerneurs en konings gebring word om My ontwil.
Vers 23: Maar julle moet op jul hoede wees. Kyk, Ek het dit alles vir julle vooruit gesê.
Matt 23 Vers 13: Maar wee julle, skrifgeleerdes (Predikante) en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie. (Dit het betrekking op die predikers wat sê jy mag maar die merk, die 666 op jou hand aanvaar, jy sal niks oorkom nie, want Jesus het vir jou gesterf. Hulle gaan saam Hel toe.)
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Dinsdag 16 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking