GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Openb 19 Vers 6: Haleluja! want die Here God sal die koningskap aanvaar.
Vers 14: En die leërs van die hemel sal Jesus volg, op wit perde, bekleed met fyn wit linne.
Vers 15: En Hy sal met ‘n ysterstaf regeer oor die nasies op die aarde.
Vers 16: Hy trap die parskuip van die grimmigheid van God. (Hierna gaan Hy die antichriste oor die aarde vervolg.)
Vers 18: En die voëls sal versamel om die vlees van konings en soldate te eet.
Vers 19: En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die wit perd sit, en teen Sy leër.
Vers 20: En die antichris sal gevange geneem word saam met sy valse profeet, wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy hulle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. En lewend sal hulle in die vuurpoel gewerp word wat met swawel brand. (Daar is dus ‘n hel. ‘n Poel van vuur.)
Vers 21: En al die voëls sal versadig word van hulle vlees.
Die 1000 jaar van vrede sal nou begin
(Hierdie dinge gaan gedurende die 1000 jaar van vrede gebeur:)
Openb 20 Vers 2: En satan sal vir 1000 jaar toegesluit word.
Vers 4: Die mense wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die Woord van God sal nou herleef en as konings regeer op aarde saam met Jesus vir ‘n 1000 jaar. (Let op: Onthoof! Die valbyl gaan weer ingestel word, of andersins, dit is soos die Moslems mense doodmaak.)
Vers 5: Die ander dode sal eers na die 1000 jaar geoordeel word. (Volgens hul werke.)
Vers 6: Salig en heilig is hy wat deel het van die eerste opstanding. (Die wegraping.) Hulle sal saam met Jesus regeer as konings op die aarde, 1000 jaar lank.
Vers 7: En wanneer die 1000 jaar voleindig is sal satan oopgesluit word.
Vers 8: Die nasies sal verlei word en versamel word om oorlog te voer teen die heilige stad van Jerusalem, en hulle getal sal wees soos die sand van die see.
Vers 9: En hulle sal opkom oor die breedte van die aarde en die heilige stad omsingel. En vuur sal van God uit die hemel neerdaal en hulle verbrand.
Vers 10: En satan sal in die poel van vuur gewerp word waar die antichris en sy profeet reeds in is. En hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.
(Omdat hulle biljoene mense verlei het. Ons dink nog altyd dat Satan hoof is oor die Hel, maar eintlik was hy nog nooit daar nie, hy gaan eers na die 1000 jaar van vrede in die Hel gegooi word.)
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Dinsdag 16 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking