GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Eseg 26 Vers 2: Omdat Tirus oor Jerusalem geroep het: Ha, ha! die poort van die volke is gebreek, dit is na my toe gedraai; ek sal vol word, dit is verwoes -
Vers 3: Daarom laat Ek baie nasies teen jou optrek soos die see sy golwe laat optrek.
Vers 4: Hulle sal die mure van Tirus verwoes en sy torings afbreek; Ek sal sy puin van hom af wegvee en hom ‘n kaal rots maak.
Vers 5: Hy sal binne-in die see ‘n droogmaakplek vir nette wees; en hy sal ‘n buit vir die nasies wees.
Vers 6: En sy dogters wat op die land is sal met die swaard gedood word;
Vers 7: Ek laat Nebukadnesar, die koning van Babel, die koning van die konings, van die noorde af teen Tirus kom met ‘n menigte.
Vers 11: Hy sal met die hoewe van sy perde al jou strate vertrap; jou mense sal hy met die swaard doodmaak, en jou trotse klippilare sal op die grond val.
Vers 12: En hulle sal jou rykdom buitmaak en jou koopware roof en jou mure afbreek en jou kosbare huise omgooi; en hulle sal jou klippe en jou houte en jou puin in die water slinger.
Vers 13: En Ek sal die geruis van jou liedere laat ophou, en die klank van jou siters sal nie meer gehoor word nie.
Vers 14: Ek sal jou ‘n kaal rots maak, ‘n droogmaakplek van nette sal jy wees en nooit herbou word nie; want Ek, die Here, het dit gesê.
Vers 19: As Ek jou ‘n verwoeste stad maak, soos die stede wat nie bewoon is nie; as Ek die watervloed oor jou laat opkom en die groot waters jou oordek;
Eseg 26 Vers 20: Dan sal Ek jou laat neerdaal saam met die wat in die kuil neerdaal, na die mense van die voortyd; en Ek sal jou laat woon in die onderste plekke van die aarde, in ewige woestenye, saam met die wat in die kuil neergedaal het, sodat jy nie bewoon word nie; en Ek sal heerlikheid gee in die land van die lewendes.
Vers 21: Maar jou sal Ek tot ‘n voorwerp van verskrikking maak, en jy sal daar nie wees nie; jy sal gesoek word, maar vir ewig nie gevind word nie, spreek die Here.
Eseg 27 Vers 27: Jou goed en jou handelsartikels, jou koopware, jou seevaarders en jou stuurmanne, die wat jou lekplekke reggemaak het en die wat jou koopware verhandel het, en al jou krygsmanne wat in jou is, saam met jou hele menigte wat in jou is - hulle sal val in die hart van die seë op die dag van jou val.
Vers 34: Nou is jy verbreek van die see af in die dieptes van die waters; jou koopware en jou hele menigte het saam met jou weggesink.
Eseg 28 Vers 2: Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is ‘n god, ek bewoon ‘n godewoning in die hart van die see - terwyl jy tog ‘n mens is en jou hart gemaak het soos die hart van ‘n God;
Vers 8: In die kuil sal hulle jou laat neerdaal, en jy sal in die hart van die seë die bittere dood sterwe van een wat verslaan is.
Vers 10: Jy sal die dood van onbesnedenes sterwe, deur die hand van vreemdes; want Ek het dit gesê, spreek die Here.
Vers 18: Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom het Ek ‘n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het. (Vuurspuwende berg.)
Vers 19: AI jou bekendes onder die volke is ontsteld oor jou; jy het ‘n verskrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Maandag 15 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking