GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Jes 23 Vers 1: Godspraak oor Tirus. Huil, skepe van Tarsus! want dit is verwoes, sodat daar geen huis, geen terugkeer meer is nie. Uit die land van die Kittiërs het dit aan hulle openbaar geword.
Vers 5: As die tyding na Egipte kom, beef hulle daar van angs by die tyding aangaande Tirus.
Vers 7: Is dit julle uitgelate stad wat in die dae van die voortyd sy oorsprong het, wie se voete hom ver weggedra het om in vreemde lande te vertoef?
Vers 8: Wie het dit besluit oor Tirus, die uitdeler van krone, wie se koopmans vorste, wie se handelaars die edeles van die aarde was?
Vers 9: Die Here van die leërskare het dit besluit, om te ontheilig al die pralende trots, om die edeles van die aarde in veragting te bring.
Vers 11: Hy het Sy hand uitgestrek oor die see, koninkryke laat sidder! die Here het bevel gegee met betrekking tot Kanaan, dat sy vestings verwoes moes word. (Swart volk.)
Vers 12: En Hy het gesê: Jy sal verder nie meer uitgelate wees nie, o onteerde jonkvrou, dogter van Sidon! maak jou klaar, vaar oor na die Kittiërs toe, ook daar sal jy geen rus hê nie.
Vers 13: Kyk, die land van die Chaldeërs - dit is die volk wat tot niet gegaan het: Assur het dit bestem vir die woestyndiere, het sy wagtorings daarteen opgerig, het die paleise daarvan verwoes, het dit ‘n puinhoop gemaak.
Vers 14: Huil, skepe van Tarsis! want julle vesting is verwoes.
Vers 15: En in die dag sal Tirus vergeet word, sewentig jaar lank, soos die dae van een koning. Aan die einde van sewentig jaar sal dit met Tirus gaan volgens die hoerelied:
Vers 16: Neem die siter, gaan rond in die stad, vergete hoer! speel mooi, sing baie, dat hulle aan jou kan dink.
Vers 17: En aan die einde van sewentig jaar sal die Here op Tirus ag gee, en sy sal terugkeer na haar hoereloon en hoereer met al die koninkryke van die aarde wat op die aardbodem is.
Vers 18: Maar haar handelswins en haar hoereloon sal aan die Here heilig wees; dit sal nie opgehoop of weggesit word nie; maar haar wins sal wees vir die wat voor die Aangesig van die Here woon, om te eet tot versadiging en vir pragtige klere. (Gedurende die duisend jaar van vrede.)
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Maandag 15 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking