Maandag 15 Maart 2010

Die ondergang van Assur

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Jes 30 Vers 1: Kyk, die Naam van die Here kom van ver af, Sy toorn brand, swaar wolke kom op, Sy lippe is vol grimmigheid en Sy tong soos ‘n verterende vuur.
Vers 28: En Sy asem soos ‘n oorlopende stroom wat tot by die nek kom - om nasies te sif met ‘n sif van vernietiging; en ‘n toom wat verkeerd stuur, is in die kakebene van die volke.
Vers 29: Die lied sal by julle wees soos in die nag as die fees gevier word, en julle sal vrolik wees van hart soos die wat met die fluite loop, om te kom op die Berg van die Here, na die Steenrots van Israel.
Vers 30: En die Here sal Sy stem vol majesteit laat hoor en die neerdaling van Sy arm laat sien, met grimmige toorn en die vlam van ‘n verterende vuur, storm en stortreën en haelkorrels.
Vers 31: Want vir die stem van die Here sal Assur verskrik wees; met die stok sal Hy slaan.
Vers 32: En elke swaai van die roede wat vir hom beskik is, wat die Here op hom laat val, sal wees onder begeleiding van tamboeryn en sitermusiek, en met ‘n uitgeswaaide vegtersarm sal Hy teen hulle veg.
Vers 33: Want ‘n tofet is van gister af gereed gemaak, ook is dit vir die koning berei; diep en wyd het Hy die houtstapel daarvan aangelê met vuur en hout in menigte; die asem van die Here is soos ‘n stroom van swawel wat dit aan die brand steek.

Assur word gevonnis

Jes 33 Vers 1: Wee jou, verwoester! as jy klaar is met verwoes, sal jy verwoes word; en as jy klaar is met troubreuk, sal hulle troueloos teen jou handel.
Vers 4: Dan word jou buit weggeskraap; soos sprinkane hardloop, hardloop hulle daarop los.
Vers 8: Die grootpaaie is verlate.
Vers 9: Die land treur, dit verwelk; die Libanon staan beskaamd, dit verkwyn; Saron het geword soos ‘n woestynvlakte, Basan en Karmel staan sonder blare.
Vers 12: Dan word die volke ‘n kalkbrandery, afgekapte doringbosse wat met vuur verbrand word.
Vers 13: Hoor, julle wat ver is, wat Ek gedoen het; en julle wat naby is, erken My mag!
Jes 33 Vers 14: Wie van ons kan woon by ‘n verterende vuur?
Vers 15: Hy wat in geregtigheid wandel en spreek wat reg is, wat gewin deur afpersings versmaad, wat sy hande uitskud om geen omkoopgeskenk aan te gryp nie, wat sy oor toestop om van geen bloedskuld te hoor nie, en sy oë sluit, om wat sleg is, nie te sien nie.
Vers 16: Hy sal op hoogtes woon, rotsvestings is sy burg, sy brood word hom gegee, sy water is gewis.
Vers 17: Jou oë sal die Koning (Vir Jesus) in sy skoonheid aanskou, dit sal ‘n wyd uitgestrekte land sien.
Jes 33 Vers 19: Jy sal die onbeskaamde volk nie meer sien nie, die volk met duister, onverstaanbare spraak, met onbegryplike hakkeltong.
Vers 24: En geen inwoner sal sê: Ek is siek nie; aan die mense wat daarin woon, is die skuld vergewe. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: