Maandag 15 Maart 2010

Die Godsgerig oor Edom

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Jes 34 Vers 2: Want die toorn van die Here is oor al die nasies, en grimmigheid oor al hulle leërskare; Hy het hulle met die banvloek getref, Hy het hulle oorgegee om geslag te word.
Vers 3: En hulle gesneuweldes sal weggewerp word, en die stank van hulle lyke gaan op, en die berge smelt van hulle bloed.
Vers 5: Want My swaard het dronk geword in die hemel; kyk, dit kom af op Edom en op die volk van my banvloek, om geoordeel te word.
Jes 34 Vers 8: Want die Here hou ‘n dag van wraak, ‘n jaar van vergelding in die regsaak van Sion.
Vers 9: En sy strome sal in pik verander word en sy stof in swawel, en sy land sal brandende pik word.
Vers 10: Dit saI snags of oordag nie uitgeblus word nie; vir ewig gaan sy rook op; van geslag tot geslag lê dit woes, vir altyd en ewig trek niemand daardeur nie.
Vers 13: En sy paleise word begroei met dorings, brandnekels en distels sal in sy vestings wees. En dit sal ‘n lêplek wees vir jakkalse, ‘n verblyf vir die volstruise wees.
Jer 49 Vers 8: Vlug, draai om, skuil diep weg, o inwoners van Dedan! want Ek het die ondergang van Esau oor hom gebring, die tyd dat Ek oor hom besoeking doen.
Vers 9: As die druiwesnyers na jou toe kom, sal hulle geen na-oes laat oorbly nie; of diewe in die nag - hulle sal verniel totdat hulle genoeg het.
Vers 10: Want Ek het Esau ontbloot, Ek het sy skuilplekke oopgemaak, sodat hy hom nie kan wegsteek nie; sy geslag is verwoes; ook sy broers en sy bure en hy is daar nie.
Vers 11: Laat jou wese agterbly, en ek sal hulle in die lewe hou, en laat jou weduwees op My vertrou.
Vers 12: Kyk, hulle wat eintlik die beker nie moes drink nie, moet sekerlik drink. En jy, sou jy heeltemal ongestraf bly? jy sal nie ongestraf bly nie, maar sekerlik drink.
Vers 13: Want Ek het by Myself gesweer, spreek die Here, dat Bosra ‘n voorwerp van verbasing, van smaad, ‘n woestheid en vervloeking sal word, en al sy stede sal ewige puinhope wees.
Vers 14: Ek het ‘n tyding van die Here gehoor, en ‘n boodskapper is gestuur onder die nasies om te sê: Versamel julle en kom aan teen hom en maak julle gereed vir die oorlog.
Vers 16: Jou vreeslikheid het jou bedrieg, die vermetelheid van jou hart, o jy wat woon in die rotsklowe, jy wat die top van die heuwel in besit hou! al maak jy jou nes so hoog soos die arend - daarvandaan sal Ek jou neerwerp, spreek die Here.
Vers 17: So sal Edom dan ‘n voorwerp van verbasing word.
Vers 18: Soos die omkering van Sodom en Gomorra met hulle bure, sal daar niemand woon en geen mensekind vertoef nie.
Vers 19: Kyk, soos ‘n leeu uit die pronkbosse van die Jordaan sal daar een optrek teen die vaste woning; want in ‘n oomblik sal ek hulle daaruit wegjaag; en hom wat uitgekies is, sal Ek daaroor aanstel. Want wie is soos Ek? en wie sal My dagvaar?
Jer 49 Vers 20: Daarom, hoor die raadsbesluit van die Here wat Hy teen Edom geneem en Sy planne wat Hy teen die inwoners van Teman beraam het: Waarlik, die kleinstes van die kudde sal weggesleep word; hulle weiveld sal oor hulle verslae wees.
Vers 2 1: Van die geluid van hulle val bewe die aarde; daar is ‘n geskreeu - by die skelfsee word dit gehoor.
Vers 22: Kyk, een sal opstyg en vlieg soos ‘n arend en sy vlerke oor Bosra uitsprei; en die hart van die helde van Edom sal in die dag wees soos die hart van ‘n vrou wat in nood is.
Eseg 25 Vers 12: Omdat Edom wraaksugtig gehandel het teen die huis van Juda en hom baie skuldig gemaak het en hom op hulle gewreek het.
Vers 13: Daarom sal Ek daaruit mens en dier uitroei; en Ek sal dit ‘n puinhoop maak van Teman af, en tot by Dedan sal hulle deur die swaard val.
Vers 14: En Ek sal My wraak op Edom in die hand van My volk Israel gee. En hulle sal met Edom handel volgens My toorn en My grimmigheid;
Eseg 35 Vers 3: Ek sal my hand teen jou uitsteek en jou ‘n wildernis en ‘n woesteny maak.
Vers 4: En jou stede ‘n puinhoop.
Vers 5: Omdat jy ‘n ewige vyandskap koester en die kinders van Israel in die mag van die swaard oorgelewer het in die tyd van hulle onheil, in die tyd van uiteindelike afrekening,
Vers 6: Daarom sal Ek jou tot bloed maak, en bloed sal jou vervolg; omdat jy bloed nie gehaat het nie, sal bloed jou vervolg.
Vers 7: En Ek sal die berg Seir ‘n woesteny en wildernis maak, en uit hom uitroei die wat deurtrek en wat terugkom. (Atoombestraling?)
Vers 9: Ewige wildernisse sal Ek jou maak, en jou stede sal nie bewoon word nie.
Vers 10: Omdat jy sê: Die twee nasies daar sal ek in besit neem, die lande sal myne wees, terwyl tog die Here daar gewees het –
Vers 11: Daarom sal Ek handel volgens jou toorn en jou naywer waarmee jy uit jou haat teen hulle gehandel het.
Vers 15: Soos jy vrolik was oor die huis van Israel, omdat dit verwoes is, so sal Ek met jou maak. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: