Maandag 15 Maart 2010

Profesie teen die Ammoniete

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Jer 49 Vers 1: Oor die kinders van Ammon; so sê die Here: Het Israel geen kinders nie? het hy geen erfgenaam nie? waarom het Milkom Gad uit sy besitting verdrywe en woon sy mense in die stede daarvan?
Vers 2: Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek teen Rabba van die kinders van Ammon oorlogsgeskreeu sal laat hoor, en dit sal word ‘n woeste puinhoop, en sy onderhorige plekke sal met vuur verbrand word; dan sal Israel die wat hom in besit geneem het, in besit neem.
Vers 3: Want Milkom sal in ballingskap gaan, sy priesters en sy vorste almal saam.
Vers 5: En julle sal weggedryf word, elkeen reg voor hom uit, sonder dat iemand die swerwelinge vergader.
Vers 6: Maar daarna sal Ek die lot van die kinders van Ammon verander, spreek die Here.
Eseg 25 Vers 3: Omdat jy ha, ha! geroep het oor My Heiligdom, omdat dit ontheilig is, en oor die land van Israel, omdat dit verwoes is, en oor die huis van Juda, omdat hulle in ballingskap gegaan het -
Vers 4: Daarom gee ek jou oor aan die kinders van die Ooste as ‘n besitting, dat hulle hul laers in jou opslaan en hul wonings in jou maak; hulle sal jou vrugte eet en jou melk drink. (Chinese?)
Vers 6: Omdat jy in die hand geklap en met die voet gestamp het en bly was met volle veragting in die siel oor die land van Israel -
Vers 7: Daarom gee Ek jou as buit vir die nasies, en Ek sal jou uitroei uit die volke, en jou uit die lande verdelg; Ek sal jou vernietig. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: