GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Hos 5 Vers 10: Die vorste van Juda is soos hulle wat die grenslyne verlê. Ek sal My grimmigheid oor hulle uitgiet soos water.
Jes 22 Vers 1: Godspraak oor die dal van die gesig. Wat is dit dan met jou dat jy, jou hele bevolking, op die dakke geklim het?
Vers 2: Rumoerige, woelige stad, uitgelate vesting? die wat in jou verslaan is, is nie deur die swaard verslaan en het nie in die oorlog gesterwe nie.
Vers 3: Al jou owerstes het almal saam gevlug, sonder boog is hulle gebind; almal wat in jou gegryp is, is almal saam gebind; hulle het ver weg gevlug.
Vers 4: Daarom sê ek: Kyk weg van my af, dat ek bitterlik kan ween; dring nie aan om my te troos oor die verwoesting van die dogter van my volk nie.
Vers 5: Want dit is ‘n dag van rumoer en vertrapping en verwarring deur die Here, in die dal van die gesig - omgooi van mure en geskreeu na die gebergte toe!
Vers 6: En Elam het die pylkoker geneem, met waens, manskappe, ruiters; en Kir het die skild ontbloot.
Vers 7: Dan word jou beste dale met strydwaens gevul, en die ruiters staan gereed in die rigting van die poort.
Vers 8: En die beskutting van Juda word weggeneem. En in die dag kyk jy na die wapens in die huis van die bos,
Vers 9: En julle sien die skeure van die stad van Dawid, dat hulle baie is, en julle vang die waters van die onderste dam op.
Vers 10: En julle tel die huise van Jerusalem, en die huise breek julle af om die muur te versterk.
Vers 11: En julle maak ‘n dam tussen die twee mure vir die water van die ou dam; maar julle kyk nie na Hom wat dit gedoen het nie, en Hom wat dit lankal beskik het, sien julle nie.
Vers 12: En in die dag, roep die Here, tot geween en tot rouklag en tot kaalskering en tot omgording van die roukleed;
Vers 13:Maar kyk, daar is vreugde en vrolikheid, beeste word doodgemaak en skape geslag, vleis geëet en wyn gedrink, met die woorde: Laat ons eet en drink, want môre sterf ons.
Vers 14: Maar die Here het gesê: Waarlik, hierdie ongeregtigheid word vir julle nie versoen totdat julle sterwe nie!
Jes 31 Vers 5: Soos voëls wat vladder, so sal die Here Jerusalem beskut, beskut en red, verskoon en bevry.
Vers 8: En Assur sal val en die swaard, nie van ‘n mens nie, sal hom verteer; en hy sal voor die swaard vlug, en sy jongmanne sal dienspligtig word.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Maandag 15 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking