GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Jes 30 Vers 1: Wee die opstandige kinders, spreek die Here, wat ‘n plan uitvoer, maar dit is nie uit My nie; wat ‘n verbond sluit, en dit is nie uit My Gees nie, om sonde op sonde te stapel;
Vers 2: Wat gaan om na Egipte af te trek, en hulle raadpleeg My mond nie, om toevlug te soek onder die beskutting van Farao en om te skuil in die skaduwee van Egipte.
Vers 3: Maar die beskutting van Farao sal julle tot skande wees, en die skuiling tot smaadheid.
Vers 4: Want hulle vorste is in Soan, en hulle boodskappers het in Hanes aangekom.
Vers 5: Almal staan beskaamd vanweë die volk wat hulle geen voordeel aanbring nie, geen hulp en geen voordeel nie, maar skande en smaadheid daarby.
Vers 6: In ‘n land van benoudheid en angs, waar leeu en leeuin uitkom, adder en vlieënde draak, vervoer hulle op die rugge van esels hul rykdomme en op die bulte van kamele hul skatte, na ‘n volk wat geen voordeel bring nie.
Vers 7: En Egipte - nietig en leeg is sy hulp; daarom noem ek dit: Rahab wat stilsit.
Vers 8: Gaan nou in, skryf dit op ‘n tafel in hulle teenwoordigheid en teken dit op in ‘n boek, dat dit kan bly vir later dae, vir altyd, tot in ewigheid.
Vers 9: Want dit is ‘n wederstrewige volk, leuenagtige kinders, kinders wat die wet van die Here nie wil hoor nie;
Vers 10: Wat aan die sieners sê: Sien nie! en aan die profete: Profeteer vir ons nie wat reg is nie; spreek vleitaal oor ons, profeteer bedrieëry;
Vers 11: Wyk af van die weg, buig af van die pad, laat die Heilige van Israel voor ons aangesig verdwyn!
Vers 12: Daarom, so sê die Heilige van Israel: Omdat julle hierdie woord verwerp en vertrou op verdrukking en slinksheid en daarop steun,
Vers 13: Daarom sal hierdie skuld vir julle wees soos ‘n los stuk wat wil val, wat oorhang in ‘n hoë muur, waarvan die instorting heeltemal onverwags kom.
Vers 14: Ja, hy sal dit verbreek soos die kruik van ‘n pottebakker wat sonder verskoning stukkend geslaan word.
Vers 15: Want so sê die Here Here, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie.
Vers 16: En het gesê: Nee, maar op perde sal ons vlieg - daarom sal julle moet vlug!
Vers 17: Eenduisend van julle sal vlug vir die oorlogsgeroep van een enkele,
Vers 18: Daarom sal die Here met ongeduld wag om julle genadig te wees. Welgeluksalig is almal wat op Hom wag!
Vers 19: Want ‘n volk sal op Sion, in Jerusalem woon; jy sal nie meer ween nie, sekerlik sal Hy jou genade bewys op jou hulpgeroep; sodra Hy hoor, antwoord Hy jou.
Vers 20: Die Here gee julle wel brood van bedruktheid, maar jou leraars sal hulle nie langer verberg nie - maar jou oë sal jou leraars sien;
Jes 30 Vers 21: En jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.
Vers 22: En julle sal verontreinig die oortreksel van jou gesnede beelde van silwer en die beslag van jou gegote beeld van goud; jy sal dit weggooi soos iets wat besoedel is.
Vers 23: Dan sal Hy reën gee vir die saad waarmee jy die grond besaai. En dit sal smaaklik en voedsaam wees; jou vee sal in die dag wei op ‘n uitgestrekte weiveld;
Vers 24: En die osse en die esels wat die grond bewerk, sal voer met sout eet, wat uitgewas is met skop en gaffel.
Vers 25: En op elke hoë berg en op elke verhewe heuwel sal strome wees, waterlope, op die dag van die groot slagting as die torings val.
Vers 26: En die lig van die maan sal wees soos die lig van die son, en die lig van die son sal sewevoudig wees, soos die lig van sewe dae, op die dag as die Here die breuk van sy volk verbind en die wond gesond maak wat aan hulle geslaan is.
Jes 31 Vers 1: Wee hulle wat na Egipte aftrek om hulp en hulle verlaat op perde, en wat vertrou op strydwaens, omdat daar baie is, en op ruiters, omdat hulle talryk is, maar hulle sien nie op die Heilige van Israel en hulle soek nie die Here nie.
Vers 2: Hy sal opstaan teen die huis van die kwaaddoeners en teen die helpers van die wat ongeregtigheid bewerk.
Vers 4: So sal die Here van die leërskare neerdaal om in die stryd uit te trek teen die berg Sion en teen sy heuwel.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Maandag 15 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking