God voorspel aan die Egiptenaars en Kusiete deur ‘n uitwendige teken hulle val
GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Jes 20 Vers 2: In die tyd het die Here deur die diens van Jesaja gespreek en gesê: Gaan gord die haarmantel van jou heupe af los, en trek die skoene van jou voete af. Hy het toe so gedoen en naak en kaalvoet geloop.
Vers 3: Daarop het die Here gesê: Soos My kneg Jesaja naak en kaalvoet geloop het, drie jaar lank, as teken en sinnebeeld met betrekking tot Egipte en Kus,
Vers 4: So sal die koning van Assirië die gevangenes van Egipte en die ballinge van Kus verdrywe, jonk en oud, naak en kaalvoet en ontbloot aan die agterdele - ‘n smaad vir Egipte.
Vers 5: En hulle sal verslae wees en beskaamd staan vanweë Kus, hulle toeverlaat, en vanweë Egipte, hulle trots.
Vers 6: En die inwoners van hierdie kusland sal in die dag sê: Kyk, so gaan dit met ons toeverlaat waarheen ons gevlug het om hulp, om gered te word van die koning van Assirië - hoe sal ons dan ontvlug?
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Maandag 15 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking