GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Jer 46 Vers 9: Laat die helde uittrek, Kusiete en Putieërs wat die skild hanteer, en Ludiete wat die boog hanteer en span,
Vers 10: Maar die dag behoort aan die Here Here van die leërskare, ‘n dag van wraak, om wraak te neem op Sy teëstanders; en die swaard sal verslind. Want die Here Here het ‘n slagoffer in die noordland, by die Eeufraatrivier.
Jer 46 Vers 24: Die dogter van Egipte staan beskaamd; sy is oorgegee in die hand van die volk uit die noorde.
Vers 26: En ek sal hulle oorgee in die hand van die wat hulle lewe soek, in die hand van Nebukadnesar, die koning van Babel. Maar daarna sal dit bewoon word soos in die dae van die voortyd, spreek die Here.
Vers 27: Maar jy, my kneg Jakob, wees nie bevrees nie; en wees nie verskrik nie, o Israel! want kyk, ek verlos jou uit ver plekke en jou kroos uit die land van hul gevangenskap; en Jakob sal terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom verskrik.
Jes 19 Vers 1: Kyk, die Here ry op ‘n vinnige wolk en kom na Egipte toe; en die afgode van Egipte wankel voor Sy aangesig, en die hart van Egipte smelt in sy binneste.
Vers 2: En Ek sal Egipte teen Egipte ophits, sodat hulle sal veg, elkeen teen sy broer en elkeen teen sy naaste, stad teen stad, koninkryk teen koninkryk.
Vers 3: En die gees van Egipte sal radeloos word in sy binneste, en sy planne sal Ek verwar; dan raadpleeg hulle die afgode.
Vers 4: En Ek sal Egipte oorgee in die hand van ‘n harde meester, en ‘n strenge koning sal oor hulle heers.
Vers 5: En die waters sal uit die groot waterplas verdwyn, en die rivier sal uitdroog en droog lê. (Nyl)
Vers 6: En die strome sal stink; die strome van Egipte sal swak word en uitdroog, riet en biessies sal verwelk.
Vers 7: Die weivelde by die Nyle, by die mond van die Nyl, en elke saailand van die Nyl sal verdor, verwaai, en nie meer wees nie.
Vers 8: En die vissers sal klaag, en almal wat hoeke in die Nyl uitgooi, rou bedrywe; en die wat visnette oor die waters uitsprei, sal verkwyn.
Vers 9: En die bewerkers van uitgekamde vlas staan beskaamd, en die wewers van wit stowwe.
Vers 10: En sy steunpilare word verbrysel, almal wat vir loon werk, sielsbedroef.
Vers 11: Die vorste van Soan is net dwase, die raad van Farao se slimste raadgewers het domheid geword. Hoe kan julle vir Farao sê: Ek is ‘n seun van die wyse manne, ‘n seun van die konings uit die voortyd?
Vers 12: Waar is hulle dan, jou wyse manne? laat hulle jou tog te kenne gee, dat ‘n mens kan weet wat die Here van die leërskare oor Egipte besluit het.
Vers 13: Die vorste van Soan het dwase geword, die vorste van Nof is bedroë; Egipte is op ‘n dwaalweg gebring deur hulle wat die hoeksteen van die stamme is.
Vers 14: Die Here het daarin 'n gees van bedwelming gegiet, en Egipte is op ‘n dwaalweg gebring in al sy werk, soos ‘n dronkaard tuimel in sy uitbraaksel.
Vers 17: En die land Juda sal vir die Egiptenaars ‘n skrik wees: As iemand daarvan melding maak by hulle, bewe hulle vanweë die besluit van die Here wat Hy teen hulle geneem het.
Vers 18: In die dag sal daar vyf stede in Egipteland wees wat die taal van Kanaan spreek ( ‘n swart taal) en by die Here van die leërskare sweer; een sal genoem word: Stad van verwoesting.
Vers 19: In die dag sal daar ‘n altaar wees vir die Here binne - in Egipteland en ‘n gedenksteen vir die Here by die grens.
Vers 20: En dit sal wees ‘n teken en ‘n getuie vir die Here in Egipteland; as hulle die Here aanroep vanweë die verdrukkers, sal Hy aan hulle ‘n redder stuur en ‘n stryder wat hulle sal verlos.
Jes 19 Vers 21: En die Here sal Hom aan die Egiptenaars bekend maak, en die Egiptenaars sal die Here ken in die dag; en hulle sal Hom dien met slagoffers en spysoffers en geloftes doen aan die Here en dit betaal.
Vers 22: En die Here sal die Egiptenaars slaan, slaan en genees; en hulle sal hul tot die Here bekeer, en Hy sal hulle verhoor en genees.
Vers 23: In die dag sal daar ‘n grootpad wees van Assirië na Egipte, en Egipte sal saam met Assirië die Here dien.
Vers 24: In die dag sal Israel die derde wees naas Egipte en Assirië, ‘n seën in die midde van die aarde.
Vers 25: Omdat die Here van die leërskare hom geseën het, met die woorde: Geseënd is My volk Egipte (Egipteland) en My maaksel Assirië en my erfdeel Israel!
Eseg 29 Vers 5: En Ek sal jou wegwerp in die woestyn, jy en al die visse van jou strome. Op die oop veld sal jy val. Jy sal nie bymekaargemaak of versamel word nie; aan die wilde diere van die aarde en aan die voëls van die hemel gee Ek jou as voedsel.
Vers 6: En al die inwoners van Egipte sal weet dat Ek die Here is, omdat hulle vir die huis van Israel ‘n rietstok is -
Vers 7: As Israel jou met die hand aanvat, knak jy en skeur hulle hele skouer oop; en as hulle op jou leun, dan breek jy en laat al hulle lendene wankel.
Vers 8: Daarom bring Ek die swaard oor jou en sal mens en dier uit jou uitroei.
Vers 9: En Egipteland sal ‘n wildernis en puinhoop word, en hulle sal weet dat Ek die Here is, omdat hy sê: Die Nyl is myne, en ek het dit gemaak.
Vers 10: Daarom het Ek dit teen jou en teen jou strome; en Ek sal Egipteland ‘n volkome puinhoop maak, ‘n wildernis van Migdol af tot by Siëne, en tot by die grens van Kus.
Vers 11: Geen mens se voet sal daar deurgaan nie, en geen dier se poot sal daar deurgaan nie, en dit sal veertig jaar lank onbewoond wees. (Atoom bestraling.)
Vers 12: En dit sal ‘n wildernis wees veertig jaar lank, en ek sal die Egiptenaars verstrooi onder die nasies en hulle versprei in die lande.
Vers 13: Aan die einde van veertig jaar sal Ek die Egiptenaars versamel uit die volke waarheen hulle verstrooi was.
Vers 14: En Ek sal die lot van die Egiptenaars verander en hulle laat teruggaan na die land Patros, na die land van hulle oorsprong; en daar sal hulle ‘n koninkryk van geringe betekenis wees.
Vers 15: En dit sal geringer wees as die ander koninkryke en hom nie meer bo die nasies verhef nie; en Ek sal hulle klein maak, sodat hulle nie heers oor die nasies nie.
Eseg 30 Vers 3: Want naby is ‘n dag, ja, naby is ‘n dag van die Here, ‘n dag van wolke; die tyd van die nasies sal dit wees.
Vers 4: Dan sal die swaard in Egipte kom, en daar sal angs in Kus wees as die wat verslaan is, val in Egipte, en as hulle sy rykdom wegneem en sy fondamente afgebreek word.
Vers 5: Kus en Puteërs, Ludiete en die hele gemengde bevolking sal val.
Vers 6: Ja, hulle sal val wat Egipte ondersteun.
Vers 7: En dit sal verwoes wees.
Vers 8: En hulle sal weet dat Ek die Here is, as Ek ‘n vuur werp in Egipte. (Son 7 x sy sterkte.)
Vers 9: In die dag sal daar boodskappers voor My wegvaar in skepe om die sorgelose Kus te verskrik; (Al die swart lande in Afrika) en dan sal daar angs onder hulle wees soos in die dag van Egipte. Want kyk, dit kom!
Vers 10: Ek sal aan die menigte van Egipte ‘n einde maak deur die hand van Nebukadnesar, die koning van Babel. (Deur swartmense.)
Vers 14: En Ek sal Patros verwoes en ‘n vuur werp in Soan.
Vers 16: En Ek sal ‘n vuur werp in Egipte; Sin sal bewe van angs.
Vers 18: En in Tagpanhes word die dag duister; ‘n wolk sal dit oordek.
Vers 25: Ja, Ek sal die arms van die koning van Babel versterk, maar Farao se arms sal afval; en hulle sal weet dat Ek die Here is as Ek my swaard in die hand van die koning van Babel gee, dat hy dit kan uitstrek oor Egipte.
Eseg 32 Vers 7: En as Ek jou uitblus, sal Ek die hemel oordek en sy sterre verdonker; Ek sal die son met wolke oordek, en die maan sal sy lig nie laat skyn nie.
Vers 8: Al die skynende ligte aan die hemel, die sal Ek om jou ontwil duister maak, en Ek sal duisternis gee oor jou land, spreek die Here.
Vers 13: En Ek sal al sy vee laat omkom by die groot waters; en geen mensevoet sal dit weer laat roer nie en geen dier se kloue dit troebel maak nie.
Vers 14: Dan sal Ek hulle waters laat besink en hulle riviere laat vloei soos olie.
Eseg 32 Vers 21: Die magtigste helde sal hom, met sy helpers, toespreek uit die doderyk uit: Hulle het neergedaal, hulle lê daar - die onbesnedenes, verslaan deur die swaard.
Vers 32: Want Ek het skrik vir hom versprei in die land van die lewendes; daarom sal hy neergelê word onder die onbesnedenes.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Maandag 15 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking