Maandag 15 Maart 2010

Eindtyd vervolg

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Openb 17 Vers 14: Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin - want Hy is die Here van die Here en die Koning van die konings - en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou.
Amos 8 Vers 9: En in die dag, spreek die Here Here, laat Ek die son op die middag ondergaan en vir die aarde die lig duister word terwyl dit nog dag is.
Openb 19 Vers 15: En uit Sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer.
Vers 16: En Hy dra op Sy kleed en op Sy heup die naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die Here.
Deut 4 Vers 30: As jy in die nood is, en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die Here jou God terugkeer en na Sy stem luister.
1 Sam 2 Vers 35: En Ek sal vir My ‘n getroue priester verwek wat sal handel soos dit in My hart en in My siel is, en Ek sal vir hom ‘n bestendige huis bou, sodat hy al die dae voor die Aangesig van My Gesalfde kan wandel.
Vers 36: En almal wat in jou huis oorbly, sal kom om hulle voor hom neer te buig vir ‘n geldstukkie en ‘n broodjie, en hulle sal sê: Voeg my tog by een van die priesterordes, dat ek ‘n stukkie brood kan eet.
Job 38 Vers 22: Het jy gekom by die skatkamers van die sneeu? en het jy die skatkamers van die hael gesien?
Vers 23: Wat Ek opgespaar het vir die tyd van benoudheid, vir die dag van stryd en oorlog?
Job 24 Vers 24: Hulle het hul verhef- ‘n kort rukkie, dan is hulle daar nie meer nie; en hulle word verneder; soos almal sterwe hulle; en soos die boonste van ‘n halm word hulle afgesny.
Psalm 9 Vers 9: En Hy Self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg.
Vers 10: So is die Here dan ‘n rotsvesting vir die verdrukte, ‘n rotsvesting in tye van benoudheid.
Vers 11: En hulle wat U Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o Here!
Psalm 9 Vers 12: Psalmsing tot eer van die Here wat op Sion woon; verkondig onder die volke Sy dade.
Psalm 10 Vers 16: Die Here is Koning vir ewig en altyd; die heidene het vergaan uit Sy land.
Vers 18: Om aan die wees en verdrukte reg te doen. Geen mens uit die aarde sal langer voortgaan om skrik aan te jaag nie.
Psalm 11 Vers 7: Die opregtes sal Sy Aangesig sien.
Psalm 15 Vers 7: Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! as die Here die lot van Sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees.
Psalm 27 Vers 4: Een ding het ek van die Here begeer, dit sal ek soek: Dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die Here, om die lieflikheid van die Here te aanskou en te ondersoek in Sy tempel.
Psalm 27 Vers 10: Want my vader en my moeder het my verlaat, maar die Here sal my aanneem.
Vers 14: Wag op die Here! wees sterk en laat jou hart sterk wees! ja, wag op die Here!
Psalm 37 Vers 9: Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat die Here verwag, hulle sal die aarde besit.
Vers 10: En nog ‘n klein rukkie, en die goddelose sal daar nie meer wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie.
Vers 11: Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.
Vers 29: Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.
Psalm 37 Vers 34: Wag op die Here en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense. (Wegraping. Ons sal uit die lug sien wat gebeur.)
Psalm 46 Vers 3: Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see.
Vers 4: Laat Sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur Sy onstuimigheid!
Vers 5: Die stroompies van ‘n rivier maak die Godstad bly, die Heiligste van die woninge van die Allerhoogste.
Vers 6: God is daar binne-in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die dag aanbreek.
Vers 8: Die Here van die leërskare is met ons; die God van Jakob is ‘n rotsvesting vir ons.
Psalm 46 Vers 9: Kom, aanskou die dade van die Here, wat verskriklike dinge oor die aarde bring.
Vers 10: Wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand.
Psalm 46 Vers 11: Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde.
Psalm 47 Vers 3: Want die Here, die allerhoogste, is gedug, ‘n groot koning oor die hele aarde.
Vers 4: Hy bring volke onder ons en nasies onder ons voete.
Vers 7: Psalmsing tot eer van God, psalmsing tot eer van ons Koning!
Vers 8: Want God is Koning van die hele aarde;
Vers 9: God regeer oor die nasies; God sit op Sy heilige troon.
Psalm 48 Vers 2: Die Here is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, Sy heilige berg!
Vers 3: Skoon deur Sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg Sion, aan die noordekant, die stad van die groot Koning!
Vers 4: God het Hom in Sy paleis bekend gemaak as ‘n rotsvesting.
Vers 5: Want kyk, die konings het bymekaargekom, tesame opgetrek.
Vers 6: Skaars het hulle dit gesien, of hulle het verstom, verskrik geword, in angs weggevlug.
Vers 7: Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos een wat baar.
Vers 8: Deur die oostewind verbreek U die skepe van Tarsis.
Vers 9: Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van die Here van die leërskare, in die stad van onse God: God sal dit bevestig tot in ewigheid.
Vers 10: O God, ons dink aan U goedertierenheid binne-in U tempel.
Vers 11: Soos U Naam, o God, so is U roem tot die eindes van die aarde toe; U regterhand is vol geregtigheid.
Vers 12: Laat die berg Sion bly wees, laat die dogters van Juda juig oor U oordele.
Psalm 48 Vers 13: Gaan rondom Sion, trek daaromheen, tel sy torings;
Vers 14: Let op sy skanse, wandel deur sy paleise, sodat julle dit aan die volgende geslag kan vertel.
Psalm 51 Vers 20: Doen goed aan Sion na U welbehae; bou die mure van Jerusalem op.
Vers 21: Dan sal U ‘n welbehae hê in die offers van geregtigheid, in brandoffer en voloffer; dan sal hulle stiere offer op U altaar. (Sal weer ingestel word.)
Psalm 53 Vers 5: Het die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, wat My volk opeet asof hulle brood eet? hulle roep God nie aan nie.
Vers 6: Daar het skrik hulle oorweldig sonder dat daar skrik was; want God het die beendere verstrooi van hom wat jou beleër het; jy het hulle beskaamd gemaak, want God het hulle verwerp.
Vers 7: Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! as God die lot van Sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees.
Psalm 58 Vers 11: Die regverdige sal bly wees as hy die wraak sien; hy sal sy voete was in die bloed van die goddelose.
Vers 12: En die mense sal sê: Gewis, daar is vrug vir die regverdige; gewis, daar is ‘n God wat op die aarde oordeel.
Psalm 69 Vers 36: Want God sal Sion verlos en die stede van Juda bou; en daar sal hulle woon en dit besit.
Vers 37: En die nagaslag van Sy knegte sal dit beërwe, en die liefhebbers van Sy naam sal daarin woon.
Psalm 72 Vers 5: Hulle sal U vrees solank as die son skyn, en solank as die maan daar is, van geslag tot geslag.
Vers 6: Hy sal neerdaal soos reën op grasvelde, soos buie - ‘n swaar reën op die aarde.
Psalm 72 Vers 7: In Sy dae sal die rtegverdige bloei en volheid van vrede, totdat die maan nie meer is nie. (Tot die einde van die 1000 jaar)
Vers 8: En Hy sal heers van see tot see en van die rivier tot by die eindes van die aarde.
Vers 9: Die bewoners van dor plekke sal voor Hom kniel, en Sy vyande sal die stof lek.
Psalm 81 Vers 16: Die haters van die Here sou kruipend na Hom toe kom;
Psalm 72 Vers 10: Die konings van Tarsis en van die eilande sal geskenke aanbied, die konings van Skeba en Seba belasting aanbring.
Vers 11: Ja, al die konings sal hulle voor Hom buig, al die nasies sal Hom dien.
Vers 12: Want Hy sal die behoeftige red wat daar roep om hulp, en die elendige, en wie geen helper het nie.
Vers 13: Hy sal hom ontferm oor die arme en behoeftige, en die siele van die behoeftiges sal Hy red.
Vers 14: Hy sal hulle siel verlos van verdrukking en geweld, en hulle bloed sal kosbaar wees in Sy oë.
Vers 15: Mag Hy dan lewe! en mag hulle aan Hom gee van die goud van Skeba en altyddeur vir Hom bid; mag hulle die hele dag Hom seën!
Psalm 97 Vers 3: ‘n Vuur gaan voor Sy aangesig uit en steek Sy teëstanders rondom aan die brand.
Vers 5: Berge smelt weg soos was voor die Aangesig van die Here van die hele aarde.
Eseg 20 Vers 47: En sê aan die bos van die suidland: Kyk, Ek steek ‘n vuur in jou aan wat in jou elke groen boom sal verteer; die uitslaande vlam sal nie uitgeblus word nie, maar daardeur sal alle aangesigte verbrand word van die suidland af tot die noorde toe;
Vers 48: En alle vlees sal sien dat Ek, die Here, dit aangesteek het; dit sal nie uitgeblus word nie.
Hos 5 Vers 7: Nou sal die nuwemaan hulle met hul velde verteer. (Dit gaan dus oor hulle kom op die dag van die nuwemaan.)
Hos 7 Vers 5: Op die dag van ons Koning is die vorste siek van verhitting deur wyn. (Die vorste gaan dus dronk wees. Van die fees van die nuwemaan?)
Hos 8 Vers 13: Hulle sal teruggaan na Egipte. (In ballingskap.)
Hos 9 Vers 3: Hulle sal in die land van die Here nie bly nie, maar Efraim sal na Egipte teruggaan, en in Assur sal hulle eet wat onrein is.
Vers 6: Want kyk, hulle gaan heen weens die verwoesting: Egipte sal hulle versamel, Memfis hulle begrawe;
Vers 8: Wat die profeet aangaan, die net van ‘n voëlvanger is op al sy weë uitgesprei, vyandskap in die huis van sy God.
Vers 13: Maar Efraim sal sy seuns na die moordenaar moet uitbring. (Weens die hongersnood?)
Vers 16: Efraim is getref, hulle wortel het verdor, hulle dra geen vrug meer nie; ook wanneer hulle kinders baar, sal Ek nogtans die lieflinge van hulle skoot ombring.
Hos 10 Vers 9: Sedert die dae van Gibea het jy gesondig, o Israel! daar staan hulle - moet die stryd teen die kwaaddoeners hulle nie oorval in Gibea nie? (Die geveg gaan dus in gibea begin.)
Vers 14: AI jou vestings sal verwoes word net soos Salman Bet-arbel verwoes het in die dag van oorlog: Moeders is met kinders en al verpletter.
Vers 15: In die môre vroeg is dit gedaan, gedaan met die koning van Israel. (Dit lyk of hierdie oorlog slegs een nag gaan duur, tot die volgende oggend. Die aand van die nuwemaan sal dit begin in Gibea.)
Hos 11 Vers 5: Efraim (Israel – ons, Amerika , Engeland) sal na Egipteland nie terugkeer nie, maar Assur die sal sy koning wees; omdat hulle geweier het om hulle te bekeer.
Vers 11: Hulle sal sidderende aankom soos voëltjies uit Egipte en soos ‘n duif uit die land Assur; en Ek sal hulle laat woon in hulle huise, spreek die Here.
Hos 12 Vers 2: Efraim sluit ‘n verbond met Assur, terwyl olie na Egipte gevoer word.
Hos 12 Vers 10: Maar Ek is die Here jou God van Egipteland af, Ek sal jou weer in tente laat woon soos in die dae van die huttefees. (Al die volke sal elke jaar optrek na Jerusalem om die Huttefees in tente te vier.)
Vers 12: So sal dan hulle altare wees soos kliphope op die vore van die landerye.
Hos 13 Vers 15: Wanneer hy vrug dra onder die broers, kom ‘n oostewind, ‘n wind van die Here, wat uit die woestyn opkom; dan droog sy fontein op en sy bron dor uit. Die sal ‘n skat van allerhande kosbare voorwerpe roof. (Hulle gaan water koop met goud en silwer voorwerpe.)
Hos 14 Vers 1: Samaria sal daarvoor boet, omdat hy weerspannig was teen sy God; hulle sal val deur die swaard, hulle kinders sal verpletter en hulle swanger vroue oopgesny word.
Joël 1 Vers 4: Wat die afknyper laat oorbly, het die treksprinkaan verslind, daarna het die voetganger verslind, en wat oorgebly het, het die kaalvreter verslind.
Vers 5: Word wakker, julle dronkaards, en ween! en huil, al julle wyndrinkers! oor die mos, omdat dit van julle mond weggeruk is.
Vers 9: Spysoffer en drankoffer is ontruk aan die huis van die Here;
Vers 10: Die veld is verwoes, die akkerland treur, die koring is verwoes, die mos het weggedroog, die olie het verdwyn.
Vers 11: Die oes op die land is verlore.
Vers 12: Die wingerdstok het verdor, die vyeboom verwelk, ook die palm en die appelboom. AI die bome van die land het verdor.
Vers 15: Ag, die dag! want naby is die dag van die Here, en Hy kom soos ‘n verwoesting van die Almagtige.
Vers 16: Is die spys nie weggeruk voor ons oë nie? blydskap en gejuig weg uit die huis van God?
Vers 17: Die graankorrels het weggekrimp onder hulle kluite, die voorraadkamers is verwoes, die graanbakke afgebreek, want die koring het verdor.
Vers 18: Hoe sug die vee! die troppe beeste is onrustig, want daar is geen weiveld vir hulle nie; ook die troppe kleinvee moet boet.
Joël 1 Vers 19: Tot U, o Here, roep ek, want ‘n vuur het die weiveld van die woestyn verteer, en ‘n vlam het al die bome van die veld aan die brand gesteek.
Vers 20: Selfs die diere van die veld smag na U; want die waterstrome het opgedroog.
Joël 2 Vers 1: Want die dag van die Here kom, want Hy is naby.
Vers 2: ‘n Dag van duisternis en donkerheid, ‘n dag van wolke en wolkenag; soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom ‘n talryke en magtige volk, wat van ouds sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte nie. (Chinese)
Vers 3: Voor hom uit verteer ‘n vuur, (grofgeskut - kanonne, ens) en agter hom brand ‘n vlam, (alles verwoes en aan die brand); voor hom lyk dit soos die tuin van Eden, en agter hom is dit ‘n woeste wildernis; ook kan niks daaraan ontkom nie.
Vers 4: Sy voorkoms is soos die van perde, (gasmaskers laat jou so lyk) en net soos ryperde, so hardloop hulle. (Met rugsak agter, wapens in die hande, hardloop hulle gebukkend.)
Vers 5: Soos die gedruis van waens huppel hulle oor die bergtoppe, soos die geknetter van ‘n vuurvlam wat die kaf verteer, (kleingeweervuur) soos ‘n magtige volk wat vir die geveg opgestel is.
Vers 6: Vir hom bewe die volke van angs, alle aangesigte verbleek.
Vers 7: Soos helde hardloop hulle, soos krygsmanne klim hulle op die muur, en elkeen gaan sy eie koers; hulle verander nie van pad nie.
Vers 8: Tussen wapens deur val hulle, maar hulle bly in gelid.
Vers 9: Hulle oorval die stad, hulle hardloop op die muur, hulle klim in die huise, hulle dring by die vensters in soos ‘n dief.
Vers 10: Voor hulle bewe die aarde, (kanonne en bomme) sidder die hemel; die son en die maan word swart, en die sterre trek hulle glans in. (Rook, swawel en stof.)
Vers 11: En die Here verhef Sy Stem voor Sy leërmag uit; want geweldig groot is Sy leër, ja, magtig die uitvoerder van Sy woord. (Daarvoor bestaan hulle op aarde om ons te straf) Want die dag van die Here is groot en uitermate vreeslik, en wie kan dit verdra?
Vers 12: Maar selfs nou nog, spreek die Here, bekeer julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween en rouklag.
Vers 13: En skeur julle hart, en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die Here julle God, want Hy is genadig en barmhartig; lankmoedig en groot van goedertierenheid, en een wat berou het oor die onheil.
Vers 14: Wie weet of dit Hom nie weer sal berou nie, sodat Hy ‘n seën sal agterlaat- ‘n spysoffer en ‘n drankoffer aan die Here julle God.
Joël 1 Vers 14: Heilig ‘n vasdag, roep ‘n vergadering saam! versamel die oudstes, alle inwoners van die land in die huis van die Here julle God, en roep tot die Here.
Joë12 Vers 15: Blaas die basuin op Sion, heilig ‘n vasdag, roep ‘n vergadering saam!
Vers 16: Versamel die volk, heilig die gemeente, vergader die oudstes, versamel die kinders en die suigelinge! laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar slaapvertrek.
Vers 17: Laat die priesters, die dienaars van die Here, tussen die voorportaal en die altaar ween en sê: O Here, spaar U volk, en gee U erfdeel nie oor aan smaadheid, dat die nasies met hulle spot nie; waarom sou hulle onder die volke sê: Waar is hulle God?
Joë13 Vers 1: In die dae en in die tyd wanneer Ek die lot van Juda en Jerusalem verander,
Vers 2: Sal ek al die nasies versamel en hulle na die dal van Josafat laat aftrek, om daar met hulle ‘n strafgerig te hou ter wille van My volk en My erfdeel Israel wat hulle onder die nasies verstrooi het, en My land wat hulle verdeel het. (Dele aan die Palestina afgestaan. Die Palestyne bestaan net om die Jode te leer oorlog voer. Hulle is die Fillistyne van ouds.)
Vers 3: En oor My volk wat hulle die lot gewerp en ‘n jong man weggegee het vir ‘n hoer, en ‘n meisie verkoop het vir wyn, en dit gedrink het.
Vers 4: En ook, wat het julle met My te doen, o Tirus en Sidon en al die landstreke van Filistea? wil julle My iets vergelde, of wil julle My iets aandoen? gou, ylings sal Ek julle dade op julle hoof laat neerkom.
Vers 5: Want julle het My silwer en My goud geneem en My kosbare skatte na julle tempels gebring. (Na Babel weggevoer, lank lank gelede.)
Vers 6: Verder het julle die kinders van Juda en Jerusalem aan die kinders van Jawan verkoop, om hulle ver van hul grondgebied te verwyder.
Vers 7: Kyk, Ek sal hulle laat opstaan uit die plek waarheen julle hulle verkoop het, en julle dade op julle hoof laat neerkom.
Vers 8: En Ek sal julle seuns en julle dogters aan die kinders van Juda verkoop, en die sal hulle verkoop aan die Sabeërs, aan ‘n verafgeleë volk; want die Here het dit gespreek. (Slawerny gaan weer terugkom.)
Vers 9: Roep dit uit onder die nasies, heilig ‘n oorlog! wek die helde op, laat al die krygsmanne nader kom, opruk!
Vers 10: Smee van julle pikke swaarde, en van julle snoeimesse spiese; laat die swakke sê: Ek is ‘n held.
Vers 11: Haas julle en kom aan, alle nasies rondom, en versamel julle. Laat U helde, Here, daarheen aftrek! (Om teen die antichriste te veg.)
Vers 12: Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van Josafat; want daar sal Ek sit om gerig te hou oor al die nasies rondom.
Vers 14: Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van die Here in die dal van beslissing!
Vers 15: Die son en die maan word duister, en die sterre trek hulle glans in.
Vers 16: Maar die Here sal ‘n toevlug wees vir Sy volk, en ‘n skuilplek vir die kinders van Israel.
Joël 3 Vers 17: Dan sal julle weet dat Ek die Here julle God is, wat woon op Sion, My heilige berg; dan sal Jerusalem ‘n heiligdom wees waar geen vreemdes meer sal deurtrek nie.
Vers 18: En op die dag sal die berge drup van mos en die heuwels vloei van melk en al die spruitjies van Juda stroom van water; en uit die huis van die Here (Die rivier wat jou gesond maak, met die Boom van die lewe wat op die walle groei. Daarom sal ons jare word soos die van bome.) sal daar ‘n fontein uitkom om die dal Sittim te besproei.
Vers 19: Egipte sal ‘n woesteny word, en Edom ‘n woeste wildernis wees, weens die geweld wat hulle die kinders van Juda aangedoen het, dat hulle onskuldige bloed in hul land vergiet het.
Vers 20: Maar Juda sal vir ewig bly, en Jerusalem van geslag tot geslag.
Joë13 Vers 21: En Ek sal hulle bloed onskuldig verklaar, en die Here sal op Sion bly woon.
Amos 1 Vers 4; Daarom sal Ek ‘n vuur slinger in die huis van Hasael en dit sal die paleise van Benhadad verteer.
Vers 5: Ek sal die grendel van Damaskus verbreek en die inwoners uit die laagte van Awan uitroei en die wat die septer dra, uit Bet-eden, en die volk van Aram sal in ballingskap gaan na Kir.
Vers 7: Ek sal ‘n vuur slinger in die muur van Gasa, en dit sal sy paleise verteer.
Vers 8: En Ek sal die inwoners van Asdod uitroei en die wat die septer dra uit Askelon. Ek sal My hand teen Ekron uitstrek, en die oorblyfsel van die Filistyne sal omkom.
Vers 10: Ek sal ‘n vuur slinger in die muur van Tirus, en dit sal sy paleise verteer.
Vers 12: Ek sal ‘n vuur slinger in Teman, en dit sal die paleise van Bosra verteer.
Vers 13: Oor die kinders van Ammon, omdat hulle die swanger vroue van Gilead oopgesny het om hulle grondgebied uit te brei,
Vers 14: Daarom sal ek ‘n vuur aansteek in die muur van Rabba, en dit sal sy paleise verteer, met krygsgeskreeu op die dag van stryd, in ‘n storm op die dag van die orkaan.
Vers 15: En hulle koning sal in ballingskap gaan, hy en sy vorste tesame.
Amos 2 Vers 1: Omdat Moab die beendere van die koning van Edom tot kalk verbrand het, daarom sal ek ‘n vuur slinger in Moab en dit sal die paleise van Kerijot verteer; en Moab sal met oorlogsrumoer sterwe.
Vers 3: En al die vorste saam met die regeerder doodmaak.
Vers 4: Omdat hulle die wet van die Here verwerp het,
Vers 5: Sal ek ‘n vuur slinger in Juda, en dit sal die paleise van Jerusalem verteer.
Vers 6: Omdat Israel die regverdige vir geld verkoop het, en die behoeftige vir ‘n paar skoene,
Vers 7: En die man en sy vader gaan na dieselfde jongedogter om My Heilige Naam te ontheilig,
Vers 12: En julle het die Nasireërs wyn laat drink,
Vers 13: Kyk, ek laat dit onder julle kraak.
Vers 14: Sodat die wat gou is, nie kan ontvlug nie, en die sterke sy krag nie kan ontwikkel en die held sy lewe nie kan red nie.
Vers 15: En die boogskutter sal nie bly staan en die wat gou is op sy voete, nie vrykom nie, en die perderuiter sal sy lewe nie red nie.
Vers 16: En die dapperste onder die helde sal op die dag naak wegvlug, spreek die Here.
Hos 3 Vers 6; Sal daar ‘n onheil in die stad voorval as die Here dit nie bewerk het nie?
Vers 9: Roep uit oor die paleise van Asdod en oor die paleise van Egipteland en sê: Versamel julle op die berge van Samaria en aanskou die groot beroering en verdrukking in die stad.
Vers 10: Hulle wat geweld en verdrukking opstapel in hul paleise.
Vers 11: ‘n Vyand! en dit rondom die land! en hy sal jou vesting van jou af neerwerp, en jou paleise sal geplunder word.
Vers 12: Soos ‘n herder ‘n paar pote of ‘n oorlappie red uit die bek van ‘n leeu, net so sal gered word die kinders van Israel wat daar in Samaria is.
Vers 13: Waarsku die huis van Jakob -
Vers 14: Dat Ek op die dag as Ek Israel besoek, ook besoeking sal doen oor die altare van Betel, sodat die horings van die altaar afgekap sal word en op die grond val.
Hos 3 Vers 15: Dan sal ek die winterhuis saam met die somerhuis tref, en die huise van ivoor sal ten gronde gaan, en baie huise sal verdwyn.
Amos 4 Vers 1: Hoor hierdie woord, koeie van Basan, wat op die gebergte van Samaria is! wat die armes verdruk, die behoeftiges hard behandel; wat aan hulle here sê: Bring aan en laat ons drink!
Vers 2: Die Here Here het gesweer by Sy Heiligheid: Kyk, daar kom dae dat hulle julle met hake sal optrek, en die wat van julle oor is, met vishoeke.
Vers 3: En julle sal weggewerp word na Harmon.
Amos 5 Vers 2: Israel het geval,
Vers 3: Die stad wat met duisend uitgetrek het, hou honderd oor; en wie met honderd uitgetrek het, hou tien oor vir die huis van Israel. (‘n Tiende van ons gaan oorbly.)
Vers 5: Maar soek Bet-el nie, en kom nie na Gilgal nie, en trek nie deur na Berseba nie. Want Gilgal sal gewis in ballingskap gaan, en Bet-el sal tot niks word nie.
Vers 11: Omdat julle die arm man vertrap, en van hom ‘n heffing van koring neem, het julle huise van gekapte klippe gebou, maar julle sal nie daarin woon nie; julle het pragtige wingerde geplant, maar julle sal die wyn daarvan nie drink nie.
Vers 27: Daarom sal Ek julle anderkant Damaskus in ballingskap wegvoer.
Amos 6 Vers 1: Wee die gerustes in Sion en die sorgelose op die berg van Samaria, die vernames van die eerste onder die nasies, na wie die huis van Israel kom!
Amos 6 Vers 3: Julle wat die dag van onheil veraf stel, wat op bedde van ivoor lê en uitgestrek lê op hulle rusbanke, en die lammers van die kleinvee en die kalwers uit die stal eet!
Vers 6: Wat hulle met die beste soorte olie salf, en hulle nie oor die verbreking van Josef bekommer nie.
Vers 7: Daarom sal hulle nou op die voorpunt van die ballinge in ballingskap gaan, en daar sal ‘n end kom aan die rumoerige leeglêers.
Amos 8 Vers 9: En in die dag, spreek die Here Here, laat Ek die son op die middag ondregaan, en vir die aarde die lig duister word terwyl dit nog dag is.
Vers 10: Ek bring op alle lendene ‘n roukleed, en op alle hoofde kaalheid. (Miskien atoom afval, of bestraling oor die hele wêreld?)
Vers 13: In die dag sal die mooi jongedogters en die jongmanne van dors beswyk
Amos 9 Vers 1: En Hy het gesê: Slaan die kapiteel van die pilaar, sodat die drumpels bewe, en verpletter hulle bo die hoof van almal! en Ek sal die wat van hulle oorbly, met die swaard ombring; die vlugteling uit hulle sal nie ontsnap nie, en geen vrygeraakte onder hulle homself red nie.
Amos 9 Vers 10: Al die sondaars van My volk sal deur die swaard sterwe, die wat sê: Die onheil sal ons nie bereik en ons nie ontmoet nie.
Vers 11: In die dag sal Ek die vervalle hut van Dawid weer oprig.
Vers 12: Sodat hulle in besit kan neem die oorblyfsel van Edom, (Esau) en al die nasies oor wie My Naam uitgeroep is.
Obadja 1 Vers 6: Teen Edom. Hoe is Esau deursoek! is sy verborge skatte deursnuffel.
Vers 7: Al jou bondgenote het jou tot by die grens gestuur; die manne met wie jy vriendskap gehou het, het jou bedrieg, jou oorweldig! sal Ek nie in die dag, spreek die Here, die wyse manne uit Edom verdelg nie, en die verstand uit die gebergte van Esau?
Vers 9: En jou helde sal verskrik wees, o Teman, sodat elkeen deur moord uit die gebergte van Esau uitgeroei sal word.
Vers 10: Weens die geweld teen jou broer Jakob gepleeg, sal skande jou bedek, en jy sal uitgeroei word vir ewig.
Vers 11: Die dag toe jy daarby gestaan het, die dag toe vreemdes sy rykdom weggevoer en uitlanders deur sy poorte gedring en die lot oor Jerusalem gewerp het, toe was jy ook soos een van hulle! (Hulle was bly.)
Vers 12: En tog moes jy nie met genot die dag van jou broer aanskou het nie, die dag van sy onheil, en jou daaroor nie verheug en daaroor nie gespot het nie.
Vers 13: Tog moes jy nie jou hand uitgesteek het na sy rykdom op die dag van sy nood nie!
Vers 14: En jy moes nie gestaan het op die kruispad om sy vlugtelinge uit te roei nie, en nie sy vrygeraaktes uitgelewer het op die dag van sy benoudheid nie.
Obadja 1 Vers 15: Want die dag van die Here is naby oor al die nasies; soos jy gedoen het, sal aan jou gedoen word. Jou daad sal op jou hoof neerkom.
Vers 18: Dan sal die huis van Jakob ‘n vuur wees, en die huis van Josef ‘n vlam, maar die huis van Esau ‘n stoppel; en die sal hulle aan die brand steek en hulle verteer, sodat daar geen oorblyfsel vir die huis van Esau sal wees nie, want die Here het dit gespreek.
Vers 19: Dan sal die van die Suidland die gebergte van Esau, en die van die laeveld, die land van die Filistyne in besit neem; en hulle sal die veld van Efraim en Samaria, en Benjamin Gilead in besit neem.
Obadja 1 Vers 20: Die ballinge van hierdie leërmag van die kinders van Israel sal die wat Kanaaniete (swartmense) is, tot by Sarfat verower; en die ballinge van Jerusalem, wat in Sefarad is, sal die stede van die Suidland in besit neem. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: