Maandag 15 Maart 2010

Die verregaande boosheid van Efraim ( Deel van Isrrael)

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Hos 7 Vers 1: Want hulle pleeg bedrog en die dief breek in en ‘n rowerbende plunder op die straat;
Vers 3: Met hulle boosheid verbly hulle die koning en met hulle leuens die vorste.
Hos 7 Vers 4: Hulle is almal owerspelers;
Vers 5: Op die dag van ons Koning is die vorste siek van verhitting deur wyn;
Vers 7: Daar is niemand onder hulle wat My aanroep nie.
Hos 7 Vers 8: Efraim - hy vermeng hom met die volke; Efraim is soos ‘n gebraaide roosterkoek wat nie omgedraai is nie. (Half swart)
Vers 10: Die trotsheid van Israel getuig openlik teen hom. En tog bekeer hulle hul nie tot die Here hul God nie, en ondanks dit alles soek hulle Hom nie.
Vers 13: Wee hulle, omdat hulle van My weggevlieg het! verwoesting oor hulle, omdat hulle teen My oortree het! Ek tog wou hulle verlos, maar hulle het leuens teen My gespreek.
Vers 14: Ook roep hulle nie van harte na My nie, maar jammer op hulle bedde; ter wille van koring en mos kerwe hulle hulself stukkend; hulle is opstandig teen My.
Hos 8 Vers 4: Hulle het konings aangestel, maar nie uit My nie, hulle het vorste gekies, maar sonder My wete.
Vers 13: Hulle sal teruggaan na Egipte.
Vers 14: Omdat Israel sy maker vergeet en paleise (mooi groot huise) gebou het, en Juda ‘n menigte versterkte stede, daarom sal ek ‘n vuur in sy stede slinger wat sy paleise sal verteer. (Atoombom?)
Hos 10 Vers 3: Ja, nou sal hulle sê: Ons het geen koning nie, want ons het die Here nie gevrees nie; en die koning - wat sou hy vir ons kan doen?
Vers 4: Hulle het groot woorde gespreek en vals gesweer, verbonde gesluit,
Vers 5: Oor die kalf van Bet-Awen sal die inwoners van Samaria besorg wees; want sy volk sal oor hom treur en sy afgodspriesters oor hom sidder, oor sy heerlikheid, omdat dit van hom weggevoer is.
Vers 6: Hy sal ook self na Assur weggevoer word as ‘n geskenk aan koning Jareb; skaamte sal Efraim aangryp, en Israel sal beskaamd staan oor sy eie raadsbesluit.
Hos 10 Vers 8: En die hoogtes van Awan, Israel se sonde, word verdelg. Dorings en distels sal opskiet op hulle altare; en hulle sal tot die berge sê: Bedek ons! en tot die heuwels: Val op ons!
Vers 9: Sedert die dae van Gibea het jy gesondig, o Israel! daar staan hulle - moet die stryd teen die kwaaddoeners hulle nie oorval in Gibea nie?
Vers 10: Dit is My begeerte om hulle te tugtig, en volke sal teen hulle versamel word as hulle gebind word aan hulle twee ongeregtighede.
Vers 13: Julle het goddeloosheid ingeploeë, julle het slegtigheid gemaai, die vrug van leuens geëet, omdat jy op jou weg vertrou het, op die menigte van jou helde.
Vers 14: Daarom sal daar oorlogsrumoer onder jou volke ontstaan en al jou vestings verwoes word net soos Salman Bet-arbel verwoes het in die dag van oorlog: Moeders is met kinders en al verpletter.
Vers 15: Net so het Bet-el aan julle gedoen weens julle ontsettende boosheid; in die môre vroeg is dit gedaan, gedaan met die koning van Israel. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: