Dinsdag 16 Maart 2010

Verpligte feeste

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Exo 12 Vers 2: Hierdie maand moet vir julle die begin van die maande wees; dit moet vir julle die eerste van die maande van die jaar wees.
Vers 3: Op die tiende van hierdie maand moet julle elkeen ‘n lam neem volgens die families, ‘n lam vir ‘n huisgesin.
Vers 14: En hierdie dag moet vir julle ‘n gedenkdag wees, en julle moet dit as ‘n fees tot eer van die Here vier. Julle moet dit in julle geslagte as ‘n ewige insetting vier.
Exo 23 Vers 14: Drie maal in die jaar moet jy vir My ‘n fees hou.
Vers 15: Die fees van die ongesuurde brode moet jy hou; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die bepaalde tyd in die maand Abib, want daarin het jy Egipteland uitgetrek.
Vers 16: Verder die fees van die oes, van die eerstelinge van jou werk, van wat jy op die land saai; en ook die fees van die insameling aan die einde van die jaar as jy jou werk uit die land insamel.
Vers 17: Drie maal in die jaar moet al jou manspersone voor die aangesig van die Here Here verskyn.
Exo 34 Vers 23: Al jou manspersone moet drie maal in die jaar voor die aangesig van die Here Here, die God van Israel, verskyn.
Vers 24: Want Ek sal nasies voor jou uitdrywe en jou grondgebied uitbrei, sodat niemand jou land sal begeer nie terwyl jy opgaan om te verskyn voor die aangesig van die Here jou God, drie maal in die jaar.
11 Kron 8 Vers 13: Daarop moes hulle na die eis van elke dag offer volgens die gebod van Moses, op die sabbatte, en op die nuwemane en op die feestye, drie maal in die jaar - op die fees van die ongesuurde brode en op die fees van die weke en op die huttefees.
Ester 9 Vers 19: Daarom maak die Jode wat buite die ommuurde stede woon, van die veertiende en vyftiende dag van die maand Adar (die twaalfde maand) ‘n dag van vrolikheid en maaltyd, en ‘n feesdag waarop hulle mekaar lekkernye stuur, en aan die armes gawes te stuur.
Vers 24: Omdat die lot, die pur, gewerp is om die Jode te vernietig.
Vers 26: Daarom noem hulle die dae Purim.
Ester 9 Vers 28: En dat die dae herdenk en gehou moet word in al die geslagte, families, provinsies en stede, en dat die Purimdae onder die Jode nie afgeskaf mag word nie en die gedagtenis daaraan onder hulle nageslag nie mag ophou nie. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: