Die tien gebooie (Baie meer as tien) Met Jesus se wederkoms sal alle offerhandes weer ingestel word, selfs die skuldoffer en sondoffer
GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Exo 20 Vers 3: Jy mag geen ander gode voor My Aangesig hê nie.
Vers 4: Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.
Vers 5: Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie, want Ek, die Here jou God, is ‘n jaloerse God, wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat.
Vers 6: Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en My gebooie onderhou.
Exo 20 Vers 7: Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydelik gebruik nie, want die Here sal die een wat Sy Naam ydelik gebruik nie ongestraf laat bly nie.
Vers 8: Gedenk die sabbatdag dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen, maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God, dan mag jy geen werk doen nie, jy of jou seun of jou dienskneg of jou dogter of jou diensmaagd of jou vee, of die vreemdeling wat in jou poort is nie.
Vers 9: Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;
Vers 10: Maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God; dan mag jy geen werk doen nie - jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.
Vers 11: Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die sabbatdag geseën en dit geheilig.
Vers 12: Eer jou vader en jou moeder dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee.
Vers 13: Jy mag nie doodslaan nie.
Vers 14: Jy mag nie egbreek nie.
Vers 15: Jy mag nie steel nie.
Vers 16: Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.
Vers 17: Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie, of sy vrou, of sy dienskneg, sy diensmaagd, sy os, sy esel, of iets wat van jou naaste is nie.
Exo 20 Vers 24: ‘n Altaar van grond moet jy vir My maak, en daarop moet jy jou brandoffers en dankoffers, jou kleinvee en beeste, offer. (Alle offers behalwe die sondoffer moet nog steeds gedoen word.)
Vers 25: Maar as jy vir My ‘n klipaltaar maak, mag jy dit nie bou van gekapte klip nie, want as jy jou ystergereedskap daaroor swaai, dan ontheilig jy dit.
Vers 26: Jy mag ook nie met trappe na My altaar opklim nie, dat jou skaamte nie daarop ontbloot word nie.
Exo 21 Vers 2: As jy ‘n Hebreeuse (Enigiemand van die 12 stamme van Israel.)slaaf koop, moet hy ses jaar lank dien, maar in die sewende moet hy as vryman verniet weggaan.
Vers 3: As hy alleen kom, moet hy alleen vrygelaat word. As hy getroud is, sy vrou saam met hom.
Vers 4: Maar as sy heer vir hom ‘n vrou gegee het, bly sy en haar kinders die heer se eiendom, terwyl hy alleen vrygelaat word.
Vers 5: Maar as die slaaf sê hy het sy heer, sy vrou en kinders lief, en hy wil nie vry wees nie, moet sy heer hom na die owerhede bring, en by die deurpos, en sy oor met ‘n els deurboor. Daarna moet hy sy heer vir altyd dien.
Deut 15 Vers 13: En as jy hom as vryman van jou laat weggaan, moet jy hom nie met leë hande laat weggaan nie.
Vers 14: Jy moet hom ‘n behoorlike voorraad saamgee van jou kleinvee en jou dorsvloer en jou wynpers; waarin die Here jou God jou geseën het, daarvan moet jy aan hom gee.
Vers 18: Dit moet nie hard wees in jou oë as jy hom as vryman van jou laat weggaan nie, want die dubbele loon van ‘n dagloner het hy vir jou ses jaar lank ingedien; en die Here jou God sal jou seën in alles wat jy doen.
Exo 21 Vers 7: As iemand sy dogter as slavin verkoop, mag sy nie soos die slawe weggaan nie; as sy haar heer nie beval nie, moet hy haar laat loskoop, maar nie aan ‘n vreemde volk nie.
Vers 10: As hy vir hom ‘n ander een neem, (Byneem) mag hy haar voedsel, klere en huweliksgemeenskap nie verminder nie.
Vers 11: As hy hierdie drie dinge nie doen nie, mag sy weggaan, sonder geld.
Exo 21 Vers 12: Hy wat ‘n mens slaan, dat hy sterwe, moet sekerlik gedood word. Behalwe as dit per ongeluk geskied.
Vers 14: As iemand met lis handel en doodmaak, moet hy sterf.
Vers 15: Hy wat sy vader of moeder slaan, moet sekerlik gedood word.
Vers 16: Hy wat ‘n mens steel en hom verkoop, of as hy in sy besit gevind word, moet sekerlik gedood word.
Exo 21 Vers 17: Hy wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word.
Vers 18: As manne twis, en die een die ander met die vuis of klip slaan sodat hy bedlêend word, en hy weer opstaan en buite met sy stok rondloop, moet hy ongestraf bly, maar hom vergoed vir sy tyd, en sorg dat hy heeltemal gesond word.
Vers 20: As iemand sy slaaf met ‘n stok slaan sodat hy sterwe, moet hy gewreek word, maar as die slaaf na een of twee dae nog lewe, moet dit nie gewreek word nie, want hy is sy eiendom.
Exo 21 Vers 22: As twee mans met mekaar veg en aan ‘n verwagtende vrou stamp sodat haar vrug afgaan, moet hy boete betaal soos die man van die vrou hom dit oplê.
Vers 23: Maar is daar ‘n letsel (aan die vrou) moet jy gee lewe vir lewe, oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet, brandplek vir brandplek, wond vir wond, kwesplek vir kwesplek.
Vers 26: As iemand sy slaaf of slavin op die oog slaan, en dit beskadig, moet die slaaf vry weggaan.
Vers 27: Dieselfde as hy ‘n tand uitslaan.
Vers 28: As ‘n bees ‘n mens stoot en hy sterf, moet die bees gestenig word en sy vleis nie geeët word nie. Die baas van die bees sal ongestraf bly.
Vers 29: Maar as die bees voorheen al stoterig was, en sy baas hom nie opgepas het nie, moet albei doodgemaak word.
Vers 30: Behalwe as hy ‘n keuse van ‘n boete kry. (Losgeld deur familie.)
Vers 32: As ‘n bees ‘n slaaf of slavin stoot moet sy eienaar aan die heer dertig sikkels silwer gee, en die bees stenig.
Vers 33: As iemand ‘n put grawe en ‘n dier val daarin, moet die grawer aan die eienaar geld gee, en die dier sal die putgrawer se eiendom wees.
Vers 35: As iemand se bees ‘n ander se bees doodmaak, moet die lewende een verkoop word en die geld verdeel, asook die vleis van die dooie.
Vers 36: As dit bekend was dat die bees tevore al stoterig was, en sy baas dit nie opgepas het nie, moet hy ten volle bees vir bees vergoed; maar die dooie een moet syne wees.
Exo 22 Vers 1: As iemand ‘n bees of stuk kleinvee steel en dit slag of verkoop, moet hy vyf beeste vir ‘n bees vergoed, en vier stuks kleinvee vir ‘n stuk kleinvee.
Vers 2: As ‘n dief betrap word terwyl hy inbreek, en hy word geslaan, sodat hy sterwe, sal daardeur geen bloedskuld ontstaan nie.
Vers 3: As die son oor hom opgegaan het, ontstaan daardeur bloedskuld. (Jy mag hom nie die volgende dag doodslaan nie.) Hy moet ten volle vergoeding gee. As hy nie kan nie, moet hy vir sy diefstal verkoop word.
Vers 4: Maar as die bees of kleinvee lewendig in sy besit gekry word, moet hy dubbel vergoeding gee.
Vers 5: As iemand sy naaste se veld of wingerd laat afwei, moet hy vergoed met die beste van sy veld of wingerd.
Vers 6: As ‘n vuur uitbreek en enigiets, selfs veld verbrand, moet die een wat die vuur aangesteek het ten volle vergoed.
Vers 7: As iemand aan sy naaste geld of goed gee of,
Vers 10: As iemand sy dier aan ‘n naaste gee om op te pas, en die dier gaan dood of word weggevoer sonder dat iemand sien, moet hy die onder die eed van die Here verklaar dat hy nie sy hand na sy naaste se goed uitgesteek het nie. Die eienaar moet daarmee tevrede wees, en daar is geen vergoeding nie.
Vers 12: Maar as dit van hom gesteel word, moet hy aan die eienaar vergoeding gee.
Vers 13: Wat verskeur is moet hy as bewys bring. Wat verskeur is hoef hy nie te vergoed nie.
Vers 14: As iemand iets by sy naaste leen, en dit kom iets oor, moet hy ten volle vergoed.
Vers 15: As die eienaar daarby was, hoef hy geen vergoeding te gee nie. As dit gehuur was, kom slegs die huurgeld hom toe.
Exo 22 Vers 16: As iemand ‘n jongmeisie wat nie verloof is nie verlei, en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop.
Vers 17: As haar vader weier om haar aan hom te gee, moet hy nog steeds die volle huweliksprys vir jongmeisies aan haar vader gee.
Vers 18: Die towerheks mag jy nie laat lewe nie. (So ook nie die toordokter nie.)
Vers 19: Elkeen wat met ‘n dier gemeenskap het, moet gedood word.
Vers 20: Hy wat aan die gode offer, en nie aan die Here alleen nie, moet met die banvloek getref word. (Gaan probeer om 'n gevrieste hoender te koop sonder die halal merk. Al ons hoenders is geoffer aan 'n afgod, en ons word gevorseer om dit te eet. Sien die halfmaan met ster teken op die verpakking, ook sommige margarien pakke, en baie ander produkte.)
Vers 21: Jy mag die vreemdeling nie kwel of verdruk nie, want julle was vreemdelinge in Egipteland.
Vers 22: Julle mag geen weduwee of wees verdruk nie. As julle dit doen sal Ek julle met die swaard ombring, sodat julle vroue en kinders weduwees en wese word.
Vers 25: As jy aan die arme geld leen, mag jy hom nie rente oplê nie.
Vers 26: As jy ooit jou naaste se gewaad as pand neem, moet jy hom dit teruggee voordat die son onder gaan. Want waarin moet hy slaap?
Exo 22 Vers 28: Jy mag God nie vloek nie, en ‘n owerste onder jou volk mag jy nie verwens nie.
Vers 29: Die offer uit jou volle opbrengs mag jy nie terughou nie. Die eersgeborene van jou seuns moet jy aan My gee. (Om priesters te word, maar jy mag ook losgeld vir hom betaal.)
Vers 30: Jy moet dieselfde doen met jou beeste en jou kleinvee. Sewe dae moet dit by sy moeder wees, op die agste dag moet jy dit vir My gee.
Vers 31: Julle moet heilig wees. Daarom mag julle nie vleis eet wat in die veld verskeur is nie, maar julle mag dit vir die honde gooi.
Exo 23 Vers 1: Jy mag geen valse gerug rondstrooi nie, en moenie saam met die skuldige ‘n valse getuie wees nie.
Vers 2: Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie, en jy mag in ‘n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan nie.
Vers 3: Jy mag die geringe nie voortrek in sy regsaak nie.
Vers 4: As jy jou vyand se bees of esel teëkom waar dit ronddwaal, moet jy dit sekerlik vir hom terugbring.
Vers 5: As jy jou vyand se esel sien lê onder sy pak, moet jy jou vyand help aflaai.
Vers 6: Jy mag die reg van arm mense nie verdraai in hul regsaak nie.
Vers 7: Hou jou ver van valse sake af, en moenie die onskuldige ombring nie, want Ek sal die skuldige nie regverdig verklaar nie.
Vers 8: Jy mag geen omkoopgeskenk aanneem nie, want die geskenk maak die siendes blind, en verdraai die sake van die regverdiges.
Vers 9: Jy mag die vreemdeling nie verdruk nie.
Vers 10: Ses jaar lank moet jy jou land besaai en die opbrings insamel, maar die sewende jaar moet jy dit ongebruik en braak laat lê dat die arm mense kan eet, en die diere daarna. So ook jou wingerd en jou olyfbome.
Vers 13: Die naam van ander gode mag jy nie vermeld nie. Dit mag uit jou mond nie gehoor word nie.
Vers 14: Drie maal in die jaar moet jy vir My ‘n fees hou.
Vers 15: Die fees van die ongesuurde brode vir sewe dae lank in die maand Abib. Dit is wanneer jy uit Egipteland uitgetrek het. Julle mag nie met leë hande voor My Aangesig verskyn nie.
Vers 16: Verder die fees van die oes, van die eerstelinge van jou werk, van wat jy op die land saai, en ook die fees van die insameling aan die einde van die jaar as jy jou werk uit die land insamel.
Vers 17: Drie maal in die jaar moet al jou manspersone voor die Aangesig, van die Here verskyn.
Vers 18: Jy mag die bloed van My offer nie saam met gesuurde brood offer nie, en die vet van My feesoffer mag nie tot die môre oorbly nie.
Vers 19: Die beste van die eerstelinge moet jy in die huis van die Here bring. jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.
Exo 23 Vers 25: Jy moet die Here jou God dien, dan sal ek siektes uit jou midde verwyder.
Vers 26: Daar sal geen misdragtige of onvrugbare in jou land wees nie, en Ek sal die getal van jou dae volmaak.
Vers 27: Ek sal al jou vyande voor jou laat vlug.
Vers 28: Ook sal Ek perdebye voor jou uitstuur, en almal voor jou uit verdrywe.
Vers 32: Jy mag met die antichris of sy gode geen verbond maak nie.
Exo 25 Vers 2: Sê aan die kinders van Israel dat hulle aan My ‘n offergawe moet bring, van almal wat lewe.
Exo 31 Vers 14: Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word, want elkeen wat daarop werk verrig, die siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote.
Exo 34 Vers 19: Alles wat die moederskoot open is Myne. Ook al jou vee wat manlik is, die eersteling van beeste en kleinvee.
Vers 21: Ses dae moet jy arbei, maar op die sewende dag moet jy rus. In die ploegtyd en in die oestyd moet jy rus.
Vers 23: Al jou manspersone moet drie maal in die jaar voor die Aangesig van die Here Here, die God van Israel, verskyn.
Vers 25: Jy mag die bloed van My offer nie saam met gesuurde brood slag nie, en die offer van die paasfees mag nie tot die môre oorbly nie.
Vers 26: Die beste van die eersteling van jou grond moet jy in die huis van die Here jou God bring. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.
Exo 35 Vers 2: Ses dae lank kan daar werk verrig word, maar op die sewende dag moet daar vir julle ‘n heiligheid, ‘n dag van volkome rus wees tot eer van die Here. Elkeen wat daarop werk verrig, moet gedood word.
Vers 3: Julle mag op die sabbat geen vuur aansteek in enigeen van julle woonplekke nie.
Levit 1 Vers 2: As iemand van julle aan die Here ‘n offer wil bring kan hy sy offer bring van beeste of kleinvee.
Vers 3: As dit ‘n brandoffer is van beeste moet dit ‘n bul sonder gebrek wees. By die ingang van die tent van samekoms moet hy dit bring, sodat hy welgevalle voor die Aangesig van die Here kan vind.
Vers 4: En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê dan sal dit vir hom met welgevalle aangeneem word om versoening vir hom te doen.
Vers 5: Dan moet hy die jong bul voor die Aangesig van die Here slag, en die priesters moet die bloed rondom die altaar uitgooi wat by die ingang van die tent is.
Vers 6: Dan moet hy die brandoffer afslag en in sy stukke verdeel
Vers 7: Die priester moet vuur op die altaar neersit en hout op die vuur reglê.
Vers 8: Die priester moet dan die stukke, die kop en die vet reglê op die hout.
Vers 9: Maar die binnegoed en die pote moet hy met water was en die priester moet dit alles op die altaar aan die brand steek as brandoffer, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die Here.
Vers 10: En as sy offer ‘n stuk kleinvee is, van skape of van bokke, as brandoffer, moet dit ‘n ram wees sonder gebrek.
Vers 11: En hy moet dit slag aan die noordekant van die altaar, voor die Aangesig van die Here en die priesters, en die priesters moet die bloed daarvan rondom teen die altaar uitgooi.
Vers 12: Daarna moet hy dit in sy stukke verdeel, met die kop en die vet, en die priester moet dit reglê op die hout wat op die altaarvuur is.
Vers 13: Maar die binnegoed en die pootjies moet hy met water was, en die priester moet dit alles op die altaar aan die brand steek. ‘n brandoffer is dit, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die Here.
Vers 14: En as sy offer aan die Here ‘n brandoffer is van voëls, moet dit wees van tortelduiwe of van jong duiwe.
Vers 15: En die priester moet dit na die altaar bring en die kop afknyp en op die altaar aan die brand steek, en die bloed moet teen die kant van die altaar uitgedruk word.
Vers 16: Dan moet hy die krop met die vere daaraan verwyder en dit by die altaar gooi, aan die oostekant van die asplek.
Vers 17: Dan moet hy dit by die vlerke skeur sonder om hulle af te trek, en die priester moet dit aan die brand steek, op die hout wat oor die vuur is. ‘n Brandoffer is dit, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die Here.
Levit 2 Vers 1: En as iemand aan die Here ‘n spysoffer bring, moet sy offer fynmeel wees. En hy moet olie daarop giet en wierook daarby voeg.
Vers 2: En hy moet dit na die priesters bring, en die priester moet daarvan ‘n handvol neem, van die fynmeel met die olie en die wierook, en hy moet dit as die gedenkoffer op die altaar aan die brand steek, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die Here.
Vers 3: En wat oorbly is vir die priesters. ‘n Hoogheilige deel van die vuuroffer van die Here.
Vers 4: As jy ‘n spysoffer bring wat in die oond gebak is, moet dit fynmeel wees, ongesuurde koeke met olie gemeng, en ongesuurde platkoeke met olie bestryk.
Vers 5: En as die offer van die bakplaat jou spysoffer is moet dit fynmeel wees met olie gemeng en ongesuurd.
Vers 6: Breek dit in stukke en giet olie daarop. Dit is ‘n spysoffer.
Vers 7: As die spysoffer uit die pan jou offer is, moet dit van fynmeel met olie berei word.
Vers 8: Dan moet jy die spysoffer wat daarvan berei word, aan die Here bring. Hulle moet dit na die priester aanbring, en hy moet dit na die altaar dra.
Vers 9: Die priester moet van die spysoffer die gedenkoffer daarvan aflig en op die altaar aan die brand steek. ‘n Vuuroffer van lieflike geur aan die Here.
Vers 10: En wat oorbly van die spysoffer, is vir die priesters, ‘n hoogheilige deel van die vuuroffers van die Here.
Vers 11: Geen spysoffer wat julle aan die Here bring, mag van iets wat ingesuur is, berei word nie. Want van geen suurdeeg of heuning mag julle vir die Here ‘n vuuroffer aan die brand steek nie.
Vers 12: As ‘n offer van eerstelinge mag julle dit aan die Here bring, maar op die altaar mag dit nie as lieflike geur kom nie.
Vers 13: En jy moet al jou spysoffers met sout berei, en jy mag die sout van die verbond van jou God by jou spysoffer nie laat ontbreek nie. By al jou offers moet jy sout bring.
Vers 14: En as jy aan die Here ‘n offer van eerstelinge bring, moet jy as spysoffer van jou eerstelinge bring, are wat oor die vuur gebraai is, gebreekte korrels van vars graan.
Vers 15: En jy moet olie daarby voeg en wierook daarop strooi. ‘n Spysoffer is dit.
Vers 16: Dan moet die priester die gedenkoffer daarvan, ‘n deel van die gebreekte koring en van die olie met al die wierook, aan die brand steek as ‘n vuuroffer aan die Here.
Levit 3 Vers 1: En as ‘n dankoffer sy offer is, as hy dit bring van beeste, bul of vers, moet hy dit sonder gebrek voor die Aangesig van die Here bring.
Vers 2: En hy moet sy hand op die kop van sy offer lêë en dit slag by die ingang van die tent van samekoms. En die priesters moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
Vers 3: Dan moet hy van die dankoffer ‘n vuuroffer aan die Here bring. Die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is.
Vers 4: En die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer - by die niere moet hy dit wegneem.
Vers 5: En die priesters moet dit aan die brand steek, op die brandoffer wat op die hout is, bo op die vuur, as ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die Here.
Vers 6: As sy offer ‘n stuk kleinvee is, as ‘n dankoffer aan die Here, moet hy dit bring sonder gebrek, ram of ooi.
Vers 7: As hy ‘n skaaplam bring as sy dankoffer, moet hy dit voor die Aangesig van die Here bring.
Vers 8: En sy hand op die kop van sy dankoffer lê en dit slag voor die tent van samekoms, en die priesters moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
Vers 9: Daarna moet hy van die dankoffer die vet as vuuroffer aan die Here bring. Die hele vetstert. Naby die stuitjie moet hy dit wegneem, en die vet wat oor die binnegoed lê en al die vet wat aan die binnegoed is.
Vers 10: En die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer - by die niere moet hy dit wegneem.
Vers 11: En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir die Here.
Vers 12: En as sy spysoffer ‘n bok is, moet hy dit voor die Aangesig van die Here bring.
Vers 13: En sy hand op die kop daarvan lê en dit slag voor die tent van samekoms. En die priesters moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
Vers 14: Dan moet hy daarvan sy offer as vuuroffer aan die Here bring. Die vet wat oor die binnegoed lê en al die vet wat aan die binnegoed is.
Vers 15: En die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer - by die niere moet hy dit wegneem.
Vers 16: En die priester moet dit aan die brand steek op die altaar as vuurofferspys vir ‘n lieflike geur aan die Here. Al die vet behoort aan die Here.
Vers 17: ‘n Ewige insetting is dit vir julle geslagte in al julle woonplekke. Geen vet en geen bloed mag julle eet nie.
Levit 4 Vers 2: As iemand in swakheid sondig teen een van alle gebooie van die Here en een van die dinge doen wat nie gedoen mag word nie, doen,
Vers 3: As die gesalfde priester sondig, sodat die volk daardeur skuldig word, moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, ‘n jong bul sonder gebrek aan die Here as sondoffer bring
Vers 4: En hy moet die bul bring na die ingang van die tent van samekoms, voor die Aangesig van die Here, en moet sy hand op die kop van die bul lê en die bul slag voor die Aangesig van die Here.
Vers 5: Dan moet die gesalfde priester die bloed van die bul bring na die tent van samekoms.
Vers 6: En die priester moet sy vinger in die bloed steek en van die bloed sewe maal sprinkel voor die Aangesig van die Here, voor die voorhangsel van die heiligdom. Ook moet die priester van die bloed stryk aan die horings van die altaar, van die reukwerk van spesirye, wat in die tent van samekoms is, voor die Aangesig van die Here, en hy moet al die orige bloed van die bul uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is,
Vers 8: En al die vet van die sondofferbul moet hy van hom aflig, die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,
Vers 9: En die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer, by die niere moet hy dit wegneem,
Vers 10: Soos dit van die dankofferbul afgelig word, en die priester moet dit aan die brand steek op die brandofferaltaar.
Vers 11: Maar die vel van die bul en al sy vleis met die kop en die pote en die binnegoed en mis,
Vers 12: Die hele bul moet hy buitekant die laer uitbring op ‘n rein plek waar die as uitgegooi word, en hy moet hom op hout met vuur verbrand, op die plek waar die as uitgegooi word, moet hy verbrand word.
Vers 13: En as die hele vergadering hulle misgaan sonder dat die vergadering hom daarvan bewus is, en hulle enigiets doen wat die Here verbied het, en skuldig word,
Vers 14: En die sonde wat hulle so gedoen het bekend word, moet die vergadering ‘n jong bul as sondoffer laat aankom en hom voor die tent van samekoms bring,
Vers 15: En die oudstes van die vergadering moet hulle hande op die kop van die bul lê voor die Aangesig van die Here, en die bul moet voor die Aangesig van die Here geslag word.
Vers 16: Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul in die tent van samekoms bring,
Vers 17: En die priester moet sy vinger in die bloed steek en sewe maal voor die Aangesig van die Here, voor die voorhangsel sprinkel.
Vers 18: En hy moet van die bloed stryk aan die horings van die altaar wat in die tent van samekoms voor die Aangesig van die Here is, dan moet hy al die orige bloed uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is.
Vers 19: En hy moet al die vet van hom aflig en op die altaar aan die brand steek.
Vers 20: En met die bul doen soos met die sondofferbul gedoen is. En die priester moet vir hulle versoening doen, en dit sal hulle vergewe word.
Vers 21: Daarna moet hy die bul buitekant die laer uitbring en hom verbrand soos die eerste bul. Dit is ‘n sondoffer van die vergadering.
Vers 22: As ‘n owerste sondig en in swakheid enigiets doen wat die Here Sy God verbied het, en hy skuldig word,
Vers 23: En as sy sonde wat hy so gedoen het aan hom bekend word, moet hy as sy sondoffer bring ‘n bok sonder gebrek, ‘n ram.
Vers 24: En hy moet sy hand op die kop van die bok lê en hom slag op die plek waar hulle die brandoffer voor die Aangesig van die Here slag. Dit is ‘n sondoffer.
Vers 25: Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk, maar die orige bloed moet hy aan die onderkant van die brandofferaltaar uitgiet.
Vers 26: Hy moet ook al die vet op die altaar aan die brand steek soos die vet van die dankoffer. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens sy sonde, en dit sal hom vergewe word.
Vers 27: En as iemand van die volk van die land in swakheid sondig, omdat hy enigiets doen wat die Here verbied het, en hy skuldig word,
Vers 28: Of as sy sonde wat hy gedoen het aan hom bekend word, dan moet hy as sy sondoffer bring ‘n bok sonder gebrek, ‘n ooi, vir die sonde wat hy gedoen het,
Vers 29: En hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê, en die sondoffer slag op die plek van die brandoffer.
Vers 30: Dan moet die priester van haar bloed met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk. Maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet.
Vers 31: En al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankoffer af weggeneem is, en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as lieflike geur vir die Here. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en dit sal hom vergewe word.
Vers 32: Maar ingeval hy ‘n skaaplam as sy sondoffer bring, moet dit ‘n ooi wees sonder gebrek.
Vers 33: En hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en dit as sondoffer slag op die plek waar hulle die brandoffer slag.
Vers 34: Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk, maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet.
Vers 35: En al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankofferlam en die priester moet dit op die altaar oor die vuuroffers van die Here aan die brand steek. So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word.
Levit 5 Vers 1: As iemand sondig, dat hy die luid uitgesproke beswering hoor, terwyl hy getuie was, dit gesien het of daarvan weet, as hy naamlik dit nie te kenne gee nie en so sy ongeregtigheid moet dra;
Vers 2: Of as enigiemand iets aanraak wat onrein is, die aas van ‘n onrein wilde dier of vee of gedierte wat rondkruip en dit vir hom verborge was, maar hy onrein geword het en skuldig is;
Lev 5 Vers 3: Of as hy iets onrein van ‘n mens aanraak, en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is;
Vers 4: Of as iemand onverskillig sweer om kwaad of goed te doen, en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en hy is skuldig;
Vers 5: As hy aan een van hierdie dinge skuldig is moet hy bely waar hy teen gesondig het;
Vers 6: En as boete vir die sonde vir die Here ‘n ooi bring, ‘n skaaplam of ‘n bok, as sondoffer, en die priester moet vir hom versoening doen weens sy sonde.
Vers 7: As hy dit nie kan bekostig nie moet hy twee tortelduiwe of twee jong duiwe aan die Here bring, een as sondoffer en een as brandoffer.
Vers 8: En die priester moet die een wat as sondoffer bedoel is eerste offer, en sy kop vlak voor sy nek afknyp sonder om dit af te trek.
Vers 9: Dan moet hy van die bloed van die sondoffer teen die kant van die altaar sprinkel, maar wat oorbly van die bloed moet aan die onderkant van die altaar uitgedruk word. Dit is ‘n sondoffer.
Vers 10: En die ander een moet hy as brandoffer volgens voorskrif berei. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word.
Vers 11: Maar as hy nie twee duiwe kan bekostig nie, moet hy as offer die tiende van ‘n efa fynmeel as sondoffer bring. Hy moet geen olie daarop gooi en geen wierook daarby voeg nie, want dit is ‘n sondoffer.
Vers 12: En die priester moet daarvan ‘n handvol van neem as die gedenkoffer en dit op die altaar oor die vuuroffers van die Here aan die brand steek. Dit is ‘n sondoffer.
Vers 13: So moet die priester dan vir hom versoening doen, en dit sal hom vergewe word. Verder behoort dit aan die priester net soos die spysoffer.
Vers 15: As iemand in iets ontrou handel en in swakheid sondig mbt een van die heilige gawes van die Here moet hy as boete aan die Here bring ‘n ram sonder gebrek na jou skatting van die waarde in sikkels silwer, volgens die sikkel van die heiligdom, as ‘n skuldoffer.
Vers 16: En hy moet vir wat hy ten opsigte van die heilige gawes gesondig het, vergoeding gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg en dit aan die priester gee, en die priester moet vir hom versoening doen deur die skuldofferram, en dit sal hom vergewe word.
Vers 17: En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat die Here verbied het, en skuldig word en sy ongeregtigheid moet dra,
Vers 18: Dan moet hy ‘n ram sonder gebrek van die kleinvee as skuldoffer na die priester bring, en die priester moet vir hom versoening doen vir die misdryf wat hy sonder opset, onbewus begaan het. En dit sal hom vergewe word.
Vers 19: Dit is ‘n skuldoffer. Hy is sekerlik skuldig teenoor die Here.
Levit 6 Vers 2: As iemand teen sy naaste ontken dat iets aan hom toevertrou of as pand gegee is of deur hom geroof is, of dat hy sy naaste afgepers het,
Vers 3: Of dat hy iets gekry het wat weg was, en dit ontken, of dat hy vals sweer ten opsigte van enigiets,
Vers 4: As hy dan skuldig word, moet hy teruggee wat hy deur roof ontvreem of deur afpersing verkry het, of wat aan hom toevertrou was, of verlore goed wat hy gevind het.
Vers 5: Of alles waarvoor hy vals gesweer het, hy moet dan ten volle vergoeding gee en nog ‘n vyfde deel daarvan byvoeg, aan hom aan wie dit behoort, moet hy dit gee op die dag dat hy boete doen.
Vers 6: En hy moet van die kleinvee ‘n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring.
Vers 7: Dan moet die priester vir hom versoening doen voor die Aangesig van die Here, en dit sal hom vergewe word, enigiets wat ‘n mens doen, sodat hy daardeur skuldig word.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Dinsdag 16 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking