Dinsdag 16 Maart 2010

Verootmoedig

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Job 1 Vers 20: Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval.
Job 2 Vers 12: Toe hulle hom sien, het hulle hul stem verhef en geween; ook het hulle elkeen sy mantel geskeur en stof op hul hoofde gestrooi na die hemel toe.
Psalm 25 Vers 9: Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges Sy weg leer.
Psalm 37 Vers 11: Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.
1 Kon 21 Vers 27: En toe Agab hierdie woorde hoor, het hy sy klere geskeur en ‘n roukleed om sy lyf gebind en gevas. Hy het ook met ‘n roukleed geslaap en stadig rondgeloop.
Vers 28: Toe kom die Woord van die Here tot Elia en sê:
Vers 29: Het jy gesien dat Agab hom voor My Aangesig verneder het? omdat hy hom voor My aangesig verneder het, sal Ek die onheil in sy dae nie bring nie. In die dae van sy seun sal Ek die onheil oor sy huis bring.
Jona 3 Vers 6: En toe die berig die koning van Nineve bereik, het hy opgestaan van sy troon en sy mantel afgehaal, en in rougewaad gehuld in die as gaan sit.
Vers 7: En hy het in Nineve laat uitroep en sê: Op las van die koning - geen mens of dier mag aan iets proe nie, hulle mag nie wei of water drink nie.
Vers 8: Maar mens en dier moet ‘n rougewaad om hê, en hulle moet ernstig tot God roep, en elkeen moet hom van sy verkeerde weg bekeer, en van die onreg wat aan sy hande kleef. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: