Dinsdag 16 Maart 2010

Hoe lyk God en die geluid van God

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Gen 1 Vers 26: En God het gesê: Laat Ons mense maak na Ons beeld, na Ons gelykenis.
Vers 27: En God het die mens geskape na Sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.
Lev 26 Vers 11: En Ek sal My tabernakel onder julle oprig, en My Siel sal van julle geen afsku hê nie.
Gen 32 Vers 24: Maar Jakob het alleen agtergebly, en ‘n man het met hom geworstel tot dagbreek. (Jesus sê dat geen mens God kan aanskou en bly lewe nie.)
Vers 25: En toe hy sien dat hy hom nie kon oorwin nie, slaan hy hom op sy heupbeen, sodat die heupbeen van Jakob uit lit geraak het in die worsteling met hom.
Vers 26: Toe sê hy: Laat my gaan, want die dag het gebreek. Maar hy antwoord: Ek sal u nie laat gaan nie tensy u my seën.
Vers 28: Toe sê hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin.
Vers 30: Daarom noem Jakob die plek Pniël; want, hy het gesê, ek het God gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered. (Dit was 'n engel.)
Joh 14 Vers 7: As julle My geken het, sou julle My Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.
Vers 8: Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.
Vers 9: Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien.
1 Kon 19 Vers 11: En God sê: Gaan uit en staan op die berg voor die Aangesig van die Here. En kyk, die Here het verbygegaan, terwyl ‘n groot en sterk wind die berge skeur en die rotse verbreek voor die Here uit. In die wind was die Here nie. En na die wind ‘n aardbewing; in die aardbewing was die Here nie.
Vers 12: En na die aardbewing ‘n vuur; in die vuur was die Here nie. En na die vuur die gesuis van ‘n sagte koelte. En daar kom ‘n Stem na hom wat sê: Wat maak jy hier, Elia?
Psalm 104 Vers 2: Wat Uself omhul met die lig soos met ‘n kleed,
Vers 3: Wat Sy solders bou in die waters, wat van die wolke Sy wa maak, wat op die vleuels van die wind wandel.
Vers 4: Wat van die winde Sy boodskappers maak, van vuurvlamme Sy dienaars.
Psalm 121 Vers 3: Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.
Vers 4: Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.
Jes 40 Vers 28: Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van Sy verstand nie.
Jes 43 Vers 10: Voor My is geen God geformeer nie, en na My sal daar geeneen wees nie.
Jer 23 Vers 24: Sou iemand hom in skuilplekke kon wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die Here. Vervul Ek nie die hemel en die aarde nie?
Nahum 1 Vers 3: Sy weg is in warrelwind en in storm, en wolke is die stof van Sy voete.
Nahum 1 Vers 7: Die Here is goed; ‘n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.
Sag 4 Vers 10: Want wie verag die dag van klein dinge, terwyl daardie sewe - die oë van die Here wat die ganse aarde deurloop - met blydskap die skietlood aanskou in die hand van Serubbabel.
Joh 1 Vers 1: In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
Vers 2: Hy was in die begin by God. (Jesus)
Vers 3: Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
Vers 4: In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.
Vers 5: En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.
Vers 9: Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld. (Jesus.)
Vers 10: Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.
Vers 11: Hy het na Sy eiendom gekom, en Sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.
Vers 12: Maar almal wat Hom aangeneem het, het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in Sy Naam glo.
Vers 14: En die woord het vlees geword en onder ons gewoon - en ons het Sy heerlikheid aanskou.
Vers 18: Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, die het Hom verklaar.
Dan 7 Vers 9: Ek het bly kyk totdat trone reggesit is en ‘n Oue van dae gaan sit het; Sy kleed was wit soos sneeu en die hare van Sy hoof soos skoon wol; Sy Troon was vuurvlamme, die Wiele daarvan ‘n brandende vuur;
Vers 10: ‘n Stroom van vuur het gevloei en voor Hom uit gegaan; duisend maal duisende het Hom gedien, en tienduisend maal tienduisende het voor Hom gestaan; die gereg het gaan sit en die boeke is geopen. (Dit is nie God nie, maar 'n baie hooggeplaaste in die Hemel.)
Vers 13: En kyk, met die wolke van die hemel het een gekom soos die Seun van ‘n mens, (Jesus) en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom.
Openb 4 Vers 3: En Hy wat daarop sit, het in Sy voorkoms gelyk soos die steen jaspis en sardius; en rondom die troon was ‘n reënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos ‘n smarag.
Vers 4: En rondom die troon was daar vier - en - twintig trone, en op die trone het ek die vier - en - twintig ouderlinge sien sit, bekleed met wit klere; en hulle het goue krone op hul hoofde gehad.
Vers 5: En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die Troon uitgegaan, en sewe Vuurvakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die Troon gebrand.
Vers 6: En voor die Troon was daar ‘n see van glas soos kristal, en in die middel van die Troon en rondom die Troon vier lewende wesens vol oë van voor en van agter. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: