GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Job 37 vers 2: Luister, luister na die gedruis van Sy stem en die dreuning wat uit Sy mond uitgaan.
Vers 3: Onder die ganse hemel laat Hy dit los en Sy lig oor die eindes van die aarde.
Vers 4: Daarna brul Sy stem, Hy donder met Sy stem vol majesteit, en hou die bliksems nie terug as Sy stem gehoor word nie.
Vers 5: God donder wonderbaar met Sy stem; Hy doen groot dinge wat vir ons onbegryplik is.
Psalm 18 Vers 14: En die Here het in die hemel gedonder, en die Allerhoogste het Sy stem laat hoor;
1 Kon 19 Vers 11: En God sê: Gaan uit en staan op die berg voor die Aangesig van die Here. En kyk, die Here het verbygegaan, terwyl ‘n groot en sterk wind die berge skeur en die rotse verbreek voor die Here uit. In die wind was die Here nie. En na die wind ‘n aardbewing; in die aardbewing was die Here nie.
Vers 12: En na die aardbewing ‘n vuur; in die vuur was die Here nie. en na die vuur die gesuis van ‘n sagte koelte. En daar kom ‘n stem na hom wat sê: Wat maak jy hier, Elia?
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Dinsdag 16 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking