Woensdag 17 Maart 2010

Vereistes vir opsieners, ouderlinge en diakens

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
1 Tim 3 Vers 1: Dit is ‘n betroubare woord: As iemand na ‘n opsienersamp verlang, begeer hy ‘n voortreflike werk.
Vers 2: ‘n Opsiener dan, moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig.
Vers 3: Geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie.
Vers 4: Een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou.
Vers 5: Maar as iemand nie weet om sy eie huis te regeer nie, hoe sal hy vir die gemeente van God sorg dra?
Vers 6: Hy moet nie ‘n nuweling wees nie, sodat hy nie verwaand word en in dieselfde oordeel as die duiwel val nie.
Vers 7: Maar hy moet ook goeie getuienis hê van die buitestaanders, sodat hy nie in veragting en in die strik van die duiwel val nie.
Vers 8: Net so moet die diaken waardig wees, nie uit twee monde spreek nie, nie verslaaf aan wyn nie, geen vuilgewin soekers nie.
Vers 9: Manne wat die verborgenheid van die geloof in ‘n rein gewete hou.
Vers 10: En hulle moet ook eers ‘n proeftydperk deurmaak; daarna, as hulle onberispelik is, kan hulle dien.
Vers 11: Net so moet hul vroue waardig wees, geen kwaadspreeksters nie, nugter, betroubaar in alles.
Vers 12: Die diakens moet die manne van een vrou wees en hulle kinders en huise goed regeer.
Vers 13: Want die wat goed gedien het, verkry vir hulle ‘n eervolle plek en veel vrymoedigheid in die geloof in Christus Jesus.
Vers 15: Nou kan jy weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God.
1 Tim 5 Vers 9: Laat ‘n weduwee gekies word, nie minder as sestig jaar oud nie, wat die vrou van een man gewees het,
Vers 10: En getuienis het van goeie werke, as sy kinders grootgemaak het, gasvry gewees het, die voete van die Heiliges gewas het, verdruktes gehelp en elke goeie werk nagestreef het,
Vers 11: Maar jy moet die jong weduwees afwys; want wanneer hulle tot oneer van Christus wellustig word, wil hulle trou,
Vers 12: En kom onder ‘n oordeel omdat hulle hul eerste geloof verwerp het. (Sy mag dus nie weer trou nadat sy hierdie amp aangeneem het nie.)
Vers 13: En tegelykertyd leer hulle ook om ledig by die huise rond te gaan; en nie alleen is hulle ledig nie, maar ook praatsiek en bemoeisiek, want hulle praat wat nie behoorlik is nie.
Tit 1 Vers 5: Dat jy van stad tot stad sal gaan en ouderlinge aanstel soos ek jou beveel het,
Vers 6: As iemand onberispelik is, man van een vrou, gelowige kinders het wat nie beskuldig word van losbandigheid of tugteloos is nie,
Vers 7: Want ‘n opsiener moet as ‘n rentmeester van God onberispelik wees. Sien ook verdere verse. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: