Woensdag 17 Maart 2010

Mag iemand wat die Woord verkondig daaruit geld verdien?

Mag iemand wat die Woord verkondig daaruit geld verdien, en moet hy slim of geleerd wees?

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Rom 12 Vers 13: Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid.
Luk 8 Vers 2: Ook sekere vroue wat genees was van bose geeste en siektes het Hom gevolg, en baie ander vroue wat Hom almal met hulle besittings gedien het.
1 Kor 9 Vers 4: Het ons dan geen vryheid om te eet en te drink nie?
Vers 5: Het ons dan geen reg om ‘n suster as vrou met ons rond te neem net soos die ander apostels en die broers van die Here in Cefas nie?
Vers 7: Wie dien ooit as soldaat op eie koste? wie plant ‘n wingerd en eet nie van sy vrug nie? of wie pas ‘n kudde op en geniet nie van die melk van die kudde nie?
Vers 9: ‘n Os wat dors, mag jy nie muilband nie.
Vers 11: As ons vir julle die geestelike gesaai het, is dit ‘n groot saak as ons julle stoflike goed maai?
Vers 12: As ander deel het aan die reg op julle diens, het ons nie nog meer nie?
Vers 13: Weet julle nie dat die wat met die heilige dinge werk, uit die heiligdom eet nie? en die wat by die altaar besig is, met die altaar deel nie?
Vers 14: So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe.
1 Pet 5 Vers 2: Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid.
11 Kron 31 Vers 4: En die koning het die volk bevel gegee om die aandeel van die priesters en die Leviete te gee, sodat hulle aan die wet van die Here al hul krag kon wy.
1 Kor 1 Vers 26: Want let op julle roeping, broeders: Julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie.
Vers 27: Maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam.
Vers 28: En wat onedel is by die wêreld en verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak.
1 Kor 3 Vers 19: Want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; (Wat is, was, en wat was, is. God weet lankal alles wat ons nog moet uitvind.)
1 Kor 4 Vers 1: So moet ons dan beskou word as dienaars van Christus en bedienaars van die verborgenhede van God.
Vers 2; En verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word.
1 Kor 6 Vers 1: Durf iemand van julle wat ‘n saak teen ‘n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie?
Vers 2: Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? en as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?
Vers 3: Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?
11 Kor 4 Vers 13: Ek het geglo, daarom het ek gespreek - glo jy ook, daarom sal jy spreek.
11 Kor 6 Vers 4: Maar in alles beveel ons ons aan as dienaars van God, met baie geduld, in verdrukkinge, in node, in benoudhede.
Vers 5: In slae, in gevangenskappe, oproere, arbeid, slapelose nagte, hongerly,
Vers 6: Reinheid, kennis, lankmoedigheid, vriendelikheid, in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde,
Vers 7: In die woord van waarheid, in die krag van God, deur die wapens van die geregtigheid in die regter en linkerhand,
1 Tim 6 Vers 8: Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee tevrede wees.
Vers 9: Maar die wat ryk wil word, val in versoeking, en strikke en baie dwase en skandelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.
Vers 10: Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.
Vers 11: Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag na die geregtigheid, Godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.
1 Tim 6 Vers 12: Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.
1 Tim 6 Vers 17: Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie, en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet;
Vers 18: Deur eer en oneer, deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtig,
Vers 19: Onbekendes en tog goed bekend, as sterwendes en kyk, ons lewe, as getugtig en tog nie gedood nie,
Vers 20: As bedroefdes, maar altyd opgeruimd; as armes, maar wat baie ander ryk maak; as mense wat niks het nie en tog alles besit.
11 Tim 2 Vers 2: En wat jy van my gehoor het onder baie getuies, vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander te leer.
Vers 3: Ly dan verdrukking soos ‘n goeie krygsman van Jesus Christus.
Vers 4: Niemand wat ‘n krygsman is, wikkel hom in die werksaamhede van die lewensonderhoud nie, sodat hy die een kan behaag wat hom vir diens gewerf het.
Vers 6: Die landbouer wat swaar werk, behoort eerste van die vrugte te geniet.
1 Kor 6 Vers 4: As julle dan alledaagse regsake het, moet julle die persone daaroor laat sit wat in die gemeente die minste geag word.
Vers 5: Is daar dan nie eens een wyse onder julle, wat uitspraak sal kan doen tussen sy broeders nie?
Vers 6: Maar gaan die een broeder met die ander na die regbank, en dit voor ongelowiges?
Vers 7: Dan is dit al werklik ‘n gebrek onder julle, dat julle regsake onder mekaar het. Waarom ly julle nie liewer onreg nie? waarom laat julle jul nie liewer berowe nie?
Vers 8: Maar julle doen onreg en pleeg roof, en dit aan broeders!
1 Kor 6 Vers 9: Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beerwe nie?
Jak 2 Vers 5: Het God nie die armes van hierdie wêreld uitverkies as rykes in die geloof en erfgenames van die koninkryk nie? (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: