Woensdag 17 Maart 2010

Plig, en vergelyking van ‘n predikant, of profeet

Mag hy geld verdien?

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Eseg 33 Vers 2: As Ek die swaard oor ‘n land bring, en die mense van die land neem ‘n man uit hulle kring en stel hom as wag vir hulle aan,
Vers 3: En hy sien die swaard aankom en blaas met die basuin en waarsku die mense -
Vers 4: As dan iemand die geluid van die basuin hoor, maar hom nie laat waarsku nie, en die swaard kom en neem hom weg, dan is sy bloed op sy hoof.
Vers 5: Hy het die geluid van die basuin gehoor, maar het hom nie laat waarsku nie; sy bloed is op hom. Maar as hy hom laat waarsku, dan red hy sy siel.
Vers 6: As daarenteen die wag (Die predikant) die swaard sien kom, en met die basuin nie blaas nie, sodat die mense nie gewaarsku is nie, en die swaard kom en neem ‘n siel uit hulle weg - dan is hy deur sy ongeregtigheid weggeneem, maar sy bloed sal Ek van die hand van die wag eis. (Van die predikant)
Vers 7: En jy, o mensekind, Ek het jou as wag oor die huis van Israel aangestel; en as jy ‘n woord uit My mond hoor, moet jy hulle van My kant waarsku.
Vers 8: As Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe, en jy spreek nie om die goddelose vir sy weg te waarsku nie, dan sal hy, die Goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe, maar sy bloed sal Ek van jou hand eis.
Vers 9: Maar as jy die goddelose waarsku vir sy weg, dat hy hom daarvan moet bekeer, en hy hom nie bekeer van sy weg nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered.
Luk 8 Vers 2: Ook sekere vroue wat genees was van bose geeste en siektes het Hom gevolg, en baie ander vroue wat Hom almal met hulle besittings gedien het.
Eseg 34 Vers 2: Wee die herders van Israel wat aan hulleself weiding verskaf! (Ryk word uit ons) Moet die herders nie die skape laat wei nie?
Vers 3: Julle eet die vet en beklee julle met die wol; julle slag die vettes, maar die skape laat julle nie wei nie.
Vers 4: Julle versterk die swakkes nie en maak die siekes nie gesond nie en die wat gewond is verbind julle nie en wat weggedryf is, bring julle nie terug nie, en wat verlore is, soek julle nie; maar met strengheid heers julle oor hulle en met hardheid.
Vers 5: So het hulle dan verstrooid geraak, omdat daar geen herder was nie; en hulle het die voedsel geword van al die wilde diere van die veld en het verstrooid geraak.
Vers 6: My skape dwaal rond op al die berge en op al die hoë heuwels; ja, oor die hele oppervlakte van die aarde is My skape verstrooi, sonder dat iemand na hulle vra of na hulle soek.
Vers 7: Omdat My herders na My skape nie vra nie, en die herders aan hulleself weiding verskaf, maar My skape nie laat wei nie,
Vers 9: Daarom, o herders, hoor die woord van die Here!
Vers 10: So sê die Here: Kyk, Ek het dit teen die herders! en Ek sal My skape van hulle hand eis en maak dat hulle geen skape meer oppas nie, sodat die herders aan hulleself nie meer weiding sal verskaf nie; en Ek sal My skape uit hulle mond uitruk, sodat dit hulle nie as voedsel sal dien nie.
Vers 11: Want so sê die Here Here: Kyk, hier is Ek, en Ek sal na My skape vra en vir hulle sorg.
11 Kron 31 Vers 4: En die koning het die volk bevel gegee om die aandeel van die priesters en die Leviete te gee, sodat hulle aan die wet van die Here al hul krag kon wy.
Num 3 Vers 51: En Moses het die loskoopgeld aan Aaron en sy seuns gegee volgens die bevel van die Here, soos die Here Moses beveel het.
Num 18 Vers 20: Ook het die Here vir Aaron gesê: Jy sal in hulle land nie erwe nie, en jy sal geen deel onder hulle hê nie. Ek is jou deel en jou erfenis onder die kinders van Israel.
Vers 21: En kyk, Ek gee aan die kinders van Levi al die tiendes van Israel as erfdeel vir hulle dienswerk wat hulle verrig, die dienswerk van die tent van samekoms.
Vers 23: Maar die Leviete, hulle moet die dienswerk verrig, en hulle moet hul ongeregtighede dra. ‘n Ewige insetting is dit vir julle geslagte. En onder die kinders van Israel moet hulle geen erfdeel kry nie.
Vers 24: Want die tiendes van die kinders van Israel wat hulle aan die Here as offergawe afgee, gee Ek aan die Leviete as erfdeel. Daarom het Ek aangaande hulle gesê: Hulle moet onder die kinders van Israel geen erfdeel kry nie.
Vers 26: Spreek met die Leviete: As julle van die kinders van Israel die tiendes neem wat Ek aan julle van hulle as erfdeel gegee het, moet julle daarvan ‘n offergawe aan die Here afgee. ‘n Tiende van die tiende.
Josua 21 Vers 3: Toe het die kinders van Israel aan die Leviete, volgens die bevel van die Here, uit hulle erfdeel die volgende stede met hulle weiveld afgestaan:
11 Kon 5 Vers 26: Maar Elisa sê vir hom: Is dit tyd om die silwer te neem en om klere te neem en olyfbome en wingerde en kleinvee en beeste en slawe en slavinne?
Vers 27: Daarom sal die melaatsheid van Naaman jou en jou nageslag vir ewig aanklewe. En hy het van hom uitgegaan, melaats soos sneeu.
Neh 13 Vers 10: Ook het ek verneem dat die aandele van die Leviete nie gegee is nie, sodat die Leviete en sangers wat die dienswerk moes verrig, elkeen na sy grond gevlug het.
Miga 3 Vers 11: Sy hoofde spreek vonnisse uit vir ‘n geskenk, en sy priesters gee onderrig vir loon.
Matt 10 Vers 8: Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.
Vers 9: Moenie vir julle goud of silwer of koper in julle beurse aanskaf nie; geen reissak vir die pad of twee kledingstukke of skoene of ‘n stok nie; want die arbeider is sy voedsel werd. (Dit was in Jesus se tyd. Nou is dit anders.)
Vers 11: En in watter dorp of stad julle ookal mag ingaan, ondersoek wie daarin waardig is, en bly daar totdat julle vertrek.
Vers 12: En as julle die huis ingaan, groet dit;
Vers 13: En as die huis dit waardig is, laat julle vrede daarop kom; maar as dit nie waardig is nie, laat julle vrede na julle terugkeer.
Vers 14: En as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af.
Vers 15: Voorwaar Ek sê vir julle: Dit sal vir die land van Sodom en Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad.
Vers 16: Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in. Wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe.
Vers 22: En julle sal deur almal gehaat word ter wille van My naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
Vers 23: En wanneer hulle julle vervolg in die een stad, vlug na die ander toe.
Vers 28: En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie, vrees Hom wat albei kan verderwe in die hel.
Vers 29: Word twee mossies nie vir ‘n stuiwer verkoop nie? en nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie.
Vers 30; En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.
Vers 31: Wees dan nie bevrees nie, julle is meer werd as baie mossies.
Vers 32; elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor My Vader wat in die hemele is.
Vers 33: Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor My Vader in die hemel.
Vers 37: Wie vader of moeder of seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie.
Vers 38: En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.
Vers 39: Hy wat sy lewe verloor om My ontwil, sal die lewe vind.
Vers 40: Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.
Vers 41: Wie ‘n profeet ontvang omdat hy ‘n profeet is, sal die loon van ‘n profeet ontvang; en wie ‘n regverdige ontvang omdat hy ‘n regverdige is, sal die loon van ‘n regverdige ontvang.
Vers 42: En elkeen wat een van hierdie kleintjies net ‘n beker koue water laat drink, omdat hy ‘n dissipel is, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.
Matt 20 Vers 16: So sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste; want baie is geroep, maar min uitverkies.
Matt 25 Vers 20: En die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring vyf ander talente en sê: Meneer, vyf talente het u aan my toevertrou. Hier het ek vyf ander talente daarby verdien. (Nog vyf mense na die Vader toe gebring.)
Vers 21: En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel.
Vers 24: En die een wat die een talent ontvang het, kom ook en sê: Meneer, ek het u geken, dat u ‘n harde man is wat maai waar u nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar u nie uitgestrooi het nie.
Vers 25: Omdat ek bang was, het ek gegaan en u talent in die grond weggesteek. Hier het u wat aan u behoort.
Vers 28: Daarop sê sy heer: Neem die talent van hom weg, en gee dit aan die een wat die tien talente het.
Vers 29: Want aan elkeen wat het, sal gegee word, (Hy wat baie mense regverdig maak, en die Woord aan baie verkondig.) en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.
Vers 30: En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van tande.
Luk 12 Vers 47: En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak, of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word.
Vers 48: Maar hy wat nie geweet het nie, en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.
Luk 14 Vers 26: As iemand na My toe kom, en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy My dissipel nie wees nie.
Vers 33: So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, My dissipel wees nie.
Luk 17 Vers 6: As julle geloof gehad het soos ‘n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant - en hy sou julle gehoorsaam wees.
Vers 7: En wie is daar van julle wat ‘n dienskneg het wat ploeg of vee oppas, en as hy inkom van die veld vir hom sal sê: Kom dadelik hier aan tafel?
Vers 8: Sal hy nie eerder vir hom sê: Maak vir my die aandete klaar en omgord jou en bedien my totdat ek geëet en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink?
Vers 9: Bedank hy daardie dienskneg, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? ek glo nie.
Vers 10: So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.
Luk 22 Vers 36: Toe sê Jesus vir hulle: Maar nou, wie ‘n beurs het, laat hom dit neem, en so ook die reissak; en wie dit nie het nie, moet sy kleed verkoop en ‘n swaard koop. (Dit was net voor die kruisiging. Jesus het geweet dat van daardie dag af, sal dit vir die profeet lewensgevaarlik wees, daarom moet hy ‘n wapen saamneem. Hy sal ook nie oral welkom wees nie, hy moet dus ‘n reissak met kos en skoon klere saamneem.)
Joh 8 Vers 29: En Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is.
Vers 31: En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in My woord bly, is julle waarlik My dissipels.
Vers 32: En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
Vers 34: Elkeen wat die sonde doen, is ‘n dienskneg van die sonde.
Joh 8 Vers 43: Waarom ken julle My spraak nie? omdat julle na My woord nie kan luister nie.
Vers 44: Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. In hom is daar geen waarheid nie. Hy is ‘n leuenaar, en die vader daarvan.
Vers 47: Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie.
Joh 9 Vers 4: Ek moet die werke doen van Hom wat My gestuur het, so lank as dit dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie. (Die tyd van die 666.)
Joh 12 Vers 26: As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal My dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer. Voorwaar Ek sê vir julle, wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang my; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.
Joh 14 Vers 10: Die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.
Vers 12: Voorwaar, Ek sê vir julle, wie in My glo - die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na My Vader gaan.
Vers 13: En wat julle ook al in My Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.
Vers 14: As julle iets in My Naam vra, sal Ek dit doen.
Vers 15: As julle My liefhet, bewaar My gebooie.
Vers 16: En Ek sal die Vader bid, en Hy sal die Heilige Gees gee om by julle te bly tot in ewigheid.
Vers 2 1: Wie My gebooie het, en die bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hom sal My Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê, en My aan hom openbaar.
Vers 23: As iemand My liefhet, sal hy My woord bewaar, en My Vader sal hom liefhê. En ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.
Vers 26: Maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in My Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
Joh 15 Vers 4: Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van hom self as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle nie in My bly nie.
Vers 5: Sonder My kan julle niks doen nie.
Vers 7: As julle in My bly, en My woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.
Vers 8: En julle sal My dissipels wees.
Vers 10: As julle My gebooie bewaar, sal julle in My liefde bly, net soos Ek die gebooie van My Vader bewaar en in Sy liefde bly.
Vers 12: Dit is My gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.
Vers 13: Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.
Vers 14: Julle is My vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.
Vers 16: Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra, en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in My Naam vra, Hy julle dit kan gee.
Vers 18: As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.
Vers 19: As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle.
Vers 22: As Ek nie gekom, en met hulle gespreek het nie, sou hulle geen sonde hê nie; maar nou het hulle geen verskoning vir hul sonde nie.
Vers 23: Wie My haat, haat ook My Vader.
Vers 24: As Ek nie die werke onder hulle gedoen het nie, sou hulle geen sonde hê nie. Maar nou het hulle dit gesien, en tog het hulle My sowel as My Vader gehaat.
Vers 25: Hulle het My sonder oorsaak gehaat.
Joh 16 Vers 24: Tot nou toe het julle niks in My Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.
Vers 27: Want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefgehad en geglo het dat Ek van God uitgegaan het.
Vers 33; In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
Matt 28 Vers 19: Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om te onderhou alles wat Ek julle beveel het.
Vers 20: En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.
Joh 17 Vers 11: Heilige Vader, bewaar in U Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos ons.
Vers 17: Heilig hulle in U waarheid; U woord is die waarheid.
Joh 19 Vers 26: En toe Jesus sy moeder sien, en die dissipel wat Hy liefgehad het, by haar sien staan, sê Hy vir sy moeder: Vrou, daar is u seun!
Vers 27: Daarop sê Hy vir die dissipel: Daar is jou moeder! en van daardie uur af het die dissipel haar in sy huis geneem.
Joh 20 Vers 23: As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou.
Vers 29: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo. Salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.
Hand 1 Vers 8: Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem, en tot aan die uiterste van die aarde.
Matt 5 Vers 44: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg.
Vers 45: Sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is, want Hy laat Sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.
Vers 46: Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? doen die tollenaars nie ook dieselfde nie?
Vers 47: En as julle net jul broeders groet, wat besonders doen julle dan? doen die tollenaars nie ook so nie?
Hand 2 Vers 44: En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit.
Vers 45: En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het.
Vers 46: En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, terwyl hulle God geprys het.
Hand 4 Vers 32: En die menigte van die wat gelowig geword het, was een in hart en siel, en nie een het gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie, maar hulle het alles in gemeenskap gehad.
Vers 34: Want niemand onder hulle was behoeftig nie; want almal wat besitters van gronde of huise was, het dit verkoop en die prys van wat verkoop is, gebring en aan die voete van die apostels neergelê.
Vers 35: En aan elkeen is uitgedeel volgens wat hy nodig gehad het.
Han 18 Vers 6: Maar toe hulle aanhou om teëstand te bied en godslasterlike dinge te spreek, het hy sy klere uitgeskud en vir hulle gesê: Julle bloed is op julle hoof. Ek is rein. Van nou af sal ek na die heidene gaan.
Vers 9: En die Here het deur ‘n gesig in die nag aan Paulus gesê: Wees nie bevrees nie, maar spreek en moenie swyg nie.
Vers 10: Want Ek is met jou, en niemand sal die hand aan jou slaan om jou kwaad aan te doen nie, want Ek het baie mense in hierdie stad.
Vers 18: En nadat Paulus nog verskeie dae daar gebly het, het hy van die broeders afskeid geneem, en saam met hom Priscilla en Aquila geneem. (Man en vrou) en in Kenchreë het hy sy hoof geskeer, want hy het ‘n gelofte gedoen.
Han 19 Vers 9: Maar toe sommige van hulle verhard en ongehoorsaam was en voor die menigte aanhou kwaad spreek van die weg, het Hy van hulle weggegaan, en die dissipels afsonderlik geneem en elke dag in die skool van ‘n sekere Tirannus samesprekinge gehou.
Vers 10: En dit het twee jaar lank geduur.
Vers 11: En God het buitengewone kragte deur die hande van Paulus gedoen,
Vers 12: Sodat selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelê is, die siektes van hulle gewyk en die geeste van hulle uitgegaan het.
Han 20 Vers 7: En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek tot middernag toe.
Vers 28: Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.
Vers 34: Dit is saliger om te gee as om te ontvang.
Vers 36: En na hierdie woorde het hy neergekniel en met hulle almal saam gebid.
Han 21 Vers 11: En ‘n profeet uit Judea het by ons gekom, en neem die gordel van Paulus en bind sy eie hande en voete, en sê: So sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind, en in die hande van die heidene oorlewer.
Vers 13; Maar Paulus sê: Ek is bereid nie alleen om gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterwe in die Naam van die Here Jesus.
Rom 16 Vers 16: Groet mekaar met ‘n heilige kus.
1 Kor 1 Vers 22: Want die Jode vra ‘n teken en die Grieke soek wysheid.
Vers 23: Maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, ‘n struikelblok vir die Jode, (As hulle nou glo, is hulle in die moeilikheid, want hulle het by Jesus se verhoor gesê: "Laat Sy bloed op ons wees, kruisig Hom.") en dwaasheid vir die Grieke.
Vers 26: Want let op julle roeping, broeders: Julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie.
Vers 27: Maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam.
Vers 28: En wat onedel is by die wêreld en verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak.
1 Kor 4 Vers 1: So moet ons dan beskou word as dienaars van Christus en bedienaars van die verborgenhede van God.
Vers 2: En verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word.
Vers 5: Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang.
1 Kor 4 Vers 6: Wees nie opgeblase die een teenoor die ander nie.
Vers 7: Want wat het jy wat jy nie ontvang het nie? en as jy dit dan ontvang het, waarom roem jy asof jy dit nie ontvang het nie?
Vers 11: Tot op hierdie uur ly ons honger en dors, is ons naak en word geslaan, en swerwe ons rond,
Vers 12: En swoeg ons deur met ons eie hande te werk. Word ons uitgeskel, ons seën; word ons vervolg, ons verdra dit.
Vers 13: Word ons belaster, ons troos; soos uitvaagsels van die wêreld het ons geword, die afskraapsel van almal tot nou toe.
Vers 20: Want die koninkryk van God bestaan nie uit woorde nie, maar uit krag.
1 Kor 5 Vers 9: Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie.
Vers 11: Maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.
Vers 12: Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? oordeel julle nie die wat binne is nie?
1 Kor 5 Vers 13: Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog die slegte mens onder julle uit.
1 Kor 6 Vers 1: Durf iemand van julle wat ‘n saak teen ‘n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie?
Vers 2: Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? en as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?
Vers 3: Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?
Vers 4: As julle dan alledaagse regsake het, moet julle die persone daaroor laat sit wat in die gemeente die minste geag word.
Vers 5: Is daar dan nie eens een wyse onder julle, wat uitspraak sal kan doen tussen sy broeders nie?
Vers 6: Maar gaan die een broeder met die ander na die regbank, en dit voor ongelowiges?
Vers 7: Dan is dit al werklik ‘n gebrek onder julle, dat julle regsake onder mekaar het. Waarom ly julle nie liewer onreg nie? waarom laat julle jul nie liewer berowe nie?
Vers 8: Maar julle doen onreg en pleeg roof, en dit aan broeders!
1 Kor 6 Vers 9: Of wees julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beerwe nie?
Vers 10: Moenie dwaal nie! geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
Vers 11: En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.
1 Kor 7 Vers 22: Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ‘n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ‘n slaaf van Christus.
Vers 23: Julle is duur gekoop; moenie slawe van mense word nie.
Vers 24: Laat elkeen in die staat waarin hy geroep is, bly voor God.
Vers 26: Dit is goed vanweë die aanstaande nood vir ‘n mens om ‘n maagd te bly.
Vers 27: Is jy aan ‘n vrou verbonde, moenie losmaking soek nie; is jy los van ‘n vrou, moenie ‘n vrou soek nie.
Vers 28: Maar as jy tog trou, sondig jy nie; en as ‘n maagd trou, sondig sy nie; maar sulke mense sal verdrukking hê vir die vlees, en ek wil julle spaar.
Vers 29: Maar dit sê ek, broeders, die tyd is kort; van nou af moet ook die wat vroue het, wees asof hulle nie het nie.
1 Kor 7 Vers 32: En ek wil hê dat julle onbesorg moet wees. Die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here, hoe hy die Here sal behaag.
Vers 33: Maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe hy die vrou sal behaag.
Vers 34: Daar is ook onderskeid tussen ‘n vrou en ‘n maagd. Die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na die gees, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy die man sal behaag.
1 Kor 7 Vers 36: Maar as iemand meen dat hy onwelvoeglik met sy maagd handel as sy oor die jeugdige leeftyd is, en dit so moet wees, laat hom doen wat hy wil. Hy sondig nie. Laat hulle trou.
Vers 37: Maar hy wat in sy hart vasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar mag het oor sy eie wil en dit in sy eie hart besluit het om sy maagd te bewaar, hy doen goed.
Vers 38: Daarom, ook hy wat in die huwelik uitgee, doen goed. Maar hy wat in die huwelik nie uitgee nie, doen beter.
1 Kor 7 Vers 39: ‘n Vrou is deur die wet gebonde solank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here.
Vers 40: Sy is egter gelukkiger as sy so bly.
1 Kor 9 Vers 4: Het ons dan geen vryheid om te eet en te drink nie?
Vers 5: Het ons dan geen reg om ‘n suster as vrou met ons rond te neem net soos die ander apostels en die broers van die Here in Cefas nie?
Vers 7: Wie dien ooit as soldaat op eie koste? wie plant ‘n wingerd en eet nie van sy vrug nie? of wie pas ‘n kudde op en geniet nie van die melk van die kudde nie?
Vers 9: ‘n Os wat dors, mag jy nie muilband nie. (Moenie die profete terughou nie.)
Vers 11: As ons vir julle die geestelike gesaai het, is dit ‘n groot saak as ons julle stoflike goed maai?
Vers 12: As ander deel het aan die reg op julle diens, het ons nie nog meer nie?
Vers 13: Weet julle nie dat die wat met die heilige dinge werk, uit die heiligdom eet nie? en die wat by die altaar besig is, met die altaar deel nie?
Vers 14: So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe.
Vers 16: Want as ek die evangelie verkondig, is dit vir my geen roem nie; want die dwang is my opgelê, en wee my as ek die evangelie nie verkondig nie!
Vers 17: Want as ek dit vrywillig doen, het ek loon; maar as ek dit onwillig doen, is ‘n rentmeesterskap aan my toevertrou.
Vers 18: Watter loon het ek dan? dat as ek die evangelie verkondig, ek die evangelie van Christus kosteloos bring, om nie van my reg in die evangelie ten volle gebruik te maak nie.
Vers 24: Die wat op die baan hardloop, hardloop almal, maar slegs een ontvang die prys. Hardloop so dat julle dit sekerlik kan behaal. (Lewe so dat jy die ewige lewe beërwe.)
Vers 27: Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie.
1 Kor 10 Vers 5: Maar God het in die meeste van ons vaders geen welgevalle gehad nie; want hulle is neergeslaan in die woestyn.
Vers 6: En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie.
Vers 8: En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle nie, en daar het op een dag drie-en-twintigduisend geval.
Vers 9: En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle ook gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom.
Vers 10: En moenie murmureer soos sommige van hulle nie, en hulle het deur die verderwer omgekom.
Vers 11: Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.
Vers 12: Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.
Vers 13: Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.
1 Kor 10 Vers 27: En as een van die ongelowiges julle nooi en julle is gewillig om te gaan, eet dan alles wat julle voorgesit word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.
Vers 28: Maar as iemand aan julle sê: Dit is ‘n afgodsoffer - moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit te kenne gegee het, en ter wille van die gewete.
1 Kor 12 Vers 28: En God het sommige in die gemeente gestel: In die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale;
Vers 29: Almal is tog nie apostels nie, of profete of leraars of kragte nie?
Vers 30: Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê?
Vers 31: Maar beywer julle met die oog op die beste gawes.
1 Kor 14 Vers 34: Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook sê.
Vers 35: Maar as hulle iets wil leer, laat hulle tuis hul eie mans vra, want dit is lelik vir vroue om in die gemeente te spreek.
1 Kor 16 Vers 1: Wat die insameling vir die heiliges betref;
Vers 2: Op die eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insameling nie eers plaasvind as ek kom nie.
Vers 20: Groet mekaar met ‘n heilige kus.
1 Kor 16 Vers 22: As iemand die Here Jesus Christus nie liefhet nie, laat hom ‘n vervloeking wees!
11 Kor 1 Vers 6: Maar of ons verdruk word, dit is julle tot troos en redding; en dit laat sy werking blyk deurdat julle dieselfde lyding verduur wat ons ook ondergaan;
Vers 9: Ja, ons het al self by onsself die doodvonnis oor ons gehad, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dode opwek;
11 Kor 2 Vers 5: Maar as iemand droefheid veroorsaak het, dan het hy my nie bedroef nie, maar julle almal.
Vers 6: Vir so iemand is daardie bestraffing deur die meerderheid genoeg;
Vers 7: Sodat julle hom liewer moet vergewe en vertroos, dat so iemand nie miskien deur alte groot droefheid verteer word nie.
Vers 8: Daarom vermaan ek julle om die liefde aan hom te bevestig.
11 Kor 4 Vers 8: In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie.
Vers 9: Vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie.
Vers 13: Ek het geglo, daarom het ek gespreek - glo jy ook, daarom sal jy spreek.
Vers 17: Want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid;
Vers 18: Omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, en die onsigbare ewig.
11 Kor 5 Vers 15: En Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het, en opgewek is.
Vers 17: Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
Vers 21: Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.
11 Kor 6 Vers 4: Maar in alles beveel ons ons aan as dienaars van God, met baie geduld, in verdrukkinge, in node, in benoudhede.
Vers 5: In slae, in gevangenskappe, oproere, arbeid, slapelose nagte, hongerly,
Vers 6: Reinheid, kennis, lankmoedigheid, vriendelikheid, in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde,
Vers 7: In die woord van waarheid, in die krag van God, deur die wapens van die geregtigheid in die regter en linkerhand,
Vers 8: Deur eer en oneer, deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtig,
Vers 9: Onbekendes en tog goed bekend, as sterwendes en kyk, ons lewe, as getugtig en tog nie gedood nie,
Vers 10: As bedroefdes, maar altyd opgeruimd; as armes, maar wat baie ander ryk maak; as mense wat niks het nie en tog alles besit.
11 Kor 8 Vers 3: Want hulle was bo vermoë gewillig vir die insameling.
Vers 4: En het ons met groot aandrang gesmeek dat ons hulle gawe en hulle deel in die diensbetoning aan die heiliges moet ontvang.
11 Kor 11 Vers 7: Of het ek sonde gedoen deur my te verneder sodat julle verhoog kan word, omdat ek die evangelie van God kosteloos aan julle verkondig het?
Vers 8: Ander gemeentes het ek beroof deur vergoeding te neem om julle te bedien; en toe ek by julle teenwoordig was en gebrek gehad het, het ek niemand lastig geval nie.
Vers 9: Want in my gebrek het die broeders van Macedonië voorsien.
11 Kor 12 Vers 9: En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want My krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.
Vers 10: Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.
11 Kor 13 Vers 11: Verder, broeders, wees bly, word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.
Gal 6 Vers 6: Maar laat hom wat in die woord onderwys ontvang, meedeel van alle goeie dinge aan hom wat onderwys gee.
Vers 7: Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.
Vers 8: Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.
Vers 9: En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.
Gal 6 Vers 10: Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof.
Efe 4 Vers 1: Ek vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is.
Vers 2: Met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra.
Vers 3: En ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.
Vers 4: Dit is een liggaam en een gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping:
Efe 4 Vers 5: Een God, een geloof, een doop.
Vers 6: Een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.
Vers 7: Maar aan elkeen van ons is die genade gegee volgens die mate van die gawe van Christus.
Efe 6 Vers 11: Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
Vers 12: Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wëreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
Vers 13: Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
Vers 14: Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan.
Vers 15: En as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.
Vers 16: Behalwe dit alles, neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die bose sal kan uitblus.
Fil 3 Vers 8: Ja, waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry.
Vers 9: En in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met die wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof;
Vers 15: Laat ons almal dan wat volmaak is, so gesind wees; en as julle anders gesind is, sal God dit ook aan julle openbaar.
Fil 4 Vers 4: Verbly julle altyd in die Here, ek herhaal: Verbly julle!
Vers 5: Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.
Vers 6: Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.
Vers 7: En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
Vers 8: Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, rein is, lieflik is, loflik is - watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
Fi14 Vers 12: Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig; om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly;
Vers 13: Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
Vers 15: En julle, Fillipense, weet ook in die begin van die evangelie, het geen gemeente deel gehad in my rekening van uitgawe en inkomste nie, behalwe julle alleen.
Vers 16: Want ook in Thessalonika het julle vir my behoefte meer as een maal iets gestuur.
Ko14 Vers 6: Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.
1 Thes 4 Vers 10: Maar ons vermaan julle, broeders, om oorvloediger te wees.
Vers 11: En julle eer daarin te stel om rustig te lewe en julle eie sake te behartig en met julle eie hande te werk.
Vers 12: Sodat julle welvoeglik kan wandel teenoor die wat buite is, en aan niks behoefte mag hê nie.
1 Thess 5 Vers 12: Maar ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan;
Vers 13: En bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk. Hou vrede onder mekaar.
Vers 14: Vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal.
Vers 15: Sorg dat niemand ‘n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd na wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.
Vers 16: Wees altyddeur bly.
Vers 17: Bid sonder ophou.
Vers 18: Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.
Vers 19: Blus die Gees nie uit nie.
Vers 20: Verag die profesieë nie.
Vers 21: Beproef alle dinge; behou die goeie.
Vers 22: Onthou julle van elke vorm van kwaad.
11 Thess 3 Vers 6: Ons beveel julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, dat julle jul onttrek aan elke broeder wat onordelik wandel en nie volgens die oorlewering wat hy van ons ontvang het nie.
Vers 8: Ook het ons nie brood by iemand kosteloos geëet nie, maar ons het met arbeid en inspanning nag en dag gewerk om nie iemand van julle tot las te wees nie.
Vers 9: Nie dat ons nie die reg het nie, maar om onsself vir julle as voorbeeld te stel, dat julle ons kan navolg.
11 Thess 3 Vers 10: Want ook toe ons by julle was, het ons julle dit altyd beveel: As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.
Vers 11: Sommige onder julle wil nie werk nie, maar is bemoeisiek.
Vers 12: Sulke mense beveel en vermaan ons deur onse Here Jesus Christus, om rustig te werk en hulle eie brood te eet.
Vers 13: En julle, broeders, moet nie in goeddoen verflou nie.
Vers 14: En as iemand ons woorde in hierdie brief nie gehoorsaam is nie, teken die man se naam aan, en hou geen gemeenskap met hom nie, sodat hy skaam kan word.
Vers 15: En beskou hom nie as ‘n vyand nie, maar vermaan hom as ‘n broeder.
1 Tim 1 Vers 19: En aan die geloof en ‘n goeie gewete vashou. Sommige het dit van hulle weggestoot en aan die geloof skipbreuk gely,
Vers 20: Onder wie daar is Himeneus en Alexander, wat ek aan die satan oorgegee het, sodat hulle kan leer om nie te laster nie.
1 Tim 4 Vers 12: Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees ‘n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid.
Vers 14: Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie, wat jou gegee is deur die profesie met die handoplegging van die ouderlinge.
Vers 15: Wees vlytig in hierdie dinge, leef daarin, sodat jou vooruitgang vir almal duidelik kan wees.
Vers 16: Let op jouself op die leer; volhard daarin; want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as die wat dit hoor.
1 Tim 5 Vers 1: ‘n Bejaarde man moet jy nie hard bestraf nie, maar vermaan hom soos ‘n vader, jongeres soos broers,
Vers 2: Bejaarde vroue soos moeders, jongeres soos susters in alle reinheid.
Vers 3: Eer die weduwees wat waarlik weduwees is.
Vers 4: Maar as ‘n weduwee kinders of kleinkinders het, laat hulle eers leer om teenoor hulle eie huis eerbied te betoon en vergelding te doen aan hul ouers; want dit is goed en aangenaam voor God.
1 Tim 5 Vers 5: En sy wat waarlik weduwee is, en alleen gelaat is, hoop op God en bly in smekinge en gebede nag en dag.
Vers 6: Maar sy wat losbandig is, is lewendig dood.
Vers 8: Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as ‘n ongelowige.
1 Tim 5 Vers 19: Moenie ‘n beskuldiging teen ‘n ouderling aanneem nie, behalwe op die getuienis van twee of drie.
Vers 20: Bestraf die wat sondig in die teenwoordigheid van almal, sodat ook die ander kan vrees.
Vers 22: Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein.
1 Tim 5 Vers 23: Moenie langer water alleen drink nie, maar gebruik ‘n bietjie wyn ter wille van jou maag en jou herhaalde ongesteldhede.
1 Tim 6 Vers 8: Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee tevrede wees.
Vers 9: Maar die wat ryk wil word, val in versoeking, en strikke en baie dwase en skandelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.
Vers 10: Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.
Vers 11: Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag na die geregtigheid, Godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.
1 Tim 6 Vers 12: Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.
1 Tim 6 Vers 17: Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie, en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet;
11 Tim 2 Vers 2: En wat jy van my gehoor het onder baie getuies, vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander te leer.
Vers 3: Ly dan verdrukking soos ‘n goeie krygsman van Jesus Christus.
Vers 4: Niemand wat ‘n krygsman is, wikkel hom in die werksaamhede van die lewensonderhoud nie, sodat hy die een kan behaag wat hom vir diens gewerf het.
Vers 6: Die landbouer wat swaar werk, behoort eerste van die vrugte te geniet.
Vers 12: As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën.
11 Tim 2 Vers 22: Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag na geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit ‘n rein hart aanroep.
Vers 23: En die dwase en onverstandige strydvrae moet jy afwys, omdat jy weet dat dit twis verwek;
Vers 24: En ‘n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra.
Vers 25: Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie,
Vers 26: En hulle weer ontnugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen.
11 Tim 3 Vers 1: Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.
Vers 2: Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig.
Vers 3: Sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefltebbers van God.
11 Tim 3 Vers 5: Mense wat ‘n gedaante van Godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.
Vers 11: Vervolginge, lyding, watter vervolginge het ek nie al verdra nie! en die Here het my uit almal verlos.
Vers 12: En almal wat ook Godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.
Vers 13: Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.
Vers 14: Maar bly jy in wat jy geleer het, en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het,
11 Tim 3 Vers 15: En dat jy van kleins af die heilige skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.
Vers 16: Die hele skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid.
Vers 17: Sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
11 Tim 4 Vers 2: Verkondig die woord; hou aan, tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;
Vers 3: Want daar sal ‘n tyd wees wat hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede.
Vers 4: En die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.
Vers 5: Maar wees jy in alles nugter, ly verdrukking, doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening.
Tit 3 Vers 1: Herinner hulle daaraan om onderdanig te wees aan owerhede en magte, om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk. Jak 1 Vers 2: Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge verval.
Vers 3: Omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.
Jak 1 Vers 5: En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.
1 Pet 2 Vers 5: En laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.
Vers 9: Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot Sy wonderbare lig.
Vers 11: Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel.
Vers 12: En hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.
1 Pet 2 Vers 13: Wees dan onderdanig aan elke menslike verordening ter wille van die Here - of dit die koning is as opperheer,
Vers 14: Of die goewerneurs as sy gesante, om wel kwaaddoeners te straf, maar die wat goed doen, te prys.
Vers 15: Want so is dit die wil van God dat julle deur goed te doen die onkunde van die dwase mense tot swye sal bring.
1 Pet 4 Vers 12: Verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle, wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie.
Vers 13: Maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van Sy heerlikheid met blydskap kan jubel. (Wegraping)
Vers 15: Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die sake van ‘n ander bemoei nie.
Vers 16: Maar wanneer iemand as ‘n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheeriik in hierdie opsig.
Vers 17: Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
1 Pet 4 Vers 18: En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn?
1 Pet 5 Vers 2: Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid.
Vers 3: Ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde.
Vers 4: En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang.
11 Pet 1 Vers 4: Nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is,
Vers 5: En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis.
Vers 6: En by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en daarby die Godsvrug,
Vers 7: En daarby die broederliefde, en daarby die naasteliefde.
Vers 19: En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte.
11 Pet 3 Vers 17: Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie.
Vers 18: Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid.
11 Kron 31 Vers 4: En die koning het die volk bevel gegee om die aandeel van die priesters en die Leviete te gee, sodat hulle aan die wet van die Here al hul krag kon wy.
Num 18 Vers 28: So moet julle ook ‘n offergawe afgee aan die Here van al julle tiendes wat julle van die mense neem, en julle moet daarvan die offergawe aan die Here aan die priester Aaron gee.
Luk 10 Vers 5: En in watter huis julle ookal mag ingaan, sê eers: Vrede vir hierdie huis!
Vers 6: En as daar ‘n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer.
Vers 7: Bly dan in daardie selfde huis, en eet en drink wat hulle het, want die arbeider is sy loon werd. Moenie van huis tot huis gaan nie.
Vers 8: Eet wat aan julle voorgesit word.
Vers 10: Maar as ‘n stad julle nie wil ontvang nie, gaan uit op sy strate en sê:
Vers 11: Selfs die stof wat uit julle stad aan ons kleef, vee ons vir julle af.
Luk 10 Vers 16: Wie na julle luister, luister na My. En wie julle verwerp. Verwerp My, en wie My verwerp. Verwerp Hom wat My gestuur het. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: