GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Jer 35 Vers 2: Toe sê die Here: Gaan na die huis van die Regabiete (Nie 'n volk van Israel nie) en spreek met hulle en bring hulle in die huis van die Here, in een van die kamers, en gee hulle wyn om te drink.
Vers 6: Maar die Regabiete het geantwoord: Ons sal geen wyn drink nie, want Jonadab, ons vader, het ons beveel en gesê: Julle mag geen wyn drink, julle en jul kinders, tot in ewigheid nie.
Vers 8: En ons het geluister na die stem van ons vader Jonadab, in alles wat hy ons beveel het, om geen wyn te drink al ons dae nie, ons, ons seuns en dogters en ons vroue.
Vers 9: En geen huise te bou om in te woon nie, en geen wingerd of saad of landerye te besit nie.
Vers 10: En ons het in tente gewoon en geluister en gedoen net soos ons vader Jonadab ons beveel het.
Vers 13: So spreek die Here, die God van Israel: Wil julle hieruit geen lering trek om na My woorde te luister nie?
Vers 14: Die woorde van Jonadab, wat hy sy kinders beveel het om geen wyn te drink nie, het hulle gehou; en geluister na die gebod van hulle vader. En Ek het met julle gespreek, vroeg en laat, maar julle het na My nie geluister nie.
Vers 15: En Ek het na julle gestuur al My knegte, die profete, vroeg en laat, om te sê: Bekeer julle tog elkeen van sy verkeerde weg en maak julle handelinge goed en loop nie agter ander gode aan om hulle te dien nie; dan sal julle bly in die land wat Ek julle en jul vaders gegee het. Maar julle het geen gehoor gegee en na My nie geluister nie.
Vers 16: Ja, die kinders van Jonadab het die gebod van hul vader gehou wat hy hulle beveel het; maar hierdie volk luister nie na My nie.
Vers 18: Daarom, so spreek die Here: Omdat julle geluister het na die gebod van jul vader Jonadab en al sy gebooie gehou en gedoen het net soos hy julle beveel het,
Vers 19: Daarom, daar sal vir Jonadab nooit ‘n man ontbreek wat altyd voor My aangesig sal staan nie.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Woensdag 17 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking