GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Deut 22 Vers 5: ‘n Vrou mag geen mansklere dra nie, en ‘n man mag geen vroueklere aantrek nie, want almal wat dit doen, is vir die Here jou God ‘n gruwel.
Vers 6: As jy op pad ‘n voëlnes kry in een of ander boom of op die grond, met klein voëltjies of eiers, terwyl die moeder op die klein voëltjies of eiers sit, mag jy die moeder nie saam met die kleintjies wegneem nie.
Vers 7: jy moet die moeder sekerlik laat wegvlieg, maar die kleintjies mag jy vir jou neem, dat dit met jou goed kan gaan en jy die dae kan verleng.
Vers 8: As jy ‘n nuwe huis bou, moet jy ‘n leuning aan jou dak maak, sodat jy geen bloedskuld op jou huis bring as iemand daarvan afval nie.
Vers 9: jy mag in jou wingerd nie twee soorte saad saai nie, anders verval die volle opbrings aan die heiligdom: Die saad wat jy saai en die opbrings van die wingerd.
Vers 10: jy mag nie met ‘n os en ‘n esel tegelyk ploeg nie.
Vers 11: jy mag geen gemengde stof, wol en linne tegelyk, aantrek nie.
Vers 12: Klossies moet jy vir jou maak, aan die vier hoeke van jou kleed waar jy jou mee toemaak.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Dinsdag 16 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking