Dinsdag 16 Maart 2010

Die skeibrief en die hertrou

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Deut 24 Vers 1: As ‘n man ‘n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur,
Vers 2: En sy uit sy huis uittrek en weggaan, en ‘n ander man s ‘n word,
Vers 3: En die laaste man haar haat en ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as die laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het –
Vers 4: Dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem dat sy sy vrou word nadat sy onrein geword het nie; want dit is ‘n gruwel voor die Aangesig van die Here, en jy mag op die land wat God jou gee, geen skuld laai nie.
Vers 5: As ‘n man pas getroud is, hoef hy nie op kommando uit te trek nie, en hulle moet hom in geen enkele opsig iets oplê nie; een jaar lank moet hy vry wees vir sy huis, en aan sy vrrou wat hy geneem het, vreugde verskaf.
Maar wat sê Jesus?
Matt 19 Vers 3: Toe kom die Farriseërs na Hom om Hom te versoek, en sê vir Hom: Is dit ‘n man geoorloof om oor allerhande redes van sy vrou te skei?
Vers 4: En Jesus antwoord: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie?
Vers 5: En gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees.
Vers 6: Sodat hulle nie meer twee is niê, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.
Vers 7: Hulle sê vir Hom: Waarom het Moses dan beveel om ‘n skeibrief te gee en van haar te skei?
Vers 8: En Hy antwoord: Omdat Moses weens die hardheid van jul harte julle toegelaat het om van julle vroue te skei; maar van die begin af was dit nie so nie.
Vers 9: Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: