GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Psalm 78 Vers 44: En Hy het hulle riviere verander in bloed en hulle strome, sodat hulle nie kon drink nie.
Vers 45: Hy het onder hulle steekvlieë gestuur wat hulle verteer het, en paddas wat verwoesting oor hulle gebring het.
Vers 46: En Hy het hulle opbrings aan die kaalvreter gegee en die vrug van hul werk aan die treksprinkaan.
Vers 47: Hy het hul wingerdstok deur die hael doodgemaak en hul wildevyeboom deur die ryp.
Vers 48: Hulle diere en vee oorgegee aan die hael en blitse.
Vers 50: Hulle lewe aan die pes oorgegee.
Psalm 78 Vers 51: Al die eersgeborenes in Egipte laat sterf, die eerstelinge van hul krag in die tente van Gam.
Vers 55: En Hy het nasies voor hulle uit verdrywe, en die stamme van Israel in hul tente laat woon.
Deut 8 Vers 2: En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die Here jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy Sy gebooie sal hou of nie.
Vers 3: En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die Here uitgaan.
Vers 4: Jou klere het aan jou nie verslyt en jou voet het nou veertig jaar nie geswel nie.
Vers 5: Erken dit in jou hart dat die Here jou God jou onderrig soos ‘n man sy seun onderrig.
Vers 18: Maar dink aan die Here jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te vererwe.
Deut 29 Vers 5: En Ek het julle veertig jaar lank in die woestyn laat trek; julle klere het aan julle nie verslyt nie, ewemin jou skoene aan jou voete.
Vers 6: Brood het julle nie geëet en wyn en sterk drank nie gedrink nie, dat julle kan weet dat Ek die Here julle God is.
Neh 9 Vers 21: En veertig jaar lank het U hulle onderhou in die woestyn; hulle het nie gebrek gehad nie; hulle klere het nie verslyt en hulle voete nie geswel nie.
Psalm 78 Vers 13: Hy het die see geklief en hulle laat deurgaan en die waters laat staan soos ‘n wal.
Vers 14: En Hy het hulle bedags gelei met ‘n wolk, en die hele nag met ‘n lig van vuur.
Vers 16: En Hy het strome laat uitgaan uit die rots en die waters laat afloop soos riviere.
Vers 18: En hulle het God versoek in hulle hart, deur voedsel te vra na hulle sin.
Psalm 78 Vers 24: En Hy het manna op hulle laat reën om te eet, en koring van die hemel aan hulle gegee.
Vers 25: Mense het die brood van die engele geëet; Hy het hulle volop padkos Gestuur.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Woensdag 17 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking