Dinsdag 16 Maart 2010

Profesie aan Moses oor Israel

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Deut 31 Vers 16: Toe sê die Here aan Moses: Kyk, jy ontslaap met jou vaders, en hierdie volk sal opstaan, en hulle sal die vreemde gode van die land waarheen hulle gaan, in sy midde agternahoereer en My verlaat en My verbond verbreek wat Ek met hulle gemaak het. (Geen verbonde met die swart nasies nie, asook om nie met hulle te meng nie, asook om geen towenaars en mense wat geeste oproep in jou land toe te laat nie, ens.)
Vers 17: Dan sal My toorn op die dag teen hulle ontvlam, en Ek sal hulle verlaat en My Aangesig vir hulle verberg, sodat hulle verteer word en baie onheile en node hulle oorkom. Dan sal hulle op die dag sê: Het hierdie onheile ons nie oorgekom omdat onse God nie onder ons is nie?
Deut 31 Vers 18: Maar Ek sal op die dag My Aangesig heeltemal verberg weens al die kwaad wat hulle gedoen het; want hulle het na ander gode afgewyk.
Vers 19: Skryf dan nou vir julle hierdie lied op, en leer dit aan die kinders van Israel. Lê dit in hulle mond, dat hierdie lied vir My ‘n getuie teen die kinders van Israel kan wees.
Vers 20: Want Ek sal hulle inbring in die land wat Ek hulle vaders met ‘n eed beloof het, wat oorloop van melk en heuning, en hulle sal eet en versadig en vet word; dan sal hulle afwyk na ander gode en die dien, en hulle sal My verag en My verbond verbreek. (Ons mense gaan na toordokters, sterrevoorspellers, ons laat toe dat hulle afgod tempels in ons land bou, daar is budhas te koop in die winkels, ons het hoerhuise, ens.)
Vers 21: En as dan baie onheile en node oor hulle kom, dan sal hierdie lied in hulle aangesig as getuie antwoord.- want dit sal uit die mond van hulle nageslag nie vergeet wees nie - want Ek ken hulle gedagtes wat hulle vandag koester voordat Ek hulle inbring in die land wat Ek met ‘n eed beloof het.
Vers 22: Toe het Moses op die dag die lied opgeskrywe, en dit aan die kinders van Israel geleer.
Vers 26: Neem hierdie wetboek en sit dit neer aan die kant van die Verbondsark van die Here julle God, dat dit daar as getuie teen julle kan wees. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: