(Wanneer Jesus terugkeer sal die offerhandes weer plaasvind. Dit is goed om te weet hoe.)
GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
1 Samuel 1 Vers 1: Daar was ‘n man met die naam Elkana. Hy het twee vroue gehad, Hanna en Pennina. Hanna het geen kinders gehad nie.
Vers 4: En op ‘n dag het Elkana geoffer en aan sy vrou Peninna en al haar seuns en haar dogters dele van die offervleis gegee.
Vers 5: Maar aan Hanna het hy ‘n dubbele deel gegee, want hy het Hanna liefgehad, maar die Here het haar moederskoot toegesluit.
Vers 6: En haar mededingster het haar bitterlik geterg omdat die Here haar moederskoot toegesluit het.
Vers 7: So het hy gedoen jaar vir jaar, en sy is so geterg dat sy ween en nie wou eet nie.
Vers 11: Sy het toe ‘n gelofte gedoen in die tempel van die Here, dat indien die Here vir haar ‘n seun gee, sy hom aan die Here sal gee vir sy hele lewe, en nooit sy hare sal skeer nie.
Vers 19: Toe hulle by hulle huis in Rama aankom, het Elkana sy vrou beken, en die Here het aan haar gedink, en sy het ‘n seun gebaar, en hom Samuel genoem.
Vers 21: Toe die man Elkana dan met sy hele huisgesin optrek om aan die Here die jaarlikse offer en sy gelofte-offer te bring, het Hanna nie opgegaan nie, en gesê sy wil eers die seun speen, en dan optrek.
Vers 24: En sodra sy hom gespeen het, het sy hom met haar saamgebring, met drie bulle en ‘n efa meel en ‘n sak wyn.
Vers 25:En hulle het die bul geslag en die seun by Eli gebring.
Vers 27: Hanna sê toe: Om hierdie seun het ek gebid, en die Here het my verhoor. So staan ek hom dan ook af aan die Here al die dae wat hy leef; hy is aan die Here afgestaan.
1 Sam 2 Vers 6: Die Here maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en laat daaruit opkom. Die Here maak arm en maak ryk; Hy verneder ook verhoog Hy.
Vers 9: Die voete van Sy gunsgenote bewaar Hy, maar die goddelose mense kom om in duisternis; want ‘n mens oorwin nie deur krag nie.
Vers 11: Daarna het Elkana na sy huis gegaan, terwyl die seun by die priester Eli die Here bly dien het.
1 Sam 7 Vers 9: Toe het Samuel ‘n suiglam geneem, en dit as ‘n brandoffer in sy geheel aan die Here geoffer, en Samuel het die Here aangeroep vir Israel, en die Here het hom verhoor.
1 Sam 15 Vers 22: Het die Here behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die Here? kyk, om gehoorsaam te wees, is beter as slagoffer; om te luister beter as die vet van ramme.
Psalm 4 Vers 6: Offer offerandes van geregtigheid en vertrou op die Here.
Psalm 50 Vers 8: Oor jou offers bestraf Ek jou nie, en jou brandoffers is altyddeur voor My.
Vers 9: Ek hoef uit jou huis geen stier te neem of bokke uit jou krale nie.
Vers 10: Want al die wilde diere van die bos is Myne, die vee op berge by die duisende.
Vers 12: As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is Myne en sy volheid.
Vers 13: Sou Ek vleis van stiere eet of bloed van bokke drink?
Vers 14: Offer dank aan God en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste;
Vers 15: En roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.
Vers 23: Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet.
Psalm 51 Vers 18: Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie.
Vers 19: Die offers van God is ‘n gebroke gees; ‘n gebroke en verslae hart sal u, o God, nie verag nie!
Vers 20: Doen goed aan Sion na U welbehae; bou die mure van Jerusalem op.
Vers 2 1: Dan sal U ‘n welbehae hê in die offers van geregtigheid, in brandoffer en voloffer; dan sal hulle stiere offer op U altaar.
Psalm 69 Vers 31: Ek wil die Naam van God prys met ‘n lied en Hom groot maak met danksegging.
Vers 32: En dit sal die Here welgevalliger wees as beeste en stiere.
Spr 3 Vers 9: Vereer die Here uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste.
Vers 10: Dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.
Jes 1 Vers 11: Wat het Ek aan die menigte van julle slagoffers? sê die Here. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van vetgemaakte kalwers; en Ek het geen behae in die bloed van stiere of lammers of bokke nie.
Vers 13: Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir My. Nuwemane en sabbatte, die uitroep van samekomste - Ek verdra geen ongeregtigheid en feestyd nie!
Vers 14: Julle nuwemane en feestye haat My siel; hulle is My ‘n oorlas. Ek is moeg om dit te dra.
Jes 43 Vers 23: Jy het vir My nie gebring die kleinvee van jou brandoffers nie, en met jou slagoffers het jy My nie geëer nie; Ek het jou geen oorlas aangedoen met spysoffers en jou nie vermoei met wierook nie.
Vers 24: Jy het vir My geen kalmoes met geld gekoop en met die vet van jou slagoffers My nie verkwik nie; maar jy het My oorlas aangedoen met jou sondes, jy het My vermoei met jou ongeregtighede.
Jw 56 Vers 7: Hulle sal Ek bring na My Heilige berg, en Ek sal hulle vreugde laat smaak in My huis van gebed; hulle brandoffers en slagoffers sal welgevallig wees op My altaar. Want My huis sal ‘n huis van gebed genoem word vir al die volke.
Jes 65 Vers 3: ‘n Volk wat My gedurigdeur in die aangesig terg, wat offer in tuine en rook laat opgaan op bakstene.
Vers 5: Wat sê: Bly daar! kom nie naby my nie, want ek is heilig vir jou! hierdie mense is ‘n rook in My neus, ‘n vuur wat die hele dag brand.
Vers 7: Julle ongeregtighede en die ongeregtighede van julle vaders tesame, sê die Here; dat hulle offerrook laat opgaan het op die berge en My smaadheid aangedoen het op die heuwels - ja, Ek sal voor alles hulle loon in hulle boesem toemeet.
Jer 14 Vers 12: As hulle brandoffer en spysoffer bring, het Ek in hulle geen behae nie; maar deur die swaard en die hongersnood en die pes maak Ek hulle tot niet.
Hos 6 Vers 6: Want Ek het ‘n behae in liefde, en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.
Dan 11 Vers 3 1: En deur hom sal leërs op die been gebring word en die heiligdom, die vesting, ontheilig; en hulle sal die voortdurende offer afskaf en die ontsettende gruwel opstel.
Hos 8 Vers 13: Slagoffers, My aangebied, offer hulle - vleis is dit, en hulle eet; die Here het geen behae daarin nie. Nou sal Hy aan hulle ongeregtigheid dink en oor hulle sondes besoeking doen; hulle sal teruggaan na Egipte.
Amos 5 Vers 2 1: Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie.
Vers 22: Want al bring julle vir My brandoffers, Ek het daar geen welbehae in nie, en die dankoffer van julle vetgemaakte kalwers sien Ek nie met welgevalle aan nie.
Vers 23: Verwyder van My die geraas van jou liedere! en na die geluid van jou harpe wil Ek nie luister nie.
Nahum 1 Vers 15: Vier jou feesdae, o Juda, en betaal jou geloftes! want die snoodaard sal nooit weer deur jou gebied trek nie. Hy is heeltemal uitgeroei.
Haggai 2 Vers 14: So is in My oë hierdie volk. En so is al die werk van hul hande, en wat hulle daar offer; onrein is dit.
Matt 5 Vers 23: As jy dan jou gawe na die altaar bring, en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het,
Vers 24: Laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan, en bring jou gawe. (Jesus het dit gesê. Jy moet dus nog steeds jou offer bring. Selfs vandag nog!)
Matt 8 Vers 4: En Jesus sê vir hom: Gaan vertoon jou aan die priesters, en offer die gawe wat deur Moses voorgeskrywe is. (Weereens, selfs vandag nog moet ons volgens die wet van Moses lewe, en dit sluit in offerandes. Slegs die offer vir sonde het weggeval deur Jesus.)
Exo 25 Vers 2: Sê aan die kinders van Israel dat hulle aan My ‘n offergawe moet bring, van almal wat lewe.
Exo 20 Vers 24: ‘n Altaar van grond moet jy vir My maak, en daarop moet jy jou brandoffers en dankoffers, jou kleinvee en beeste, offer.
Heb 7 Vers 27: Maar Jesus wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir die van die volk nie, want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het.
Heb 9 Vers 19: Want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel.
Vers 22: En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.
Heb 10 Vers 10; Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.
Vers 18: Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie.
Jer 33 Vers 18: En daar sal vir die Levietiese priesters nooit voor My aangesig ‘n man ontbreek wat altyddeur brandoffers bring en spysoffers aan die brand steek en slagoffers berei nie. (Gedurende die 1000 jaar van vrede, en ook daarna.)
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Dinsdag 16 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking