Dinsdag 16 Maart 2010

Die wet van God, direk uit die Bybel

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Lev 24 Vers 22: Net een wet moet daar vir julle wees - die vreemdeling moet soos die kind van die land onder dieselfde wet val.
Hin = een sesde bat = 3.7 liter of kg.
Homer = 220 liter.
Efa = bat = 22 liter
Jer 11 Vers 3: En sê vir hulle: So spreek die Here, die God van Israel: Vervloek is die man wat nie luister na die woorde van hierdie verbond -
Vers 4: Wat Ek julle vaders beveel het op die dag toe Ek hulle uit Egipteland, uit die ystersmeltoond, uitgelei het met die woorde: Luister na My stem en doen die woorde net soos Ek julle beveel; dan sal julle vir My ‘n volk wees, en Ek vir julle ‘n God wees.
Gen 9 Vers 6: Hy wat die bloed van ‘n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na Sy beeld gemaak.
Gen 28 Vers 22: En van alles wat U my gee, sal ek sekerlik die tiendes afstaan.
Exo 15 Vers 26: As jy getrou na die stem van die Here jou God luister en doen wat reg is in Sy oë, en luister na Sy gebooie, en al Sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou bring wat Ek op Egipteland gebring het nie, want Ek is die Here wat jou gesond maak.
Exo 16 Vers 23: Môre is dit rusdag. ‘n Heilige sabbat van die Here. Wat julle wil bak, bak dit, en wat julle wil kook, kook dit, en bêre vir julle alles wat oor is vir die sabbat.

Wette oor die reiniging van ‘n melaatse.

Lev 14 Vers 2: Dit is die wet van die melaatse op die dag van sy reiniging.
Vers 3: Die priester moet buitekant die laer gaan. As die plaag nie meer op die melaatse is nie,
Vers 4: Moet vir hom twee lewendige rein voëls, sederhout, skarlakendraad en hisop gebring word.
Vers 5: Die een voël moet in ‘n erdepot oor vars water geslag word.
Vers 6: Die lewende voël moet hy neem, sowel as die sederhout en skarlaken draad en die hisop, en dit saam met die lewende voël insteek in die bloed van die voël wat oor die vars water geslag is.
Vers 7: En hy moet hom wat van die melaatsheid gereinig moet word, sewe maal sprinkel en hom reinig, en die lewende voël oor die oop veld laat wegvlieg.
Vers 8: Dan moet hy wat gereinig moet word, sy klere was en al sy hare afskeer, en ‘n bad neem; dan sal hy rein wees. En daarna kan hy in die laer kom, maar hy moet sewe dae lank buitekant sy tent bly.
Vers 9: En op die sewende dag moet hy al sy hare afskeer, sy hoof en sy baard en winkbroue, en hy moet sy klere was en sy liggaam in die water bad. Dan sal hy rein wees.
Vers 10: En op die agste dag moet hy twee lammers sonder gebrek neem en een jaaroud ooilam sonder gebrek, en drie tiendes van ‘n efa fynmeel as spysoffer met olie gemeng, en een log olie.
Vers 11: En die priester moet die man en sy gawes by die ingang van die tent van samekoms stel, voor die Aangesig van die Here.
Vers 12: En die priester moet die een lam neem en dit saam met die log olie as skuldoffer aanbring en dit as beweegoffer voor die aangesig van die Here beweeg.
Vers 13: Dan moet hy die lam slag waar hulle die sondoffer en brandoffer slag, in die heilige plek, want die skuldoffer net soos die sondoffer behoort aan die priester; hoogheilig is dit.
Vers 14: En die priester moet van die bloed van die skuldoffer neem, en die priester moet dit stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet.
Vers 15: Die priester moet ook van die log olie neem en dit giet in die priester se linkerhand.
Vers 16: Dan moet die priester sy regtervinger in die olie steek wat in sy linkerhand is, en met sy vinger van die olie sewe maal sprinkel voor die aangesig van die Here.
Vers 17: En van die orige olie wat in sy hand is, moet die priester stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo oor die bloed van die skuldoffer.
Vers 18: Wat dan oor is van die olie wat in die priester se hand is, moet hy stryk op die hoof van hom wat gereinig word. So moet die priester dan vir hom versoening doen voor die aangesig van die Here.
Vers 19: Die priester moet ook die sondoffer berei vir hom wat gereinig word, versoening doen weens sy onreinheid; en daarna moet hy die brandoffer slag.
Vers 20: En die priester moet die brandoffer en die spysoffer op die altaar offer. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en hy sal rein wees.
Vers 21: Maar as hy arm is en dit nie kan bekostig nie, moet hy een lam as skuldoffer neem om beweeg te word, om vir hom versoening te doen; daarby een tiende van ‘n efa fynmeel met olie gemeng as spysoffer, en een log olie.
Vers 22: En twee tortelduiwe. Een sal wees as sondoffer, die ander as brandoffer.
Vers 23: Hy moet hulle dan op die agste dag na sy reiniging na die priester bring voor die aangesig van die Here, en dieselfde daarmee doen as hierbo. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: