GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Matt 16 Vers 2: Maar Jesus antwoord hulle: In die aand sê julle: Mooiweer; want die lug is rooi.
Vers 3: En in die môre: Stormweer vandag, want die lug is donkerrooi. Geveinsdes, julle weet wel om die voorkoms van die lug te onderskei, en kan julle nie die tekens van die tye onderskei nie?
Jer 23 Vers 1: Wee die herders wat die skape van My weide laat omkom en hulle verstrooi, spreek die Here.
Vers 3: En Ek Self sal die oorblyfsel van My skape versamel uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het; en Ek sal hulle terugbring na hulle weiveld, en hulle sal vrugbaar wees en vermenigvuldig.
Vers 4: En Ek sal herders oor hulle verwek wat hulle sal oppas. En hulle sal nie meer bevrees of verskrik of vermis word nie, spreek die Here.
Vers 20: Die toorn van die Here sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van Sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit duidelik verstaan.
Jer 5 Vers 1: Swerf rond in die strate van Jerusalem, en kyk tog en verneem en soek op sy pleine of julle iemand vind, of daar een is wat reg doen, wat die waarheid soek - dan sal Ek daaraan vergifnis skenk.
Jer 13 Vers 27: Jou owerspel en jou gerunnik, jou skandelike hoerery - op die heuwels in die veld het Ek jou verfoeisels gesien. Wee jou, Jerusalem! hoe lank sal dit nog duur voordat jy rein word?
Jer 4 Vers 6: Steek op die banier na Sion toe! vlug, bly nie staan nie! want Ek bring ‘n onheil uit die noorde en ‘n groot verwoesting.
Vers 7: Om jou land ‘n woesteny te maak, jou stede sal verwoes word, sonder inwoners.
Vers 13: Kyk, soos wolke kom hy op, en soos ‘n stormwind is sy strydwaens; sy perde is vinniger as arende.
Jer 6 Vers 1: Vlug, kinders van Benjamin, uit Jerusalem uit; want onheil dreig uit die noorde en groot verwoesting.
Jer 6 Vers 22: So sê die Here: Daar kom ‘n volk uit die noordland, en ‘n groot nasie word opgewek uit die agterhoeke van die aarde.
Vers 23: Boog en lans hanteer hulle, hulle is wreed en sonder barmhartigheid.
Jer 10 Vers 22: Hoor! ‘n gerug. Daar kom dit, en wel ‘n groot geraas uit die noordland, om die stede van Juda ‘n woesteny te maak, ‘n lêplek vir jakkalse.
Vers 28: Sê dan vir hulle: Dit is die nasie wat na die Stem van die Here hulle God nie geluister het nie en die tugtiging nie aangeneem het nie; die opregtheid het verdwyn en is uitgeroei uit hulle mond.
Jer 9 Vers 22: Sê dit: So spreek die Here: En die lyke van die mense sal neerval soos mis op die oop veld en soos gerwe agter die maaier sonder dat iemand dit versamel.
Jer 15 Vers 2: En as hulle jou vra: Waar moet ons heengaan? sê dan vir hulle: So spreek die Here: Wie vir die pes bestem is, na die pes. En wie vir die swaard, na die swaard; en wie vir die hongersnood, na die hongersnood; en wie vir die gevangenskap, na die gevangenskap.
Vers 3: En Ek sal oor hulle vier soorte besoekinge doen, spreek die Here: Die swaard om dood te maak en die honde om weg te sleep en die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde om op te eet en te vernietig.
Jer 7 Vers 5: Maar as julle jul weë en jul handelinge waarlik goed maak, as julle waarlik reg doen onder mekaar,
Vers 6: Vreemdeling, wees en weduwee nie verdruk nie en geen onskuldige bloed in hierdie plek vergiet nie en agter ander gode nie aan loop tot julle eie skade nie -
Vers 7: Dan sal Ek julle laat woon in hierdie plek, in die land wat Ek aan julle vaders gegee het.
Jer 15 Vers 19: Daarom, so sê die Here: As jy terugkeer, sal Ek jou laat terugkeer, sal jy voor My Aangesig staan; en as jy voortbring wat edel is, en niks onedels nie, sal jy soos My mond wees. Laat hulle na jou terugkeer, maar jy moet na hulle nie terugkeer nie. (Die wêreld se nasies.)
Vers 20: En Ek sal jou ‘n onneembare kopermuur vir hierdie volk maak; en hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorweldig nie; want Ek is met jou om jou te verlos en om jou te red, spreek die Here.
Vers 21: En Ek sal jou red uit die hand van die goddelose mense en jou verlos uit die vuis van die tiranne.
Jes 63 Vers 10: Maar hulle was wederstrewig en het Sy Heilige Gees bedroef; daarom het Hy vir hulle in ‘n vyand verander; Hy self het teen hulle gestry.
Jes 42 Vers 20: Jy het wel baie dinge gesien, maar daar geen ag op gegee nie; die ore oop gehad, maar jy hoor nie.
Jer 8 Vers 3: En die dood sal bo die lewe verkies word deur die hele oorblyfsel, die wat oor is van hierdie bose geslag in al die plekke waarheen ek hulle verdryf het.
Vers 8: Hoe durf julle sê: Ons is wys, en die wet van die Here is by ons? waarlik, kyk, bedrieglik werk die leuenpen van die skrywers.
Vers 10: Daarom sal Ek hulle vroue aan ander gee.
Jes 45 Vers 11: So sê die Here: Vra My aangaande die toekomstige dinge;
Jes 46 Vers 10: Ek is God, wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie.
Jes 48 Vers 5: Daarom het Ek jou dit lank tevore verkondig; voordat dit gekom het, het Ek jou dit laat hoor, dat jy nie sou sê: My afgod het dit gedoen, of my gesnede beeld of my gegote beeld het dit beveel nie.
Jes 44 Vers 7: Wie roep soos Ek - laat hom dit dan te kenne gee, en laat hulle die toekomstige dinge en wat sal gebeur, te kenne gee.
Vers 8: Wees nie verskrik nie, en moenie bewe nie! het Ek jou dit nie lank tevore laat hoor en te kenne gegee nie?
Jes 32 Vers 9: Staan op, geruste vroue, hoor My stem! sorgelose dogters, luister na My woord!
Vers 10: ‘n Jaar en ‘n paar dae - en julle sal sidder, sorgelose dogters! want dit is gedaan met die druiweoes, daar sal geen insameling van vrugte kom nie.
Jes 32 Vers 14: Want die paleis is verlate, die stadsgewoel is in eensaamheid verander; die heuwel en die wagtoring dien as spelonke vir ewig, ‘n vreugde vir die wilde esels, ‘n weiveld vir die troppe vee.
Vers 15: Totdat oor ons uitgegiet word die Gees uit die hoogte; (Jesus se koms) dan word die woestyn ‘n vrugteboord, en die vrugteboord self word vir ‘n bos gereken.
Vers 16: En die reg woon in die woestyn, en die geregtigheid hou verblyf in die vrugteboord.
Jes 32 Vers 17: En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid.
Vers 18: En My volk sal woon in ‘n plek van vrede en in veilige wonings en in plekke van ongestoorde rus.
Jes 14 Vers 26: Dit is die besluit wat geneem is oor die hele aarde, en dit is die hand wat uitgestrek is oor al die nasies.
Vers 27: Want die Here van die leërskare het dit besluit - wie sal dit kan verydel? en Sy hand is uitgestrek - wie sal dit kan afkeer?
Jer 2 Vers 16: Ook skeer die kinders van Nof en Tagpanhes jou die hoofskedel kaal.
Jer 4 Vers 23: Ek het na die aarde gekyk, en dit was woes en leeg; ook na die hemel, en sy lig was daar nie.
Vers 24: Ek het na die berge gekyk, en hulle het gebewe, en al die heuwels het geskud.
Vers 25: Ek het gekyk, en daar was geen mens nie, en al die voëls van die hemel het weggevlieg.
Jer 4 Vers 26: Ek het gekyk, en die land van tuine was ‘n woestyn, en al sy stede was afgebreek voor die Here, voor Sy toorngloed.
Vers 27: Want so sê die Here: Die hele land sal ‘n wildernis word, alhoewel Ek daar geen einde aan sal maak nie.
Vers 28: Hieroor sal die aarde treur, en die hemel daarbo rou dra, omdat Ek dit gespreek, My dit voorgeneem het, en Ek geen berou het en daarvan nie sal terugkom nie.
Vers 29: Vir die geluid van ruiters en boogskutters vlug die hele stad; hulle het in die bosse ingegaan, en op die rotse geklim; die hele stad is verlaat, en niemand woon daarin nie.
Jer 14 Vers 4: Weens die land wat verslae is, omdat daar geen reën op die aarde is nie, (3.5 jaar geen reën nie.) kom die landbouers in die skande, hulle bedek hulle hoof.
Vers 5: Want selfs die wildsbok in die veld lam en gooi haar lam weg, omdat daar geen jong gras is nie.
Vers 6: En wilde esels staan op die kaal heuwels, hulle snuif die wind op soos die jakkalse; hulle oë versmag, omdat daar geen gras is nie. (Die twee profete in sakke bekleed sal die laaste 3.5 jaar die reën terughou.)
Jer 16 Vers 2: Jy mag vir jou geen vrou neem nie, en jy mag geen seuns of dogters hê in hierdie plek nie.
Vers 3: Want so sê die Here van die seuns en die dogters wat in hierdie plek gebore word, en van hulle moeders wat hulle baar, en van hulle vaders wat hulle verwek in hierdie land:
Vers 4: Aan dodelike siektes sal hulle sterwe, hulle sal nie beklaag of begrawe word nie, hulle sal mis op die grond wees, en hulle sal deur die swaard en die hongersnood verteer word, en hulle lyke sal dien as voedsel vir die voëls van diê hemel en die wilde diere van die aarde.
Eseg 20 Vers 33: So waar as Ek leef, spreek die Here Here, Ek sal gewis, met ‘n sterke hand en met ‘n uitgestrekte arm en met uitgestorte grimmigheid oor julle regeer.
Vers 34: En Ek sal julle uit die volke uitlei en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, deur ‘n sterke hand en deur ‘n uitgestrekte arm en deur uitgestorte grimmigheid.
Vers 35: En Ek sal julle bring in die woestyn van die volke, en Ek sal daar met julle in die gerig tree van Aangesig tot aangesig.
Vers 36: Soos Ek met julle vaders in die woestyn van Egipteland in die gerig getree het, so sal Ek met julle in die gerig tree, spreek die Here Here.
Vers 37: En Ek sal julle onder die herdersstaf laat deurgaan en julle bring in die band van die verbond.
Vers 38: En Ek sal uit julle afsonder die wat opstandig is en teen My oortree. Ek sal hulle uit die land van hul vreemdelingskap uitlei, maar hulle sal in die land van Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek die Here is..
Vers 40: Want op My heilige berg, op die verhewe berg van Israel, daar sal die huis van Israel, hulle almal, My dien in die land. Daar sal Ek ‘n behae in hulle hê en daar sal Ek julle offergawes eis en die eerstelinge van julle aanbiedinge by al julle heilige gawes. (Offerhandes sal weer ingestel word.)
Vers 41: As ‘n lieflike geur sal Ek ‘n behae in julle hê wanneer ek julle uit die volke uitlei en julle uit die lande versamel waarin julle verstrooi was, en Ek sal My in julle as die Heilige laat ken voor die oë van die nasies.
Vers 42: En julie sal weet dat Ek die Here is as Ek julle in die land van Israel bring, in die land waar Ek My hand oor opgehef het om dit aan julle vaders te gee.
Vers 43: Daar sal julle dan dink aan julle weë en al julle handelinge waarmee julle jul verontreinig het, en julle sal vir julself walglik wees vanweë al jul slegte dinge wat julle gedoen het.
Vers 44: En julle sal weet dat Ek die Here is as Ek met julle handel ter wille van My Naam en nie volgens julle verkeerde weë of julle verdorwe handelinge nie.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking